Vermiste ma se liggaam gevind

Jann en Landi Prinsloo. (Foto: Facebook)

Die liggaam van die Pretoriase ma wat Donderdag spoorloos verdwyn het, is gevind.

AO Johan van Dyk, polisiewoordvoerder vir die Tshwane-distrik, het aan Maroela Media bevestig dat Landi Prinsloo (39) se liggaam Vrydag in die Pienaarsrivier, noord van Pretoria, aangetref is.

Prinsloo is Donderdagaand as vermis aangemeld nadat sy geen afsprake die dag nagekom het nie.

ʼn Grootskaalse soektog is van stapel gestuur en haar motor is later op die Molotopad by die K9-hondeskool opgespoor. Haar klere, skoene, baadjie, sleutels en selfoon is ook langs die betrokke rivier gevind.

Volgens Van Dyk het polisieduikers en verskeie reddingspanne vanaf Prinsloo se motor al langs die rivier na haar gesoek.

“Hulle het haar liggaam gekry en later op ʼn vuurwapen afgekom. Die vuurwapen is sowat 300 m van haar liggaam gevind.”

Dit is nie duidelik of die vuurwapen met Prinsloo verbind kan word nie.

Die polisie het intussen ʼn geregtelike doodsondersoek van stapel gestuur en ondersoek die saak verder.

Prinsloo se man, Jann of Jannie soos hy aan familie bekend is, kon nog nie bereik word vir kommentaar nie.

Die egpaar het drie jong kinders van onderskeidelik twee, vier en nege jaar oud saam.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Melli ·

So jammer om te hoor, sterkte aan dai arme kindertjies en selfs di pappa ook , mag geregtigheid seëvier

ONTPS ·

Dit is verskriklik tragies. Innige simpatie aan haar familie en vriende in hierdie bitter moeilike tyd

piet ·

Die nadoodse ondersoek sal nou wys of sy verdrink het of dood was voor sy in die water beland het

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.