Vermoorde bejaarde ‘goed vir almal’

Marthie Pauer (80) is op 23 September wreed in haar huis op Louis Trichardt in Limpopo vermoor.

Moenie kwaad met kwaad vergeld nie.

Dít was die leuse van Marthie Pauer (80) wat op 23 September wreed in haar huis op Louis Trichardt in Limpopo vermoor is.

ʼn 27-jarige Zimbabwiese man, Trevor Gumbe, is intussen in verband met Pauer se dood in hegtenis geneem en sal op 4 Oktober vir ʼn tweede keer in die landdroshof op die dorp verskyn.

Volgens haar seun, Junior (52), is die verdagte ʼn voormalige plaas- en tuinwerker wat vermoedelik ʼn wrok teen die familie gekoester het.

Gumbe is vasgetrek toe hy Pauer se dubbelkajuitbakkie, wat tydens die voorval gesteel is, in die omgewing van Musina probeer verkoop het.

Hy was glo tydens die moord op borgtog ná hy vroeër vanjaar op aanklag van diefstal, wat deur die Pauer-familie aanhangig gemaak is, in hegtenis geneem is.

Dieselfde man het Junior glo sowat ʼn maand gelede op sy plaas aangerand.

Pauer, ʼn weduwee, was ten tyde van haar moord alleen in haar huis op die dorp waar sy dikwels gebly het wanneer sy nie op die familie se plaas in die Waterpoort-omgewing was nie.

“My ma was ʼn formidabele mens wat net goed was vir almal.

“Sy was my alles.”

Pauer sê dis moeilik om sy ma se dood en die wrede manier waarop sy gesterf het, te verwerk.

“Ek dink nie jy sal ooit uit jou eie krag daarmee kan vrede maak nie, maar alleenlik deur die Here se genade.”

Pauer sê die gedagte dat sy ma tydens die moord dalk na hom uitgeroep het, spook elke dag by hom.

“Ek wonder of sy geroep het ‘Junior, Junior’. Dit pla my. Sy het nie verdien wat met haar gebeur het nie.”

Hy sê sy ma was ʼn geliefde inwoner van die dorp wat graag met vriende gekuier het.

Van kosmakery kon jy haar ook niks leer nie.

“Sy het die lekkerste wildsvleis gaargemaak en was ʼn bobaasbakker. Sy het ook haar eie wors gestop wat by elke kerkbasaar ʼn reusetreffer was.

“Almal het altyd gevra waar hulle van ‘Marthie Pauer se wors’ kan kry, selfs mense buite Louis Trichardt.”

Sy kon ook die lekkerste boerbeskuit bak, iets wat Junior baie sal mis.

“Sy was ʼn boervrou in murg en been. Haar hande het vir niks verkeerd gestaan nie.”

Pauer sê sy ma was ook baie lief vir haar ses kleinkinders, van wie vier in Australië woon.

Sy laat ook drie kinders agter.

ʼn Gedenkdiens sal Donderdag, 7 Oktober, vir Pauer in die NG Louis Trichardt-gemeente (ook bekend as Stad op die berg-gemeente) gehou word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

19 Kommentare

Anel ·

Baie jammer vir die familie. Maar, het ons mense dan nou nog nie geleer om NIE Zimbabwiërs in diens te neem nie, of enige ander buitelander nie? Goedkoop koop is duur koop, het my oupa altyd gesê. Hy was ‘n wyse man!

Marius ·

Hulle is nie goedkoop nie word selfde betaal as SA mense verskil is hulle wil werk en moenie ander kruisig oor 1 uit n miljoen

gpsa ·

Dit is verseker nie ‘n saak van 1 uit ‘n miljoen nie. Elke 2de artikel van moord is daar uitlanders betrokke.

Androclus ·

Hoekom het hulle nie die moordenaar laat gaan het in die eerste plek vanhulle eiendom af nie.

Di ·

Immigrante – wettig of onwettig is pal in die nuus oor kriminele dade wat gepleeg is – Regering moet ontslae raak van hulle, stuur almal terug waar hulle vandaan kom. Daar is genoeg van ons eie mense wat kriminele is. Noudat Zimbabwe te pletter is na al die gemors wat daar aangejaag is, nou hardloop almal SA toe. Die meeste wat hier is, is in elk geval sonder geldige paspoorte. Boeties op die grensposte laat hulle deur vir paar rand

Misky ·

Nog een wat op borg uit was en boonop buitelander. Sterkte aan Junior en die res van die familie

Inkpot ·

Vuilgoed!
Ons, veral boere, moet maar leer om altyd gewapen te wees vir selfverdediging.
Hierdie is Suid-Afrika, waarskynlik die land met die hoogste moordsyfer ter wereld.

Suzette ·

Stefaan jy weet mos, BORG, dis net sekere mense wat geen borg kry nie en moet sit. Die gemors kry borg en foeter net op hulle misdaad pad aan…..

Ansie ·

Ek wil graag weet wat hy buite die tronk gedoen het nadat hy Junior aangerand het terwyl hy op borgtog uit was. Dit moes mos onmiddellik gevaarligte laat flikker het.

Carina ·

RIV. Sterkte aan familie. Mag hy gevang word en lewenslank agter tralies bly. Onskuldige ou dame wat met haar lewe moes boet.

Yvonne ·

Tragies…..wrokke….gaar hulle op…maar vergeet gerieflikheidshawe van die goedheid wat hulle ontvang het…dit is tragies

Danie ·

Dis nou van dieselfde zimbabwe wat ek heeldag moet hoor sulke nice opgevoede inwoners het wat nooit n voet sal verkeerd sit nie.

Marcello ·

Sterkte aan haar kinders en kleinkinders, ‘ n Moeder is die spul waarom ‘n kind se lewe draai. Dra julle in my gebede op.

Jack ·

Al wat die inkommers ken is moor want dis al wat hulle hier leer. Mense moenie die mense vertrou en in jou huis toelaat nie. Jy gaan spyt wees.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.