Vermoorde man was ‘sagmoedige reus’

Juan Slabbert is op ‘n plaas in die Wes-Kaap doodgeskiet. (Foto: Facebook)

Juan Slabbert sou later vandeesmaand sy 56ste verjaardag gevier het.

Saterdag het sy suster, Melissa, egter sommige van sy besittings in die huis op ʼn plaas by Klipheuwel in die Wes-Kaap begin oppak, nadat hy Donderdag daar vermoor is.

Maroela Media het vroeër berig vyf mans met klapmusse het Juan op dié aand omstreeks 20:25 in die huis oorrompel.

Hy is ʼn enkele keer in die bors geskiet en het daar gesterf, waarna die aanvallers in die rigting van Stellenbosch gevlug het.

In hierdie stadium lyk dit nie of enigiets uit die huis vermis word nie en niemand is nog in verband met sy moord aangekeer nie.

“Hy is my rots. Nog steeds,” sê Melissa.

“Mense was so lief vir hom. Hy was werklik ʼn sagmoedige reus. Hy sou sy laaste sent gegee het om iemand te help.”

Juan Slabbert en sy suster, Melissa. (Foto: Facebook)

Juan was ook ʼn groot diereliefhebber. Hy was veral welbekend in boelterriër-kringe en is beskou as ʼn gerespekteerde teler met ʼn groot liefde vir dié ras. Maar enige ander dier sou sommer vinnig ʼn plek by Juan kry, vertel Melissa.

“Hy was so ongelooflik lief vir diere.”

Die SA Boelterriërklub het ook die nuus oor Juan se dood betreur. Hy was ʼn voormalige voorsitter van die Wes-Kaapse klub.

“Die hele boelterriërgemeenskap van Suid-Afrika rou oor nog ʼn tragedie wat al te dikwels in ons land afspeel.

“Ons deel in die smart van Juan se familie en vriende,” lui ʼn boodskap van die klub.

Juan, ʼn verkoopsman by ʼn motorhandelaar op Kuilsrivier, het alleen op die plaas gewoon met net sy talle voëls, honde en selfs visse.

Die motief vir sy moord is in hierdie stadium onduidelik.

“Hy gee die beste drukkies,” het ʼn emosionele Melissa haar broer onthou. “As hy vir jou ʼn drukkie gegee het, dan was alles reg.

“Ek kan nie glo hy is weg nie. Ek is nou by sy huis, besig om die goedjies op te pak …”

Geen begrafnisreëlings kon nog afgehandel word nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

20 Kommentare

Anya ·

Verbysterd.
Hartseer.
En OORTUIG daarvan dat die ewige hel overpopulated gaan wees.
My hart gaan uit na sy geliefdes.

Anel ·

Ons word uit gemoor, maar sien hulle ons toi-toi, betoog en plekke afbrand en oproerig word? Waar is die wetgewing wat die land se burgers teen hierdie terorisme beskerm? Sterkte aan Juan se geliefdes. God slaap nie!!!

Werner ·

Tyd dat ons begin toi toi want anders gaan hulle aanhou om ons te ignoreer.

Lz ·

Ai dit bly so hartseer. ????????????????Gaan jou mis Juan. Jy was ‘n ware gentleman.

Deon ·

Hoekom maak die mense soos die eff na elke moord op ons mense nie.Die wit is verdeeld wat dit aanbetref. Kom aan.

Debbie ·

Wat se die eff nou? Nee niks want dit is n witte wat vermoor is

Werner ·

Lyk na n baie aangename persoon.Maar ons sal maar die sagmoedigheid moet los.As jy jou soos n leeu gedra los hulle jou uit.

Cherokee ·

E.T. is ook vermoor. Vir ingeval jy nie weet nie, sy naam was Eugene Terreblanche.

Werner ·

Lyk my al wat jy van Eugene af weet is sy voorletter en van.Jy weet duidelik nie hoe dit lyk as iemand hom soos n leeu gedra nie.Heg nie veel wwarde aan iemand se kommentaar wat bang is om sy naam te gebruik nie.

Corne123 ·

So so hartseer sou hy die wetters geskiet het was hy seker die slegte ou in verhaal

Groen Ghoen ·

Dit is die anargie waarvan de Klerk, Meyer en Wessels Suid-Afrika gered het.

Cindy ·

kan sommer op die foto sien hoe lekker drukkies hy kon gee. Jammer vir familie/vriende :(

Arendsoë ·

Waarom word moordenaars van plaas boere en bejaardes, in Suid-Afrika, MANS genoem? Hulle is waarskynlik van ʼn manlike spesie, maar beslis nie MANS nie.

Misky ·

Ons almal weet wat die motief is. Sterkte aan sy familie en vriende in die moeilike tyd.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.