Video: Facebook-gebruikers ontstoke oor bedelaar se vernedering

Die bedelaar luister verslae hoe die motoris hom inklim. Skermskoot: Facebook

“Dié video het my regtig ontstel. Armoede het geen kleur nie. Hoe kan jy iemand so in die verleentheid stel en dan goed voel oor jouself?”

Dis maar een van amper 1 000 ontstelde reaksies op ʼn video wat die afgelope week in die sosiale media gedeel is van ʼn motoris wat ʼn bedelaar tart nadat dié hom R2 vir brood gevra het.

In die video wat die Facebook-groep South Africa Uncut gedeel het, kan gehoor word hoe die motoris – wat blykbaar die video geneem het, maar homself nie afneem nie – die middeljarige bedelaar vra: “My ou, waar was jy toe wit mense swart mense se goed gevat het?”

Blykbaar verstaan die bedelaar nie die motoris se vraag nie. “Ek … ek bly hier rond in die dorp,” antwoord hy.

Wit mense is moordenaars, my ou.

“My ou,” hou die motoris vol, “daar is ʼn miljoen swart mense wat sukkel op straat. Vir my om jou R2 te gee, moet ek die laaste mens op aarde wees, of jy moet ʼn geweer teen my kop hou. Wit mense is moordenaars, my ou. Julle het ons voorvaders doodgemaak. Julle is onwettig hier en dan wil jy nog hê ek moet jou R2 gee.”

Die motoris laat dit nie daar nie. “My ou. Ek voel ek word geminag. Ek sit lekker hier … op die strand, by die see en ontspan, en jy kom hier om my te hinder. Hoekom doen jy dit, my broer?”

Die bedelaar haal sy skouers op. “Ek is honger.”

Wat van al die swart mense wat vassit in plakkershutte.

“Jy is honger? Wat van al die swart mense wat vassit in plakkershutte. Hulle is óók honger. Wat van hulle?”

Die bedelaar antwoord iets moeilik hoorbaar wat daarop neerkom dat die motoris hulle kan help soos hy vra dat hy hom help.

“Hoe kan ʼn mens mense help wat jou hele generasie doodgemaak en jou mense tot slawe gemaak het?” vra die motoris. “Dis verkeerd. Ek is ʼn baie gawe ou, maar my voorvaders sal my doodmaak as ek ʼn wit ou R2 moet gee. Geen kwade gevoelens nie, my broer. Jy moet ʼn lieflike dag hê, nè.”

Sosialemediagebruikers van alle rasse veroordeel die motoris se optrede. “Dié ou moet daai vrae aan regte rassiste vra,” skryf een gebruiker, “nie aan daai man nie.”

Nog een waarsku die motoris: “Het jy al van Job in die Bybel gehoor? Hy het alles gehad, maar die Here het dit alles weggevat. Wees versigtig, my maat.”

Ons sal dié rasseding oorwin en dan sal ons as een ras kan leef, die menseras.

“Dit het my in ʼn groot verleentheid by my wit vriende gestel,” skryf ʼn jong man, waarop iemand hom moed in praat: “Ons sal dié rasseding oorwin en dan sal ons as een ras kan leef, die menseras. God het ons almal geskep.”

“Armoede word nie gevra nie,” skryf ʼn vroulike gebruiker in Afrikaans. “Rykdom kan vinnig verdwyn. Hoop jy het vir jou skatte in die hemel bymekaargemaak. God sê jy moet jou naaste lief hê soos jouself.”

This is what i simply cannot understand…listen to the conversation and the statements in it and then explain to us: How is the white guy the racist?

Posted by South Africa Uncut on Saturday, 19 January 2019

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

147 Kommentare

jongste oudste gewildste
Henk

Nou waar is die swart rassiste van die eff, blf, anc en wie nog wat skole aanval en skoolkinders intimideer en wit onderwysers skors oor n foto wat in die klas geneem is? Wat geboue afbrand omdat n wit man iewers iets gese het oor n swart man? Waarom toi toi hulle nie nou oor hulle broer se haatspraak nie?

Daai man.

Saam baie mense op Twitter het gevra wie is die bedelaar, ons wil hom help. Kon hulle al die arme ou kry?

Johan

Dit is uiters onrusbarend dat dit nou polities korrek is om witmense voor te hou as diewe en moordenaars.
Die mense wat rassehaat aanwakker is veragtelike rassiste wat heel waarskynlik minderwaardige voel om een of ander duistere rede. Of hulle denke is negatief beïnvloed en hulle kan en wil dus nie dinge in perspektief sien nie.

Skaam vir myself

Ek ek? Nou sal mense vra, maar jy tik dan hier, dan wil ek hul antwoord, dis die laaste wat ek van ‘n droom oor het.

Stormjaars

Dit is nou een groot rassis.