Verslag lê ANC se ‘verdraaiing van geskiedenis’ bloot

grondhervorming

Foto bloot ter illustrasie. (Argieffoto)

Die burgerregteorganisasie AfriForum het ʼn verslag bekendgestel wat glo die presidensiële adviespaneel oor grondhervorming en landbou se pogings om die geskiedenis te verdraai op die lappe bring.

Dié paneel het in 2019 ʼn finale verslag aan pres. Cyril Ramaphosa oorhandig. AfriForum voer egter aan die verslag bevat verskeie feitefoute in die afdeling oor die historiese konteks van Suid-Afrika.

Ramaphosa het in 2018 die paneel aangewys om onafhanklike raad aan die departement van landelike ontwikkeling en grondhervorming se interministeriële komitee oor grondhervorming te gee nadat dit in ʼn 2017-grondouditverslag aan die lig gekom het dat 72% van die land se grond, wat as plase of kleinhoewes gebruik word, glo aan wit mense behoort.

Die verslag het destyds bevind dat wit mense sowat 26,6 miljoen ha bewerkbare grond besit, terwyl bruin mense naastenby 5,3 miljoen ha (15%), Indiërs sowat 2 miljoen ha (of 5%) en swart mense 1,3 miljoen ha (of 4%) besit.

Die oorblywende 4% is in die besit van “ander” eienaars.

AfriForum voer aan die historiese afdeling van die adviespaneel se finale verslag skets nie ʼn akkurate prentjie nie en is gedoen om ʼn politieke agenda te bevorder.

Volgens AfriForum se verslag, wat onder leiding van Opinor opgestel is, wek die paneel se verslag die indruk dat dit doelbewus kort gehou is om die bespreking van enige omstrede historiese kwessies te verhoed.

Die burgerregtegroep meen dat die paneel onder meer betwisbare bewerings sonder enige bronverwysings maak, oordrewe veralgemenings oor die geskiedenis van grondbesit insluit en verskeie belangrike historiese gebeure uitsluit.

Die indruk word ook deur die woordkeuses gewek dat die Afrikaanse gemeenskap buitelanders was of steeds is. Die skrywers gebruik glo gereeld die term Europeërs wanneer hulle na boere of die Afrikaanse gemeenskap verwys.

AfriForum voer aan dat die verslag gereeld ʼn skurk-en-slagoffer-narratief bevorder in sy weergawe van die Suid-Afrikaanse geskiedenis. Hierin word daar slegs onderskeid getref tussen twee groepe: die bose groep en Europees of van Europese afkoms, teenoor die slagoffer en van Afrika.

“Die doel met hierdie onderskeid is nie om die waarheid te ontdek en aan te bied nie, maar om eerder stereotipes op grond van ras te skep en ʼn spesifieke verhaal van booswigte en slagoffers te skep net om ʼn voorafbepaalde uitkoms te regverdig,” sê dr. Jackie Grobler, skrywer van die verslag.

Barend Uys, hoof van navorsing by AfriForum, sê dit is problematies dat die geskiedenis dermate verwring word om ideologiese doelwitte te bereik en ʼn politieke agenda te dien.

“Die historiese gebeure van die land is as motivering gebruik vir grondhervorming en kan in geen mate verwring word om wysigings aan die Grondwet te bring om onteiening sonder vergoeding moontlik te maak nie.

“Dit is noodsaaklik om eerlik met die verlede om te gaan sodat lesse daaruit geleer kan word. Dít maak die bou van ʼn toekoms moontlik omdat foute van die verlede vermy kan word.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

16 Kommentare

Di ·

Lieg sal hulle lieg net om te kry wat hulle wil he. Weet nie wat hulle met die grond wil maak nie, slegs ‘n handtjievol het naastenby ‘n idee hoe om te BOER. Hierdie land gaan spoedig in hongersnood gedompel wees as hierdie dinge gaan realiseer. Staat besit baie grond wat hulle aan “our people” kan gee. Maar nee hulle soek plase wat reeds gevestig is.

Werner ·

Hulle sal aanhou leuns versprei totdat die gemoedere so hoog raak dat hier oorlog uitbreek.

Dries ·

Hulle ,, die anc. Lieg so hard hulle glo hulleself. Wat n klomp patete. Dink hulle nou regtig ons sal glo wat hulle kwyt raak. Plaas dat hulle ziggel zoggel en net verdwyn. Geen meds vir hulle nie. Aijajaaaiii cr skrik net wakker.

Cherokee ·

Re: Die skrywers gebruik glo gereeld die term Europeërs…
*
Toe ek ‘n klein kind was, het die apartheidsborde by verskillende ingange, die voetoorgang oor die spoorlyn, verskillende portale ens, gelees ‘Europeans ‘ & ‘Non-Europeans’. So, ons was deur self daardie jare beskou as Europeërs.

Deon ·

Presies my gedagtes ook. En kortwiek dit alles wat ons probeer doen

JM ·

As die ANC alles so goed kon doen soos lieg, sou dit uitstekend in hierdie land gegaan het.

Schalk ·

Laat ek dit nou maar reguit op die naam noem. Daar is ‘n gebrek aan inbors om op te staan en self iets te skep of te bou wat blywend is onder sekere etniese groepe. Individue wat bakhand staan en in die verlede leef. Ons almal was deel van ‘n mislukte politieke stelsel naamlik apartheid ongeag jou ras of geslag. So beweeg ons aan maar die bakhand kinders van Afrika is gevoed met die lepel van kry sonder verdien. Elke mens moet sy selftrots gebruik om te sorg vir sy eie.

annie ·

Ons moet begin by die begin..toe ons mettertyd met Afrikane te doen gekry het. Hulle was nie die eerste mense wat Oom Jan ontmoet het nie. Eers in die 1800’s het gerugte en berigte van verkenners die Kaap bereik en dit was skokkende nuus oor moorddadigheid/kannibalisme. Trekker-boere was erg bedreig en die dorpies se inwoners later. So het twee groepe en woongebiede ontwikkel en uitgebrei deur die jare… natuurlikerwys. Ontwikkeling en onderrig oor eeue het plaasgevind met die hulp van die glo slegte witmense en hul kapitaal. En nou word alles verdraai. G’n dankie ooit.

Psyggie ·

Raak die ou deuntjie van die bose “wit’ Europieer nie nou al vals nie?!
Almal is al so moeg daarvoor en keelvol daarvan.

Jack ·

Lieg is al wat hulle ken. Dink maar terug oor Piet Retief se wrede dood.

Althes ·

Dankie Afriforum dat jul daadwerklik optree om die verslag se verdraaing uit te wys. Die ANC en Kie is die grootste rassiste

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.