ʼn Kat en haar kleintjie is Donderdag van ʼn gewisse waterdood gered nadat hulle in dreigende reënweer uit ʼn stormwaterpyp gered is waarin hulle ure lank vasgekeer was.
Volgens Chris Botha, woordvoerder van Netcare 911, het die voorval by ʼn huis in Phoenix, naby Umhlanga, plaasgevind. Paramedici is ontbied nadat die kat en haar kleintjie vroegoggend in die pyp beland het en nie weer kon uitkom nie.
“Shaun Paul, ʼn paramedikus van Netcare 911, was eerste op die toneel,” het Botha gesê. “Hy het besef die reddingspoging gaan lank en baie tegnies wees en met reën wat vir die aand voorspel is, het hy hulp van twee reddingspesialiste ontbied.”
Quinten Power van Specialised Rescue Unit en Chris Williams van Rescue Tech, het Paul bygestaan en ʼn plan beraam. “Die trio het ʼn spesiale kamera in die pyp geplaas om te bepaal waar die katte is. Hulle het ʼn sloot gegrawe om by die pyp, twee meter onder die grond, uit te kom, waarna dit met ʼn hoekslyper oopgesny is.”
Reddingswerkers kon na vier ure se werk by die kat en haar kleintjie uitkom en hulle na veiligheid bring. Die katte, wat vir 15 uur vasgekeer was, is hierna veilig aan hul dankbare eienaar oorhandig.
Goed om te sien daar is nog mense wat omgee!!
Ag shamepies.
Bly om te sien mense gee om vir die “luppertjies”. 8 van 9 lewens oor hehe!.
Dankie!
JC, help die Tannie asb, wat is “luppertjies”?
Hi Uvonka, dit is my spesiale benaming vir katjies hehehe! Jammer vir die verwarring…
Ek en my broer gebruik al van kleins af die eienaardige woordjie vir die oulike goedjies.
Hulle is ons lewe!!
Maggentaggentag! Dit is manne soos julle wat my oorweldig met emosie, en wat my laat glo dat die mensdom nog omgee.
Dankie manne, julle het n wonderlike ding gedoen. Mag julle Geseend wees.
Ag sweet ek “luv” kitties en is sooo bly hulle kon gered word. Dankie Manne!!!!!
Baie dankie julle!! Dis awesome om sulke goed te lees.
Dankie mense vir julle hulp met hierdie redding.
Ag my liefiepootjies!! Dankie, ware manne, jul verdien n lekker melktert elk!
Shaun, Quinten & Chris ,ons sê dankie.
Ek saluut julle ??
Maak mens se hartjie so lekker warm of dit te lees. In `n wêreld vol haat en dood en alles vieslik, is dit lekker om sulke goed te lees. Mense wat nog werklikwaar omgee. Julle is amazing en gee mens nuwe hoop vir die dag. Julle wys daar is nog goeie mense daar buite mense wat omgee en wat help.
How fantastic. Thanks guys for saving these precious cats.
Julle manne verdien ‘n Medalje.
Ek is so trots op julle.
Dankie dat daar nog mense soos julle is wat omgee vir diere.
Beste nuus vir die maand!!!
Baie dankie aan die manne!!!
Julle is ware manne!
Wat? Vir katte? Sou dit nie net makliker gewees het om hulle vanka(n)t te maak nie?
Nee liewe genade Swartkat, waar val jy uit? Sies vir jou!!!!!