Video: Eben Etzebeth se verloofde sing volkslied vir sy 100ste wedstryd

Eben Etzebeth kon sy 100ste wedstryd vir Suid-Afrika met ’n reeksoorwinning teen Wallis vier. Foto: Hansie Linde.

Die rugbyskare op die rugbystadion in Kaapstad se harte was Saterdag geroer toe Eben Etzebeth se verloofde die volkslied vir sy 100ste wedstryd gesing het.

Hoewel dit reeds ʼn spesiale oomblik vir Etzebeth was om vir sy 100ste wedstryd in sy Springboktrui op die veld te draf, was dit die kersie op die koek toe dié Springbokslot se verloofde, Anlia van Rensburg, in haar beigekleurige rok op die veld met ʼn mikrofoon verskyn het.

Dit was ʼn hoendervleis-oomblik toe hierdie bekende sangeres en Getroud met rugby-aktrise met haar sterk stem die stadion gevul en Etzebeth natuurlik breëbors saamgesing het.

Etzebeth en Van Rensburg het in Maart vanjaar verloof geraak.

Etzebeth is die sewende Springbok wat 100 toetswedstryde vir sy land uitgedraf het, en hy het ʼn massiewe vertoning gelewer om sy span te help om Wallis met 30-14 te wen. Die Springbokke het met hierdie wedstryd die reeks ook met 2-1 beklink.

Die skare van sowat 51 000 mense het in die tweede helfte van die wedstryd vir Etzebeth ʼn staande toejuiging gegee terwyl diegene op die Bok-bank hom omhels het.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Trotse Boervrou ·

Eben, BAIE geluk met die groot 100. So trots op jou. Jy is voorwaar ‘n yster en laat ons Suid-Afrikaners se harte warm klop! Dan, buiten dat Anlia pragtig is het sy die Stem so mooi gesing. Watter voorreg dat sy dit kon sing op jou 100ste toetswedstryd. Julle is voorwaar twee pragtige mense!

JohanR ·

Nou wil ek weet? Was dit ‘n verassing vir Eben ook, of het geweet dat Anlia gaan die volkslied sing? Maar lekker oomblik in alle geval. Nie elke dag dat jou aanstaande voor soe skare sing vir ‘n 100 nie!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.