Verslag oor grondhervorming dan bekend

landbou-mielies-pexels

(Foto: Pexels/Pixabay.com)

Die verslag oor grondhervorming en landbou wat die presidensiële adviespaneel vroeër aan pres. Cyril Ramaphosa oorhandig het, word Sondag ook aan die publiek bekendgemaak.

Die paneel is in September verlede jaar aangestel om die interministeriële komitee oor grondhervorming, waarvan adj.pres. David Mabuza die voorsitter is, te adviseer oor ʼn wye verskeidenheid beleidsake soos restitusie, herverdeling, verblyfreg en landbousteun.

Dit moes maniere hersien, navors en steun sodat die regering ʼn regverdige en gelyke grondhervormingsproses kan implementeer om historiese ongeregtighede reg te stel, landbouproduksie te verbeter, ekonomiese groei te versnel en voedselsekerheid te verseker.

Die paneel moes ook ʼn uiteensetting gee oor grondbeleid gesien in die lig van voortslepende ongelykheid, onbevredigende grond- en landbouhervorming, asook ongelyke stedelike grondontwikkeling.

Die paneel het uit verskeie kenners in die landboubedryf bestaan.

Minister in die presidensie, Jackson Mthembu. (Foto: GCIS)

Jackson Mthembu, minister in die presidensie, het Donderdag gesê alle ministers, deur hulle onderskeie departemente, moet die verslag – met sy aanbevelings – bestudeer en binne twee daaroor terugvoer gee.

Die minister van landbou, Thoko Didiza, sal die verslag Sondag tydens ʼn mediakonferensie bekend maak.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

Johann ·

Net die Vader kan in hierdie aanslag intree teen absolute denklose geleentheid vir vergrype en verwoesting. TOTAAL ontneem van logika en jaag die ongeskoolde massas aan om te demand en vat.

Ekke Dink ·

25 jaar van demokrasie en nog steeds ongeskoolde massas?
Is dit demokrasie? Afrika o Afrika!

Jacques ·

Dit gaan n een rigting verslag wees wat net die meerderheid gaan bevoordeel . Die wat grond besit maak maar reg vir die besetters , want hulle is oppad .

Tanya ·

En julle dink grond maak jou ryk want n belaglike dink my vriend as jy dood gaan gaan grond nie saam jou nie maar bo jou LMGA

James ·

Tanya, waar maar dan staan jy eerste vir wat jy jare gewerk het en handig net oor asb. Dit gaan nie oor saam vat nie maar oor regverdigheid… ons werk vir wat ons kry. Hulle kry gratis wat hulle wil he. Indien jy dink jy gaan ook n stukkie grond kry of eiendom gratis. Ek lag nou VIR JOU dame!!

SjN ·

Terugvoer moet binne twee ? gegee word, maande, jare of moontlik eeue.

Jerry ·

Die ANC se NDR beleidsprogramme asook kommissies en verslae wat daaruit mag voortvloei, bly geskoei op de-kolonialisasie. Dit sal nie verander nie, want hulle beleid het nog nie verander nie en dus ook nie die denke nie. Al wat werklik verander is die taktiek wat aangepas word na gelang van die politieke en ekonomiese klimaat!

Johan ·

Ek hoop hulle maak die minderheidsverslag ook bekend. En natuurlik sal hulle nie en ons weet waarom nie.

CJ ·

Tot my ontnugtering het ek onlangs op feite afgekom wat staaf dat grond”hervorming” (noem dit wat jy wil) sonder vergoeding deur die Verenigde Nasies onderskryf word en dat SA nie die enigste land is wat tans hiermee worstel nie. My logika sê vir my hierdie ding is groter (wyer) as ‘n SA politieke ideologie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.