Video: Emfuleni-raadsaal geplunder oor onbetaalde salarisse

[Foto: Verskaf]

Chaos het Woensdag in ʼn raadsaal van die Emfuleni-munisipaliteit in Gauteng uitgebreek nadat 2 243 munisipale werkers en 90 raadslede nie hul salarisse vir die maand ontvang het nie.

Werkers is woedend nadat hul salarisse vir Desember ook omtrent ʼn week laat betaal is.

Die Emfuleni-munisipaliteit bedien onder meer Vanderbijlpark en Vereeniging.

Volgens Gerda Senekal, VF Plus-raadslid, het sowat 400 woedende munisipale werkers en lede van die munisipalewerkersvakbond Samwu omstreeks 09:00 by die raadsaal in Vanderbijlpark opgedaag.

Daar was reeds raadslede in die saal vir ʼn vergadering wat om 10:00 sou begin.

[Foto: Verskaf]

“Van die munisipale werkers en lede van Samwu het glo by die saal ingebars en ANC-raadslede gekonfronteer oor die salarisse wat nie betaal is nie,” sê Senekal.

“Dit het uitgeloop op ʼn onderonsie en die partye het hardhandig geraak. Al die raadslede is by die nooduitgang uit begelei. Een van die lyfwagte se kop is in die proses oopgesny.”

Munisipale werkers en Samwu-lede het daarna glo begin om die saal om te keer deur stoele, tafels en ander eiendom te breek.

“Staaltafels, stoele en spieëls was in stukke en naamplaatjies is verwoes. Die deure van die raadsaal wat sowat 80 jaar oud is, is uit hul skarniere gebreek.”

Volgens Senekal was die burgemeester nie tydens die voorval teenwoordig nie.

[Foto: Verskaf]

[Foto: Verskaf]

Die VF Plus veroordeel die voorval en sê die betogers se gedrag is onaanvaarbaar.

“Wie gaan aanspreeklikheid aanvaar om die eiendom wat beskadig is te vervang?”

Volgens Dennis Ryder, die DA se Vaal-streekvoorsitter, is die rede vir die munisipaliteit se onvermoë om sy mees basiese finansiële verpligtinge na te kom, die beslaglegging van eiendom deur Eskom na aanleiding van ʼn hofbevel.

Die balju het op 1 Desember beslag gelê op verskeie van die munisipaliteit se voertuie nadat Eskom ʼn hofbevel bekom het om uitstaande skuld van R1,3 miljard te verhaal. Eskom het in November die hofbevel deur die Pretoriase hooggeregshof bekom.

Die munisipaliteit is tans R5,3 miljard aan Eskom verskuldig ten spyte van verskeie stappe deur Eskom sedert 2018 om dié skuld te verhaal.

“Die Emfuleni-munisipaliteit is bankrot en het geen finansiële middele om sy grondwetlike verpligtinge na te kom nie,” sê Ryder.

[Foto: Verskaf]

In ʼn voorval wat Dinsdag plaasgevind het, moes die naburige Midvaal-munisipaliteit se brandweer inspring om ʼn brand in Unitaspark in Vereeniging te blus nadat Emfuleni se brandweer nie daarop kon reageer omdat hul brandweervoertuig glo geen diesel gehad het nie.

Die munisipaliteit is reeds sedert 2018 onder administrasie vir sy toenemende besteding en onreëlmatige uitgawes van meer as R1 miljard.

Die administratiewe ingryping is verlede jaar deur die destydse LUR vir samewerkende regering in Gauteng, Lebogang Maile, opgehef.

ActionSA het vroeër gesê die munisipaliteit se finansiële situasie het al ʼn punt bereik waar inwoners en sakelui betalings aan die munisipaliteit staak weens die owerheid se versuim om dienste te lewer – en inwoners skuld die munisipaliteit al nagenoeg R8 miljard.

Die party het die departement van samewerkende regering en tradisionele sake (Cogta) daarom verlede maand genader om die munisipaliteit se raad onverwyld te ontbind en ʼn administrateur aan te stel.

Maroela Media het die munisipaliteit se woordvoerder genader vir kommentaar. Hy is tans met verlof en kon geen kommentaar lewer nie.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

24 Kommentare

Ditsim ·

Hulle moet maar gewoond raak daar aan om nie geld te kry of dit laat te kry. Ek dink dit begin nou in te sink dat die geld klaar is.

Simoné ·

Hulle sal net weer vir die ANC stem, so hulle sal moet gewoond raak aan dit.

Surfer ·

90% le in elk geval by die huis en dring net aan op n salaris. Viva, free for all.

Perdeby ·

Nou is mos hulle kans om al die skade te bepaal en dit dan van elkeen se salaris te verhaal.

Moedeloos ·

Daar word dan geen salaris betaal nie so hoe gaan hul dit verhaal kry.. Die Unie sal maar pa moet staan vir sy lede se gedrag

muffin ·

hoe lag ek nou en dit is rerig simpel om goedes rond te gooi en dit steur die narra niks. . beste keuse moet nie weer hulle narra stem nie.

Moedeloos ·

Ky dit is nie nodig om so babaars tekere te gaan nie maar as ek heel maand gewerk het verwag ook my salaris. Dit is nie die amptenare se skuld dat die Raad nie bevoeg is om sy finansiele pligte na te kom nie. Skors die skuldige in die hoë stoele , sonder vergoeding

anko ·

Blykbaar is daar steeds ‘n klomp wat nog by die huise sit en salarisse verdien. Betaal die wie regtig by die werk is.

Kokerboom ·

Dit gee die boewe NIE die reg om eiendom te vernietig waarvoor hul nie ‘n sent bygedra het. Eerste wêreld nie vir die mense! As hul vir produktiwiteit betaal moet word kry hul nie ‘n sent.
Vraag bly: Hoekom was SAP nie daar? Die vernietigingspoor is mos al ‘n ou bekende faktor!

skurweberg ·

‘n Mentaliteit wat nie met die mediese wetenskap gesond gemaak sal word nie. Daar is ook nie iets soos her-opvoeding nie. ‘n Sambok met liggaamlike pyn kan mootlik help as hulle gevang word.

Stephen ·

Voor hierdie gespuis aan bewind was het die Munisipale Raadslede bestaan uit gewone mense wat elders vir n salaris gewerk het. Hulle het hulle vrye tyd sonder vergoeding opgeoffer en saans vergader. Hulle kon slegs n klere toelaag eis by die Mun.
Hier is die ding: Alles het gewerk. Almal het betaal en daar was orde. Geen betogings of beskadiging van eiendom nie.

MariavR ·

Ek stem saam met jou. Dis vandat politieke partye die Raad oorgeneem het, dat dit so gaan. En die ander stok in die wiel is die Vakbonde. En ons weet wie se briljante idee vakbonde is!

tequilasheila ·

Ja so van “slim” sy baas… tenders, bedrog ens. Payback is a …..

Yvonne ·

Hierdie gedrag kan ons voor die ANC regering se deur kom le……alles maar alles waaraan hulle raak is n gemors…..hoe bitter tragies

trotsNAMSA ·

Ai, ai ! SA’ners sal nooit leer nie. Plunder, breek af is tweede natuur in SA. Buurstate lag en maak grappies oor SA’ners. Viva SA !

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.