[Video] Boere peper Zuma met vrae

'n Skermskoot uit die video.

‘n Skermskoot uit die video.

President Jacob Zuma moes behoorlik bontstaan toe hy die naweek met boere in die Vrystaat en Noord-Kaap vergader het.

Die landbougemeenskap het hom met vrae gepeper oor dié bedryf, wat alles ingesluit het van die droogte tot landelike veiligheid.

Die insetsel is deur eNuus vervaardig. Kyk eNuus elke aand om 19:00 op kanaal 144 en 145 op DStv.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

23 Kommentare

Lida ·

Ek weet nie hoekom mense nog die moeite doen om met bennie boekwurm te praat nie. Hy lieg soos altyd en doen niks.

Will i am ·

En hy gee nie antwoorde nie. Weet seker nie wat om te sê. Iemand moet mos eers vir hom skryf in groot letters

Lance ·

Die boere betaal belasting en gee ook nogal redelik baie werk ….wat kry hulle in ruil ….geen veiligheid , n vertrapte kultuur, n vertrapte taal en moet ons almal heeltyd hoor watse slegte rasiste ons is en hoe ons die grond gesteel het …kry nie eers n pension of enige versorging met aftrede van die staat nie …dit terwyl die wat brand afbreek en moor n pension en medies kry …mis ek iets want dis net so verkeerd …dan vra hy nog vir die boere se stem …wat n joke is die anc nie !

Ekwilibrium ·

Ware woorde, Lance. Die ruggraat van oorlewing vir almal in ons land kry nooit die erkenning wat hulle toekom nie. Dan word die boere nog vermoor en afgekraak; hoe kon/kan dit so lank gedweë deur die wêreld aanvaar word?

Theresa ·

Die lyftaal op foto hierbo sê als. Nie ‘n lawwe laggie of dansie iewers heen nie. Ware vrae, afwagtend op ware, opregte antwoorde. Helaas. Seker ook nie regtig bekommerd oor die paar honderdduisend stemme wat van dié kant af gewerf kan word nie. Net ‘n show.

Penellope Jones ·

Ag tog, die mens absoluut geen idee waaroor alles gaan nie.

m ·

Asof hierdie siel in elkgeval gepla is oor die boere se wel en wee. Moes seker ma luister dat dit net so bietjie lyk asof die ANC omgee.

Amanda Joubert ·

Ek lees die berig en ek weet nie of ek moet lag of huil nie. Ons boer word vertrap deur die ANC en dit is half of hulle afgepers word. Stem vir die ANC dan sal on omsien na julle. Wat ‘n grap = lee beloftes en hoe moet ons iemand glo wat verkondig die wit man steel grond.

Chrisjan ·

Hoe op aarde het ons dit togelaat? Hoe is dit moontlik dat so ‘n patteet in beheer kan wees? Hoe het dit gebeur? Hoe gaan ons dit eendag aan ons nageslag verduidelik?

Lida ·

Chrisjan ons kan van hierdie gek ontslae raak deur vir n party te stem wat n 98% kans het en dit is die DA. Maimane is immers geleerd en praat uit die vuis uit vir 20 minute aaneen. Hierdie pateet kan nie eers lees of skryf nie. SKANDELIK

chrisp ·

Ja Lida Musi en kie is so beindruk met die ANC hulle het sommer hulle beleid gekaap.
Hoekom verander julle nie net die leiers in die ANC nie.Dit is mos al wat fout is anders sal die DA immers hulle eie beleid dra en nie die ANC sin nie?

Stem dus ANC Lida en maak ‘n verskil in die A span kry net ‘n ander Leier Zuma is mos die probleem en nie die beleid nie. Waarom vir die B span stem?

Ai tog.

chrisp ·

Lida.

Verduidelik asb jou 98% wat bloot wensdenkery is asb?
Ek se weer stem ANC en verander net die leiers . Die DA het die ANC beleid gekaap.
Dws daar is volgens DA stemmers niks fout met die ANC beleid nie, gaan maak ‘n verskil in die ANC. Tenminste is dit eerlik en nie diefstal nie.

Indien jy egter nie met BEE,grondhervorming,afskaffing van afrikaans ,plaasmoorde ens saamstem nie gaan soek ‘n ander party as ANC,DA,EFF en andere

Gaan speel vir die A span(ANC) tenminste weet ons waarvoor julle dan staan.

Theuns ·

#Bog, Zuma is nie gepeper met vrae nie. Die vrae wat gevra is is op n kruiperige manier gedoen en in n baie bedeesde manier. Zuma se lyftaal het alles gese! Hoe dink julle sou Malema dit gedoen het? Die boere het ‘n gulde geleentheid laat verbygaan maar in stede gee hulle hom nog ‘n brekfis ook?

Lida ·

Die 98% is n raaiskoot. Hoe anders dink julle gaan ons van die ANC ontslae raak behalwe by die stembus?

Jan maak n plan ·

Volgens die foto bo aan die rubriek lyk dit eintlik meer van – “the day after the night before”. Hy lyk of hy een helse babbalas het.

Annemie ·

Nie verbaas oor die kruiperige houding nie. Het dit al meer male gesien. Die kruiperige onderdanigheid van boere van wie jy dit nie verwag nie. Dink seker die ou Sal hul terwille wees en Sal weer kan aangaan om geldjies te maak met vele opstalle Wat nog geen veiligheidsheinings het nie en waar daar selfs nog geen van paraatheid is nie.

Izzy ·

Lida,
Ek hoop regtig nie (vir jou part) dat jy blank, Afrikaans of ‘n Christen is nie…..want jou DA party waarvoor jy stem bedrieg jou liederlik. Jou , asook jou kinders en klein kinders, se lewens word geraak deur besluite wat nou geneem word….so DINK asb mooi!

Annemie ·

En kyk hoe lyk die sg. pres aangetrek. Dit bevestig sy gesindheid teenoor die boere. n verleentheid
vir beskaafdheid en die land. Hy, sit, le hang so met verveeldheid op sy gesig om aandie boere te demonstreer Wat HY van hul dink. Doelbewis skep HY die traak. my. nie. agtige lyftaal.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.