VF Plus sê beloftes oor NGV ‘nie gerusstellend’

medies behandeling dokter

Argieffoto (Foto; DarkoStojanovic, Pixabay)

Die VF Plus sê die minister van gesondheid, Zweli Mkhize, se beloftes dat die Nasionale Gesondheidsversekering (NGV) nie dieselfde risiko’s sal inhou as byvoorbeeld Eskom nie, is vaag en kommerwekkend.

Philip van Staden, die party se woordvoerder oor gesondheid, het gesê sulke uitsprake mislei die publiek.

“Die minister moet verduidelik hoe die NGV nie soos Eskom groot finansiële verliese gaan ly nie en hoe die regering hierdie fonds gaan bestuur sonder dat enige korrupsie kan kop uitsteek,” het Van Staden gesê.

Die minister moet kennis neem dat die polisie se mediese fonds, Polmed, reeds deur korrupsie geraak is. Van Staden het gesê R15,7 miljoen is oor ʼn tydperk van drie jaar onwettig aan die fonds se raad van trustees toegeken. Die raad het salarisverhogings aan hulself toegestaan.

“Die NVG gaan ook beskik oor ʼn raad van trustees wat opgerig gaan word onder wetgewing van die wet op die bestuur van openbare finansies. Die moontlikheid bestaan uiteraard dat hierdie raad dieselfde pad kan loop as Polmed en nie die minister óf die president kan die versekering gee dat korrupsie by die NGV nie gaan plaasvind nie,” het Van Staden gesê.

Die VF Plus sê hy glo steeds die plan is ʼn manier waarop die regering nóg belastinggeld wil bekom.

“Dit is moeilik om in te sien dat die geld nie ook eindelik in die sakke van korrupte kaders gaan beland nie. Die ANC het by herhaling gewys hy kan nie met die publiek se geld vertrou word nie.

“Indien die regering werklik besorg was oor die mediese welstand van sy landsburgers, sou hy eers gesorg het dat die bestaande staatshospitale en klinieke reggeruk en opgegradeer word alvorens hy met die NGV vorendag gekom het,” het Van Staden gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

26 Kommentare

Chris vd Westhuizen⁰ ·

Baie waar siening vertroue in regering ontbreek totaal ongeag wat hulle se

Ronnie ·

Ek het 1 vraag gaan President ,Ministers asook ander parlements lede ook onder hierdie nuwe droom sorteer?

Essie ·

Daardie uitlegging strek meer om te gebeur as wat daar n sukses met die regering se mediese skema sal word

Emma ·

Ek sien niks wat die anc ingestel het wat werk nie. So dit is een van daardie goed wat gaan opeindig soos eskom,onderwys ens

SjN ·

Bestaande werkende gesondheid sorg is in afgrond bestuur, wat gaan nou die verskil wees?

Andrea van Vuren ·

Ons land brand. Vierde industriële revolusie kom al hoe nader. Sien beriggewing oor Pretoria se brandende middestad. Siekefondse en pensioene waarvoor ons so hard gewerk het, gaan geplunder word. Medici gaan die land verlaat en ons agterlaat in die sorg van swak staatshospitale. Wié se hande was hierdie keer in die mediese spaargelde?

Rina ·

Ek stem 100 persent . ….
Hierdie minister het nie n idee waarvan hy praat nie.

Stof ·

Dit stem my tot kommer dat die kritici van die beöogde skema, die gesondheids- en geesteswerkers wat al ‘n leeftyd van dien het onder staatspasiënte het, as van swak integriteit impliseer en op hierdie wyse sommige van die werkers wat die werklike werk verrig, demotiveer. Ons verwag nie lofredes en nobelpryse nie. Ons weet egter ons is geplant om te dien waar ons is, en kan minstens die voorreg gegun word om nie alewig getreiter te word met ongegronde vooroordele nie. Die feit dat hierdie kritiek gewoonlik op openbare- sosiale media voorkom, getuig dat die kritici nie die die vertroue in hulle eie menings het, dat hulle ons direk by die proffesionele registrasie-liggame waag verkla nie.
Ongeäg enige kritiek van welke bron ookal, wil ek die staatspasiënte hier gerustel, dat ons julle na die beste van ons vermoë sal bly dien en julle welstand, altyd op die hart sal dra.

Manie van Worcester ·

Stof, die kritiek is tog nie op die mediese personeel gerig nie. Dis op die regering gerig en die patetiese bestuur van staats hospitale en klinieke. Nerens het ek nog gesien iemand kritiseer julle behalwe waar werklik nalatigheid was. Jy kan gerus wees, die regering is die vark in die verhaal

Tinus Coetzee ·

Baie staatshospitale is opgegradeer. Die probleem waarmee ons sit is om mense in diens te kry wat hulle pasiënte eerste stel. Mense gaan dood in die hospitaal gange terwyl die verpleegspersoneel gaan tee drink, because it is teatime.
Natuurlik sal daar korrupsie wees in die NGV. Noem een staatsdepartement waar daar nie korrupsie is nie.
Die minister moet eers bewys dat hulle dit sal kan doen, gradeer die hospitale op, kry mense om dit te beman wat dit as ‘n roeping sien en nie net ‘n “job” nie.
Lewer dieselfde diens in die huidige staatshospitale en buite pasiënte as was die privaat hospitale en spreekkamers lewer, dan praat ons weer. Tot dan, is die NGV net ‘n sisteem on ons verder te verarm.

Hanna Hoekom ·

Baie privaat dokters aanvaar nie meer pasiente wat aan GEMS of Polmed behoort nie. En nee, dit het niks met rassisme te doen nie. Hierdie fondse is so geplunder dat daar selde fondse beskikbaar is om die volle mediese koste van die pasient te kan dek. Nou gaan die cANCer die NGV op ons afdwing… Ek kan nie sien hoe hierdie plan enige voordeel (behalwe vir sommige speknekke) vir ons gaan inhou nie! Die fonds gaan geplunder word en die grootkoppe oorsee vir mediese behandeling gevlieg word. Dit is die rede hoekom die ministers nie oor hul gesondheidsorg bekommerd is nie. Mugabe het hulle mooi geleer! Verder wonder ek wat die impak van hierdie NGV vir toerisme gaan inhou? As daar nog privaat hospitale gaan bestaan, watter kwaliteit die behandeling gaan wees? Ek glo die meeste mediese personeel, wat nog hul sout werd is, gaan die land verlaat.

Magda ·

Kan AL die Partye nie saam met NGV nie, Hoekom moet ANC die enigste se het – Jajaja hulle is ONGELUKKIG die regerende party, maar NGV is vir al die mense, en ek stel voor dat aqlle Partye persone van hulel Partye in die NGV inkry, so sal dei ANC nie alleen se het nie, en kan Korrupsie dalk gekeer word (ja dit klink lagwekkend) maar plaas die mense eerder na n oplossing soek eerder om alles net af te kraak. NGV kan werk – dit werk oorsee- geen medies daar nie net staats medies en dit is gratis met uitstekende dienste – Kom mense werk saam ons kan dit laat werk, alle partye meot net saam n se kry en saam in hoë posisies aangestel word.

De Villiers ·

Dit help nie jy raak betrokke by ANC projekte en gee voorstelle nie. Hulle is te hardkoppig daarvoor en leer nie uit hul foute nie. KODESA is ń sprekende voorbeeld, want nadat alle aspekte bespreek en voorstelle deur alle partye gegee is en die ooreenkoms onderteken is, het hulle op die einde hulle eie koppe gevolg en hulle nie aan die verdrag gesteur nie. Jy kan verder terug gaan. Nadat Piet Retief en sy manskappe met Dingaan onderhandel het, is hulle in elk geval direk daarna vermoor. Dit help dus nie dat partye betrokke raak nie, want die ANC het in elk geval die laaste sê en stoomroller voort op hul eie manier, al is dit verkeerd.

Alida X ·

Magda die stelsel werk wel in sommige oorsese lande.
Hier is de verskil:
Die belastingbetalers is ‘n groot persentasie van die bevolking.
In SA betaal die meerderheid nie belsting nie.
Oorsee is die werkloosheid syfer nie so buitensporig hoog soos by ons nie.
Hier in SA sal die gesondheidskoek nie gedeel kan word nie, nie eens krummels vir almal nie. Verder het ondervinding ons ook geleer dat die leiers niks reg kan bestuur nie.

Anoniem ·

Maklik om te praat en te se wat ons alreeds weet: Vryheids Front: wat gaan julle as party hieraan doen maw Se vir ons hoe die Vryheids Front ons gaan help om ten alle koste die in werking stelling van NVG te stop?

Manie van Worcester ·

Jy het dan nou n artikel gelees waar hulle daarteen veg, daars nog niks defnitief om te stop, net n klomp idees.

Petrus ·

Die ANC het genoeg mag om die NGV deur die parlement te stoomrol. Daar is weinig wat die opposisie kan doen. MAAR, ons gewone mense kan iets doen. Bring die ekonomie tot stilstand.

Tersia ·

Die hospitale is vuil!!!! Gaan kyk hoe lyk Rob Fereira hospitaal. Mense dit lyk soos n vuilis drom wat nooit skoongemaak word nie. Regtig!!

Chris ·

Besef die ANC dat daar nog meer werkloses sal wees as die NVG ‘n werklikheid word. Mediese fondse gaan mense moet aflê want net die rykes sal nog die medfonds premies tesame met die bedrag wat van salarisse afgetrek word kan bekostig. Dus minder lede, minder inkomste, verhoging van premies. Hoe lank sal dit neem voor die ‘opgegradeerde’ hospitale weer in dieselfde toestand as vantevore. Dalk nuwe toerusting maar nog dieselfde mense.

n feit ·

ANC, hoekom kan mense nie vrywillig aan die sg nuwe medies behoort nie. En as jul, jul sout werd is, glo my dan sal almal vrywillig soontoe oorskuif. Ek het 2 kroniese siektes en rerig ek stel op die stadium nie belang in jou medies nie. My medies doen goed vir my. Ten minste se hul nie vir my,: Jy sal net in n koma gaan of vrek, kom volgende maand terug vir medikasie, dalk het ons dit dan. (Dit was by n staatshospitaal vir my gese. ) Dai dag het ek begin om my eie mediese fonds te betaal.

HC ·

Ons is as gehoorstremdes (Dowes) toe ons in Privaathospitaal gele het, het verpleegters baie goed met ons gesorg, kommunikeer, en voel vining gou opgelos.. En ander die gehoorstremdes wat na staathospitaal toe gegaan het, is hulle baie ongelukkig omdat Verpleegters geen geduld het om met dowes mense te kommunikeer nie, en asook hulle te lank gewag het en hulle kan nie hoor as hul hom/haar geroep het nie. Hulle is baie ongelukkig onder staathospitaal en staat verpleegters. So, as al die privaathospitaal nie meer in SA bestaan is nie, kry baie jammer vir al die gestremdes en swaklopendes mense ook bejaardes. NGV gaan nooit werk nie.

Coert mommsen ·

Die NGV plan laat mens dink aan sommige agterplaas lugvaartuie wat op Youtube te sien is. Die ooreenkoms is hier veral: die omstanders en toesighouers verwag almal chaos behalwe die loods

Hanlie ·

Die staatshospitaal hier in Polokwane is so vuil en slordig. Ek sterf eerder 10 dode voor ek daarheen sal gaan. Jy moet boonop jou eie linnegoed saam neem en die kos oneetbaar. Iemand wat ek goed geken het, let wel geken het was daar. nodeloos om te se, sy is oorlede want sy het infeksie opgedoen. Need I say more?…… NVG sal nie werk nie!!!!!

Kyk asb ·

Kyk gerus die video op YouTube van Paul Theron “Blunders Episode 153”. Dit sit alles mooi uiteen.

Andrea van Vuren ·

Raak van die gif in regering ontslae. Ace, David en Julius. Daar is te veel om te noem. Wat gaan gebeur as een van hulle ernstig mediese hulp nodig het? Hulle sal die beste hospitale besoek en ons arm belastingbetalers gaan weereens betaal. Dis wat gaan gebeur onder die nuwe NGV!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.