Vermeende baasbrein agter blouligrooftogte vas

(Foto: Verskaf)

Die polisie het Maandagoggend ʼn man by sy huis in Boksburg in hegtenis geneem wat vermoedelik die baasbrein agter ʼn vlaag blouligrooftogte is.

Lt.kol. Mavela Masondo, Gautengse polisiewoordvoerder, sê die verdagte is met blou ligte, ʼn verkeerspolisie-uniform, ʼn hoëkaliber-vuurwapen en ammunisie, asook ʼn vermoedelik gekaapte voertuig betrap.

“Lede van die nasionale misdaadintelligensie-eenheid het inligting gedeel oor ʼn verdagte wat in besit was van ʼn vermoedelik gekaapte motorvoertuig en wat moontlik by die blouligrooftogte op snelweë betrokke is.

“Die inligting is opgevolg en lede van verskillende polisie-eenhede, asook lede van die Gautengse verkeerspolisie, Tracker Connect, Fidelity Specialized Services en Cap Security se gespesialiseerde eenheid is byeengebring om die operasie uit te voer,” sê Masondo.

Die span het vroeg vanoggend ondersoek by die man se huis in Dawn Park ingestel waar hulle op ʼn Volkswagen Polo afgekom het wat na bewering in Februarie vanjaar in Phokeng in Noordwes gekaap is.

“Tydens die ondersoek het die polisie ook ongelisensieerde vuurwapens, ammunisie, verskeie blou ligte, ʼn polisie-uniform en ampstekens van die Gauteng-, Mpumalanga- en Madibeng- verkeerspolisie gevind. Hulle het ook op vervalste staatsvoertuignommerplate afgekom.

“Die verdagte is in hegtenis geneem vir onder meer die besit van ongelisensieerde vuurwapens, die besit van ʼn gekaapte motorvoertuig en die besit van ammunisie.”

Lt.genl. Tommy Mthombeni, Gautengse provinsiale kommissaris, het die span “wat met ywer gewerk het om die verdagte in hegtenis te neem” geloof.

“Die inhegtenisneming van hierdie verdagte kan ons moontlik help om talle ander rooftogsake op te los waarin motoriste deur ʼn bende beroof is wat blou ligte gebruik het en hulleself as polisiebeamptes voorgedoen het.”

Masondo sê dat nog inhegtenisnemings moontlik gedoen kan word, na gelang van hoe die ondersoek verloop.

(Foto: Verskaf)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Di ·

Hoop die res van die skuim word gevang! Daar is hopeloos TE VEEL kriminele in DIE land

Piet parys ·

Snaaks nou skielik nader aan die verkiesing begin die polisie iets te doen . Onwettige mynwerkers skielik vasgevat om stemme te kry . Hoeveel jaar was daar gese oor die zama zamas en die polisie het mooi niks gedoen nie. … polisie net so agterbaks soos die skelms .

Lila ·

Sal my nie verbaas as hy self ‘n lid van SAPD of Metro Polisie is…..

trotsNAMSA ·

DANKIE, ONS WETTOEPASSERS IS TOP !
Wil net byvoeg dat so ‘n operasie maande voor die verkiesing al begin het.

Roek ·

Ek het dit al genoem maar al wat ‘n bmw ,golf ens het meeste flitsinde ligte in hul motors selfs alarms !

Andre ·

…en hier is ek onder die indruk dat al die Metro polisie dan skurke is?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.