TLU SA het gesê hy neem met waardering kennis van pres. Cyril Ramaphosa se veroordeling van plaasmoorde.
Ramaphosa het tydens sy repliek op die presidensie se begrotingsdebat in die parlement die aankondiging gemaak.
TLU SA dring egter steeds daarop aan dat Ramaphosa hom amptelik vir ʼn staking van die aanvalle beywer.
“TLU SA het ook al by verskeie geleenthede gevra dat die president ʼn amptelike verklaring oor plaasmoorde moet maak,” het Bennie van Zyl, hoofbestuurder van TLU SA, gesê.
Pres. Ramaphosa het gesê hy het plaasmoorde wel in die verlede reeds veroordeel en sal voortgaan om dit te veroordeel. “Hy het verder – in Afrikaans – gesê dat elke lewe in die land gelyke waarde het en dat elke moord en geweldsmisdaad sonder onderskeid veroordeel moet word.
“Ons is bly dat die stilte oor plaasaanvalle en -moorde uiteindelik verbreek is. Maar ons sal graag ook wil hoor dat hy ʼn oproep maak dat dit gestaak moet word.”
Volgens TLU SA se amptelike statistieke was daar teen begin Julie reeds 30 plaasmoorde vir die jaar en 217 plaasaanvalle.
O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.
35 Kommentare
Dit sal nie gebeur solank daar een of ander duistere mag agter dit sit nie – ‘n georkestreede gesiglose plan ! Wie gee die opdragte ?
ONS SOEK NIE VERSKONINGS NIE,ONS SOEK AKSIE, SOOS HANG DIE MOORDENAARS
My vertroue in CR is ongelukkig gebreek en kan, nie hom of die ANC vertrou nie.
Ek kan ongelukkig nie CR of die ANC meer vertrou nie.
Jy is reg anoniem.
Ramaposa het sy woorde egter so gebruik asof hy sinspeel dat plaasmoorde eintlik o k is oor die verlede.
So wat hy kwytgeraak het beteken niks.