Verpletterende nederlaag vir OB

Adv. Busisiwe Mkhwebane. (Foto: Oupa Mokoena/African News Agency)

Die Openbare Beskermer, adv. Busisiwe Mkhwebane, het ʼn nederlaag in die Wes-Kaapse hooggeregshof gely met haar argumente wat verpletterend verwerp is.

In ʼn uitspraak van 89 bladsye het ʼn volbank van die Kaapse hooggeregshof, bestaande uit regters Vincent Saldanha, Elize Steyn en Monde Samela, eenparig en stelselmatig punt vir punt die lang argumente van Mkhwebane en haar regsverteenwoordiger, adv. Dali Mpofu, aan flarde geskeur.

Mkhwebane het gepoog om die uitvoering van die parlement se reëls rakende die moontlike verwydering van haarself en ander hoofde van art. 9-instellings uit hul poste met ʼn interdik te vertraag.

Voorts het die regters laat blyk hulle meen in elk geval nie haar reeds aangekondigde poging om die proses op meriete te bestry het veel kans op sukses nie – hoewel die regters uiteraard toegee dat so ʼn proses onafhanklik van die huidige uitspraak sal voortgaan.

Die regters het voorts bevind dat Mkhwebane (eintlik haar kantoor, en dus die belastingbetaler) aanspreeklik is vir die volle regskoste van die parlement en die DA, wat haar aansoek om die interdik in die hof teengestaan het.

Die regters het Mkhwebane ook geroskam oor die taal wat sy jeens spesifiek die speaker van die Nasionale Vergadering, Thandi Modise, gebruik het. Hoewel hulle besluit het om nie te voldoen aan die DA se versoek om ʼn bestraffende kostebevel teen Mkhwebane vir haar persoonlike rekening nie, het hulle haar gewaarsku dat ʼn ander hof in die toekoms baie maklik wel ten gunste van so ʼn bevel kan besluit.

Die hof het verder verskeie bevindings betreffende die feite van die saak teen haar gemaak. Daar is byvoorbeeld besluit dat die vorige hofbevindings teen haar wel relevant vir die parlement se uiteindelike besluit teen haar is, hoewel sy en Mpofu probeer het om die argument van geen retrospektiwiteit in die reg nie daaroor aan te voer.

Boonop het die hof verskeie wesenlike kernargumente rakende die meriete van die reëls en die saak as ʼn algehele misverstaan van die situasie en die wet getipeer, en spesifiek Mpofu se herhaalde berusting op uitsprake betreffend permanente benadeling van Mkhwebane, wat berus het op ʼn vorige bevinding ten gunste van min. Pravin Gordhan en teen haar, as algehele mistasting uitgewys.

In reaksie het die DA die uitspraak verwelkom terwyl Mkhwebane ʼn verklaring uitgereik het waarop sy nogmaals terugval op die presiese Gordhan-uitspraak waarvan die bevinding is dat sy en Mpofu dit op die mees basiese van regsgronde waninterpreteer.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

19 Kommentare

Sarel ·

Maar sy us vasgepkak op haar stoel. Enige persoon met selfrespek sou al bedank het. Maar weer dan mag hulle haar dalk bevorder tot Minister van Justisie. Wag sy vir
Anti Rhamaposa groep?

Eiervrug ·

Sy is soos SAL. Hulle wil haar maar net nie laat gaan nie…

Johanncb ·

Kan sy nog nie agterkom dat dit tyd is om uit vrye wil te gaan nie?

Johann ·

Heerlik heerlik om van die een hof na die ander te hop op belasting geld. Geen begrip vir beginsel van iemand anders se geld mors nie. Tipiese Zuma maaitjie.

JohanR ·

Another lost court case bites the dust, and another ones gone and another ones gone. Nou is die pad OOP vir parlement om te se “GOODBYE DARLINGS”. Don’t call us, we will call you! As die vrot een eers gepos is, asseblief tog kan parlement iemand bevoeg aanstel, met GEEN politieke neigings na regs of links! Hy/sy moet soos ‘n perd wees met oogklaape….kan niks sien aan die linker kant, kan niks sien aan die regter kant, maar stop hulle in die tronk! Terwyl ons nou by die Kaapse hooggeregshof is wat gebeur met die John Hlophe saak? Weet iemand?

jou gewete ·

gehoor hulle kort 54 miljard om hulle werk te doen, miskien moet sy en haar medewerkers die geld betaal van al met hofsake verloor het dan kan ons selfs minder belasting betaal

Jr ·

Nog n verloor saak in die twee mees SUKSESVOL ONSUKSESVOLLE ADV IN SUID AFRIKA. AND THE 2015 , 2016 2017 2018 2019 2020 YEAR AWARD GOES TO MKHEWABANE AND DALI MPOFU. AGAIN AND AGAIN

Gawie ·

Ek sien hierdie tendens neem al hoe meer toe – die persoon weet hy/sy is verkeerd, is al tallemale uitgewys as verkeerd, maar hulle sal aanhou om in al wat hof is te wil baklei om aan die posisie van mag vas te hou. So word waardevolle hoftyd en geld vermors en die belastingbetaler dra op die ou end steeds die koste.
Doen almal ‘n guns en bedank sodat ons iemand kan aanstel wat die werk hopelikordentlik sal kan doen

Dirk Mostert ·

As ek diktator was sou daar GEEN regshulp vir politici en amptenare wees nie.

Kokerboom ·

Hoeveel uitsprake moet nog kom op koste van belastingbetaler voordat die arrogante onbevoegde kader verwyder word? Ek is diep teleurgesteld in die regters wat GEEN ruggraat toon om die irriterende sage nou tot ‘n einde te bring.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.