Vermiste brakkie dood langs pad gevind

Stevie Wonder, ʼn beagle-kruising, is dood langs die pad gevind. (Foto: Verskaf)

Een van die twee honde wat sedert verlede week vermis word nadat kapers met hulle in hul eienaar, Tania Henkel, se voertuig weggejaag het, is Dinsdag dood langs die pad aangetref.

Die oorskot van Stevie Wonder, Henkel se 12 jaar oue beagle-kruising, is in DM Marokaneweg in Tembisa opgespoor. Henkel sê ʼn voertuig het haar hond doodgery, waarna ʼn inwoner hom in ʼn drein langs die pad gegooi het. Dié man het haar Dinsdag gewys waar hy van die oorskot ontslae geraak het.

Sebastian, ʼn tien jaar oue Dalmatiese kruising, is steeds soek. Henkel sê plaaslike inwoners het dié hond glo in die omgewing van Maokeng naby Ndumustraat, ook in Tembisa, gewaar.

Sebastian, ʼn Dalmatiese kruising, is steeds soek. (Foto: Verskaf)

Die dood van een van haar honde het egter haar gevoel oor haar nare ervaring heeltemal verander.

“Ek was tot dusver oukei, maar noudat Stevie dood is, is ek só kwaad. Ek het my pragtige hond se gebroke lyfie uit ʼn drein getrek.”

Tania Henkel is tans nog na Sebastian opsoek. (Foto: Verskaf)

Henkel het haar hond intussen op sy gunstelingplek op hul plaas naby Clayville, waar sy Imbali Cut Flowers bedryf, begrawe.

“Hy was mal oor die plaas.”

Sy sê iemand help haar tans om na Sebastian te soek en pamflette in die omgewing uit te deel.

“Ek sien nie kans om sy pragtige lyfie ook só gebroke te sien nie.”

Henkel sê sy kry baie ondersteuning van die polisie in haar saak.

Sy glo egter dat die regstelsel die polisie se pogings pootjie aangesien hulle misdadigers maklik vrylaat wanneer die polisie hulle vang.

“Ons Grondwet beskerm nie wetsgehoorsame burgers nie, maar eerder misdadigers.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

23 Kommentare

Harley Davidson ·

Wie was die kapers? Suurstofdiewe wat nie eers die diere se poef werd is nie.

Swerwer ·

Ai dit is hartverskeurend. Henkel, baie sterkte dink aan jou.

Bernard ·

In die middel van barbarisme waar R22-miljoen vir ‘n vlagpaal swaarder weeg as voedsel vir die armes.

melW ·

En honde is ons beste vriende, hierdie gespuis het nie ń gewete nie, hulle moor ons uit, so waarom omgee vir ń hond. Ek is briesend!

Di ·

Sjoe dit is SO hartseer – Ongelukkig is dit so dat DIE tipe gemors niks voel vir enige iets wat lewe nie. SKUIM van die aarde, hulle sal verseker hulle dag kry – KARMA

Misky ·

So jammer Tania, hoop jy vind Sebastian en baie vinnig. RIV Stevie Wonder.

Helene ·

RIV Stevie Wonder. Rus sag. Ek hoop jy kry vr Sébastian. Dis Hartverskeurend. Ons land is stukkend. Verder bly ek still!!

Johann ·

Onwerklik om te moet sien wn hoor hoe iemand wat aan die ontvang kant is van sinlose selfsugtige wreedheid, moet beveatig dat die “regte en voorregte” van boosdoeners VÊR bo die wetsgehoorsame publiek. Is mos hoe Afrika demokrasie definieër: doen wat ek wil wanneer ek wil en as jy en joublewe en besittings in die oad is vat ek dit ook!!!!

Papsak ·

Hou op my af skiet se my se maar wil net jammer se vir die vrou wat haar hond op so manier verloor het gemors dit wat hulle is regtig

Daniel ·

Arme weerlose dier moes dit ontgeld, hoop sy kry die ander hond

Blom ·

So jammer vir jou verlies Tania, ek bid en glo dat jy vir Sebastian sal kry.

Tokkel ·

Ai man, ek hoop jy kry jou ander hondekind…..dit is so hartseer en onnodig! my hart gaan uit vir jou!
Maroela nuus hou ons asb op hoogte!

Lillian ·

hulle sal hul eie ma vermoor vir R10, so mens kan nie verwag dat hul gedrag teenoor diere anders sou wees nie.

Yvonne ·

Die kapers het net een doel voor oe….voel niks vir niemand nie….boosheid self

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.