VF Plus na kieshof oor BLF

Dr. Pieter Groenewald. Foto: VF Plus

Die Vryheidsfront Plus het Maandag die verkiesingshof in Bloemfontein genader om die party Black First Land First (BLF) te verbied om aan die algemene verkiesing deel te neem omdat BLF nie nierassig is nie.

Tydens ʼn aankondiging hieroor by die parlement vandag het die leier van die VF Plus, dr. Pieter Groenewald, gesê die Onafhanklike Verkiesingskommissie (OVK) het gefouteer deur BLF as ʼn politieke party te registreer omdat die party se lidmaatskap nie oop is vir wit mense nie.

Sulke rassediskriminasie is strydig met die Grondwet, wat beteken dit is onwettig en dus ʼn ongeldige registrasie.

Boonop bepaal art. 16 (1) (c) van die Kieswet dat die OVK geen party mag registreer wat mense op grond van ras as lede uitsluit nie, maar in die geval van die BLF het dit nou gebeur – dit staan presies so in die BLF se grondwet, wat dus op sigself onwettig is.

Andile Mngxitama, president van die BLF. Foto: ANA.

Die OVK se powere hantering van die kwessie, asook die tydsaamheid waarmee die OVK tot dusver oor die kwessie opgetree het, het tot gevolg dat die VF Plus hom regstreeks tot die kieshof rig om die saak afgehandel te kry.

Die saak is ingedien as ʼn dringende aansoek om die BLF se registrasie en deelname aan die verkiesing te kanselleer.

Die VF Plus beskou die kwessie as dringend omdat stembriewe kragtens die tydskaal van die OVK reeds teen 23 April gedruk moet wees.

Groenewald het gesê een van die redes waarom die VF Plus dit doen, is sodat ʼn presedent nie geskep word waarvolgens mense op grond van ras uitgesluit word, wat dan later herhaal kan word nie. ʼn Ander rede is omdat die BLF ʼn rassistiese party is.

Die BLF en die OVK moet teen môre aandui of hulle die VF Plus se regsaksie in die kieshof sal teenstaan. Indien nie, kan die BLF in elk geval nie deelneem nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

54 Kommentare

PJC ·

Dit gaan nou ń interressante saak wees hierdie. Ek kan al dink watter snert die BLF als gaan kwyt raak as hulle nie aan die verkiesing mag deelneem nie. Duidelik is die OVK bang om teen hulle te besluit.

Philip ·

Die OVK is te lig in sie broek om regte besluite te neem. Gee hulle gas VP+

Karlahari ·

En moenie vergeet van die dreigemente teenoor blankes en kleurlinge vanuit BLF geledere. Aanhitsing tot grond besetting en die debakel by Duduzane Zuma se verhoor waar die advokaat van Solidariteit gesê is die blankes moet voetsek terug Europa toe

MJ ·

Stem saam. Gee hul gas. Kan nie toelaat dat die BLF enige sè in die parlement het nie. Daar alreeds genoeg mense wat moeilikheid daar kan veroorsaak.

Andreas ·

Die verkiesingshof gaan beslis dis nie dringend nie en gaan die aanhoor van die saak uitstel tot einde Mei 2019.

Johanna Botha ·

Hulle ontstaan is agv die guptas en n stappie terug ….zuma se skelm streke ????

John ·

Die VF+ gaan binnekort self baie besig wees om hul nuut gevonde partylede se wense of dalk voorwaardes te vervul. Volgens Pieter Marais, wat skaars aangeland het, wil die Kleurlinge ook plase hè. Wie gaan hul plase gratis afstaan vir hul mede-Pietertjies om hul stemme te kan behou. Dit is nie net die ANC wat moet perform nie… al wat leef en beef wil nou grond uitdeel… buiten natuurlik AgriSA wat hul eie mense so gaan beswadder het en nou met spoed by Trump gaan huil het… so val die helde…

bolla ·

Ha, ha. Ja nee daai huwelik gaan ‘n gee en neem een wees. ‘n Stukkie van jou plaas vir my stem.

TN ·

John , die ou spul regses sal nooit verstaan dat ou Pietertjie ook maar net nog ‘n politieke opportunis is wat te lui is om werlik te werk nie __ dit is veel makliker om op die rug van dom mense in die parlement te beland en dan ‘n vet tjek elke maand te kry vir niks doen en die uiter van drie niksseggende sinne per jaar .

Michael ·

Gaan gerus na youtube en soek daardie video waar die blf staan en sing white man u must die en voetsek whiteman en dit is nie rassisties nie dan weet ek nie meer nie

Adam ·

Wat probeer die VF+bereik? Die BLF verdeel die swart stem verder en dit is immers in die belang van alle opposissie-partye.

sweis ·

Ek gee jou gelyk ,maar as die spul in n koalisie vennootskap gaan maak dit nie regtig saak nie so die beste is keer hom om n party te word.

JohanL ·

Adam, ek dink dit is ‘n beginselsaak wat juis berus op die Grondwet. Die VF+ het definitief ‘n punt beet.

Verder wil mens keer dat ‘n rassistiese persoon soos die leier vd BLF in die Parlement eindig. Dink net aan die chaos dan soos hy en Malema gaan kompeteer vir aandag. Met die proporsionele kiesstelsel, kort hy byvoorbeeld net ‘n paar duisend stemme om Parlement toe te gaan, want hy is seker die BLF se nommer 1 kandidaat.

chris ·

ja so sal hulle mekaar self uitroei, gee hulle tou en hulle gaan hulle self hang.
hahahahahahahha

Koos ·

Die OVK is soos ‘n onwillige hond sonder tande – wil glad nie byt aan enigiets wat lyk of dit die wit minderheid verder kan uitskakel nie – EN is boonop bang om standpunt in te neem teen enigiets wat hulle in konfrontasie kan bring met enige politieke party waarvan die leiers swart mense uitsluitlik verteenwoordig.

Hierdie is harde feite en hoe gouer ons land en sy mense hierdie waarhede aansien vir wat dit werklik is, naamlik openlike rassisme, of omgekeerde rassisme of hoe ookal dit gestel wil word, hoe beter vir ons almal.

De-registreer die BLF summier !!!

Gert van Wierdapark ·

Die bfl se doppie moet geklink word, “finish en klaar”

engelse moord ·

Behalwe vir BLAF,EFF EN ANC, moet ons ook kyk na die g skiedenis van die britte wat ons bowrevolk ondwrdruk het met konsentrasiekampe vir wit en swart, ek sal nie verbaas wees as geldelike inspuitings vir ANC,BLF en EFF reeds van sekere britte afkomstig is nie veral na die wen teen die britte in vroeere jare nie. So ons as boerevolk kon al lankal uitgehelp gewees het deur england ens,

VanAfrika ·

@engelse moord, Theresa May het klaar kom kuier en sommer saam gedans ook. Sê dit vir jou iets????

DC ·

Dis tyd vir terugslaan. Doen dit geniepsig en hou daarmee vol tot sukses is.

Chrisjan ·

Dis hartseer as n mens jou vir elke saak na die een of ander hof moet wend om besluite/wette af te dwing wat in elk geval deur die regering of aanverwante instansies gemaak is. Die alarmpies flikker baie rooi en aanhoudend in my kop.

Fanie ·

Ons almal moet een voudig net vir die VF+ stem! Dis al kaans wat ons het, natuurlik met die hulp van die Almagtige God.

TN ·

Fanie , as dit jou enigste hoop is , gaan die hoenders dit deurmekaar krap !

Sarel ·

Die hof is deesdae die enigste uitweg en Dan moet jy ook nog hoop dat jy soos in n gelukpakkie die regte regter, onpartydig kry en die landswette toepas soos dit opgestel is. Deesdae word wette geskryf om die wit mense mee by te kom en die regbank so getransformeer dat dit ook so toegepas word. Selfde wet maar afhangend van die aangeklaagde se velkleur n ander bevinding.

Stormjaar ·

blf sing lekker ” one bullet, one settler. ” Hulle is nog nie aangekla nie.

bolla ·

Daai lied is lankal reeds deur die hof as aanvaarbaar verklaar. Word gesien as ‘n struggle lied.

George in Bloem ·

Wanneer sal mense tot die besef kom dat al die lede van die ANC/EFF/BLF alliansie onaantasbaar is en dat gewone reels,regulasies en wette nie op hulle van toepassing is nie,nie eers die wat hulle self gemaak het nie? Die dubbele standaarde in hierdie piesangrepubliek is verstommend.

George in Bloem ·

Wanneer sal mense tot die besef kom dat al die lede van die ANC/EFF/BLF alliansie onaantasbaar is en dat gewone reels,regulasies en wette nie op hulle van toepassing is nie,nie eers die wat hulle self gemaak het nie? Die dubbele standaarde in hierdie piesangrepubliek is lagwekkend verstommend en onverbloemd en die rassistiese anti-wit agenda is duidelik daar vir die hele wereld om te sien.

George in Bloem ·

Wanneer sal mense tot die besef kom dat al die lede van die ANC/EFF/BLF alliansie onaantasbaar is en dat gewone reels,regulasies en wette nie op hulle van toepassing is nie,nie eers die wat hulle self gemaak het nie? Die dubbele standaarde in hierdie piesangrepubliek is lagwekkend verstommend en onverbloemd en die rassistiese anti-wit agenda is duidelik daar vir die hele wereld om te sien….

Albatros ·

Ek weet vir wie ek stem hierdie verkiesing.. en dis nie weer die DA nie.

phillip ·

hoop julle en maroela nuus het e nuus gekyk gisteraand op dstv hoop maroela maak n storie daar van

Werner ·

Het julle nog nie agtergekom dat dit nie help om hof toe te hol nie hulle gaan net soos Malema niks oorkom nie maak nie saak of jy gaan stem of vir wie jy gaan stem nie jy terg net jouself of ons dit nou wil weet of nie selfbeskikking is al antwoord die organisasie wat homself daarvoor beywer kry my stem

James ·

Kan jy jou net indink hierdie hofgeding slaag? Dan sing jy sekerlik ‘n ander deuntjie…

Manie van Worcester ·

Baie dankie VF+, Ten minste probeer julleiets doen. Ongelukkig weet ons niks sal gebeur maar dankie dat julle probeer. anders as da wat niks doen vir Blankes nie. Miskien moet julle die sg prasident internasionale hof toe vat vir misdaad teen mensdom, hy was bewus van alles wat hier aangegaan het en het toegelaat dat mense vertrap en verarm word. As hy se hy het niks geweet lieg hy

hendrik ·

dink julle regtig hulle gaan nie aan verkiesing deelneem nie, ons sit met ongeregtigheid teen wittes,

Laetitia ·

Die sogenaamde president van die BLF, het die klok hoor lui maar weet nie waar die bel hang nie.

Nick ·

Ag asseblief!!! Hulle volg die DA na , hofsaak hier en hofsaak daar! Mors van geld,wittes is soos afkop hoenders,die land is klaar in sy glory agv ons ,niemand kan iets doen nie die regering druk julle n pit!????

James ·

Moenie die VF Plus onder dieselfde kam skeer as die DA nie. Die hofsake wat hulle dryf is uit en uit in JOU mense se belang. Waar sou die arme Transnetpensioenarisse hulp vandaan gekry het as hulle nie ingegryp het nie? Om die BLF gederegistreer te kry is weereens in JOU mense se belang omdat hulle met geen skaamte rassistiese opmerkings en dreigemente maak nie. Ten minste probeer die VF+ reg en orde daarstel en nie ‘n blinde oog gooi vir wat werklik met ons mense gebeur nie.

Kediksie ·

Doet so voort VF+!!!
Maroela, kan julle asseblief n ander foto van die BLF kalant plaas?
Daai gesig gee my nagmerries en my vingers jeuk om daai klapperhaarmatrasontploffing op sy kop af te sny.

aj ·

Hier wys dIe VF + dat hulle ook gratis publisiteit kan genereer …. soos EFF en BLF.

As jou bemarkingsbegroting klein is … en jou aspirasies groot … dan skep jy ‘n ‘publisiteitsFOEFIE’!

Welgedaan FV+!!!

nico ·

STEM VF PLUS. Tog net nie vir die dwarstrekkige klomp DA’s nie!!!!!!!
Maimane wil nie Afrikaans praat nie, woorom nie?
VF bo!!!!!!!!!!!!!!!!

bolla ·

Het jy Maimane se Afrikaanse advertensie op radio gehoor? Die ou praat foutlose Afrikaans. A president for ALL the people.

Frik Lotz ·

Netso, Nico! Laat ons uitgaan en in ons duisende vir VF Plus stem. VF Plus is die groeiende alternatief wat onbeskaamd veg vir Afrikaans en vir die regte van minderhede. Ja-nee, stem beslis VF Plus!

bolla ·

Verkiesingsfoefie, VF+ probeer hard vir so ekstra 20000 stemme. LOL

bolla ·

Vf+ is bang BLF kry meer stemme in die verkiesing dan is VF+ nog laer af op die opposisie ranglys.

Werner ·

James as ek so na al die hofsake se uitslae kyk is dit elke keer teen ons so ek is regtig nie bekommerd dat ek iets hoef te sing nie

Jerry ·

Die hofsaak sal eerstens bewys of die kieshof onafhanklik optree of nie en tweedens indien die kieshof wel onafhanklik optree dan beteken dit dat die VF nie net blaf het nie, maar byt het soverre dit die kieshof aanbetref. So sal ons begin duidelikheid kry oor watter howe en met watter regters het ons nog byt of net blaf! Is ons dan nog n demokrasie of n klug en wat behoort ons daaromtrent te doen, sonder om ons tyd verder te mors met n ondemokratiese demokrasie? Die VF behoort reeds vir kiesers te se op watse plan van aksie daarop voorberei behoort te word wanneer howe nie meer onafhanklik kan funksioneer van revolusionere ideologiee soos wat ons reeds gesien het gebeur by die MRK. Toekomstige hofsaakuitsprake sal dus aandui of SA se demokrasie ook ten volle gekaap is of nie. Volgens die VF se manifesto behoort die party met die mandaat van die kiesers, daardie ekstra myl te kan stap ten einde nie net die ondemokratiese demokrasie te ontbloot nie, maar terug te slaan en dit te stuit met byt! Al wat kiesers kan doen wie vir die VF stem is om te hoop dat die party se byt na die verkiesing werklik erger as sy blaf sal word!

Alida ·

Ek wens 8 Mei is al verby en die gekookte uitslae is bekend dan kan mens probeer normaal aangaan met jou lewe.

Mariana ·

Alida ek stem. Gekookte stemme gaan daar by duisende wees. Vertrou glad nie die hele proses nie.

Boet Fasie ·

,Hoor die mense in die lykshuis kan ook stem tot hulle “underground” gaan , hulle duim kan gemerk word en afdruk geneem word, spesiale stemme.

Andre ·

Dit is so pateties mense wat kla oor alles en as iemand iets positiefs wil doen alles kritiseer.
Daar is geen kitsoplossing in die land nie, hou op om die wat nog n poging aanwend met kleinlikheid aan te val.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.