Vermiste man vasgebind onder brug opgespoor

misdaad-polisie-crime-scene-kent-williamson-5

Argieffoto: Kent Williamson

ʼn Man (67) wat sedert Donderdagoggend vermis is, is Donderdagmiddag vasgebind onder ʼn brug op die N12 opgespoor.

Kapt. Mavela Masondo, woordvoerder van die polisie, het die voorval aan Maroela Media bevestig.

“Daar word beweer dat die man omstreeks 11:40 in sy geparkeerde motor in Alberton-noord gesit het toe drie gewapende mans hom genader, die vuurwapens op hom gerig en hom in hul motor ingedwing het,” het Masondo gesê.

ʼn Gemeenskapslid wat die voorval sien gebeur het, het veiligheidswagte in kennis gestel en hulle het dit by die polisie aangemeld.

“Die polisie, veiligheidswagte en ander rolspelers het die soektog uitgevoer en die slagoffer vasgebind onder die brug naby die N12 en Voortrekkerstraat in Alberton aangetref met kneusplekke aan sy hande en voete,” het Masondo gesê.

Werner Vermaak, woordvoerder van ER24, het gesê een van hul paramedici wat nie aan diens was nie het omstreeks 16:00 ʼn oproer naby die hoofweg gewaar en ondersoek ingestel.

Die man is ondersoek en daar is gevind dat hy effens gedehidreer was met kneusplekke aan sy arms.

“Hy is na ʼn hospitaal geneem vir verdere waarneming,” het Vermaak gesê.

Hy is glo van sy selfoon en kontant beroof.

Die polisie ondersoek sake van ontvoering en gewapende roof. Niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Bianca ·

Eerstens dankie dat jul belangstel om die storie te publiseer .. sodat almal bewus is van die gevare in ons land!!! Maar dit is nie die ware storie nie… dit is my oom(pa) met wie die gebeur het en glo my die is nie die storie wat net hom gebeur het nie! En nog nooit was die storie aan enige Media vertel nie .. Hy bly saam my en my familie en die is nie die waarheid nie!! Als leuns …

Sune van Heerden ·

Dagsê Bianca

Dankie vir jou boodskap en ons innige medelye met jul verlies.
Kontak ons asseblief by [email protected] – ons sal graag die feite wil publiseer.

Groetnis
Suné
nms Maroela Media

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.