Video: Ontwrigting van UK-eksamens lei tot inhegtenisneming

‘n Skermskoot uit die video

ʼn Persoon is in hegtenis geneem nadat eksamens Maandag by die Universiteit van Kaapstad (UK) ontwrig is.

In ʼn video van die voorval wat wyd versprei word, kan gesien word hoe betogers by ʼn eksamenlokaal inbars en studente se vraestelle van hul tafels af vee of dit gryp en op die vloer gooi.

Volgens prof. Sue Harrison, waarnemende visekanselier, is sake van onregmatige betreding en kwaadwillige saakbeskadiging ná Maandag se gebeure by die polisie aanhangig gemaak en is een persoon dieselfde middag in verband met die voorval in hegtenis geneem.

Die betogers is volgens Harrison nie werknemers of studente van die universiteit nie. “Die UK veroordeel hierdie optrede ten sterkste aangesien dit ʼn inbreuk is op die regte van studente om hul halfjaareksamen in ʼn gunstige omgewing af te lê.”

Vraestelle is ook tydens die voorval opgeskeur. “Hierdie vorm van ontwrigting is geen wettige protes nie. Omvattende ondersteuning word aan die geraakte studente gebied en die studente wie se eksamens ontwrig is, sal ingelig word van tye wanneer hulle die eksamen sal kan aflê.”

Die universiteit het die polisie intussen gevra om ʼn wakende oog te hou. Volgens Harrison sal hul veiligheidsdienste ook op die uitkyk wees vir enige oortreders wat met ʼn kwade bedoeling op die kampus probeer kom.

“Die omvang van die stres en pyn van Maandag se optrede is diep ontstellend vir ons almal. Die gedrag wat Maandag getoon is, is nie gepas vir ʼn universiteitsomgewing nie.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

49 Kommentare

Twallie ·

Daar moet tog ‘n rede wees wat kan lei tot wie verantwoordelik is? Sekuriteit staan net daar en ginnegaap.

Hoekom word dit stil gehou?

Maar nou ja, so gaan dit in die Banana Republic.

Herms ·

‘n Persoon is in hegtenis geneem. Daar was nie net een persoon nie…

Chantel ·

Ek sal wragtig maar my woorde hier vir myself hou!!!!!!! Maar hoe pateties is hierdie optrede nie. OMDAT …

PieterJ ·

Ons weet mos almal al laaaankal om niks beter van daai tipe “studente” te verwag nie.

kaplyn ·

OMDAT….. Misdadigers meer regte het as wetgehoorsame burgers (met wapens, op kampus, in enige opebare plek, ens. in hierdie mislukte staat)

piet ·

Net so pateties is dat die mansstudente en ander mans net daar sit en staan en niks doen om die mannetjie reg te sien nie. Hoekom gebeur sulke gevalle nie as ek teenwoordig is nie, eish.

annie ·

Wie se pyn was die ergste? Die waar-nemende vise-rektor s’n, sekerlik. Hoe het die boosdoeners geweet van die eksamen op daai tydstip? Hmmm…. Uiteindelik is een laaaater gevang. Hartverskeurend! Besef julle nie dat die ingrypers ook human rights het nie? Skryf maar weer oor. Dalk het boetie nou tyd gehad om bietjie te swot. Soveel stres en pain… Na so baie wyn…

H.A. ·

Wetteloosheid het SA oorgevat, ons wag nou net vir REVOLUSIE. Dit GAAN KOM.

Vossie ·

Niks is ooit genoeg vir die lot nie. Die reg om te studeer en eksamen te skryf moet beskerm word. Hierdie is ontoelaatbaar.

JohanEtz ·

Pateties, ek kon in die vroeë 80’s nie, sonder my studentekaart, toegang deur Kovsie hekke kry, sonder my geldige studentekaart nie! Alles gaan vir ñ pot…..!

Misky ·

Indien hulle nie studente verbonde aan UK is nie, hoe het hulle in die eerste plek toegang verkry? En die sekuriteit staan en kyk….. Sekeres hoort nie in die samelewing nie.

ABDP ·

Om by enige kampus in te gaan moet jy ‘n studente kaart toon. Eksamen lokale is nie op straat nie, so hoe het hierdie twee mans ingekom om tot by die eksamenlokaal uit te kom. Dit maak nie sin nie. Maar absoluut onaanvaarbare gedrag!

Suzette ·

Dit is skrikwekkend om te sien hoe ‘n land wat voorheen oppad was na goeie ontwikkeling en vooruitgang verwoes is tot wat dit nou is. Dit is soos ‘n plaag wat oor die land gekom het en alles lamlê en vernietig.

Miena ·

Ek moes nou terugaan en 3x kyk – Ja ek sien ook die EFFen rooi hemp!

Jakkie ·

Dit is ‘n skande, maar as dit in jare teruggebeur het, is ek seker daarvan die studente sou nie net stil sit en kyk hoe ‘n paar moelikheidmakers amok maak nie

Diets ·

Deesdae het kriminele met die regte pigmentasie meer regte as die wetsgehoorsame burger met die verkeerde pigmentasie. Need I say more?

Geert ·

Ons is ver verby gatvol. Die slap optrede van die owerhede is n obsolute bewys van totale onbevoegdheid. Wat het geword van oordentlike mense se regte.

Elma ·

Dit wat ek wil sê sal voor die handliggende rassisme wees. Ek is eerlikwaar verstom. Dis nie eers studente nie! Wat het buitestaanders te doen met univ eksamens. Breek my brein.

Hans ·

Wat n skande.Hierdie tonele ontmoedig buitelandse toeriste om ons land te besoek

Alfred E Neuman ·

Devolusie in proses. Die strewe na barbarisme goed op dreef.

Nierkie ·

Hoekom het die kampus sekuriteit nie die tonfas laat sing op die oortreders nie?

Samuel ·

Hoe pateties. Wat beteken die sogenaamde sekuriteitsbeamptes? Dit die UK die polisie gaan hulle daaraan steur??

Die ontwrigters kan nie mense genoem word nie.

Kobus ·

Kyk net die arrogansie. Van hulle dra nie eens maskers nie. Wys net weereens dat niemand meer die reg respekteer nie. Wonder of al die studente organisasies en die MRK steeds so vasgevang is met die US insident dat hulle hierdie skending van menseregte nie ernstig opneem nie. Indien die boewe uit eie geledere gekom het sou die MRK reeds gal gebraak het. Nou is daar oordowerende stilte. Ook die EFF is sprakeloos.

Suid-Afrika Eerste - Vrydenker Vlakvark ·

Nou vra ek myself die volgende vraag” Waarom staan die studente nie op en saam en vetter die kriminele nie? Apatiese slapstert studentegemeenskap?

piet ·

En die mansstudente sit en doen niks. Ek sou opgestaan het en die ou gewaks het so waar as wragtig.

Toy ·

Swak tipe mens wat so iets doen, hulle is nie bereid om iewers te kom in die lewe en iets positiefs te doen, nou moet hulle gaan en studente wat iets van hulle lewe wil maak gaan viktimiseer.

Jr ·

Aagh asb US, sekuriteit sal bewaak. Jou sekuriteit het soos staanbeelde gestaan en sweet fanny adams gedoen. As dit ek was het ek daai ding in die geel hoodie tot in die volgende eeu geklap. Idiot

RS ·

‘n Persoon? Dis duidelik dat dit n spul mense is wat moeilikheid maak. Hoekom word hulle nie ook selle toe gevat nie.

T-Man ·

Gebeur maar as n dwaas almal wil dwase maak, die lewe en studies is te moeilik vir die EFF so breuk en keur ander om iets van hulleself te maak. Swak slegte mense

Di ·

Die SPUL is weer daarheen gestuur om ontwrigting en chaos te veroorsaak! Ek kan net aan een groep dink wat hierdie tipe dinge telkemale uitoefen, die EFF. Hulle het GEEN respek vir niemand en NIKS in die land. Neem ALMAL wat hieraan deel geneem het in hegtenis!

KAIROS ·

Ek wil net vra vir almal wat kommentaar oor sekuriteit wat nie betrokke raak nie. Die arme sekuriteit sector en public, mag niks doen nie. Sodra jy jou hand opsteek of betrokke raak, word jy aangekla of beskuldig van iets.

Die kwaaddoenners moet almal inhegtenis geneem word en swaar beboet word. Beter hanteering van klein oortredings, sal lei tot minder waaghalsige oortredings. Wanneer almal (jy ook Tannie Sonet en Oom Pieter) kan weg beweeg van ras beheptheid, sal ons regstelsel ook beter kan vaar. Tans word alles net toegesmeer met Apartheid sondes en rasse diskrimminasie.

Die land kort sy Burgers om weer saam te staan. Ex Unitate vires – mag dit al wees wat oorbly onder die wat hulself landgenote noem.

domheks ·

Banggat studente! Hulle kon ten minste IETS probeer doen het om die ongeskikte goed te keer.

Pieter ·

Hou op hierdei nonsens vat, anders gaan dit aanhou. Veg vuur met vuur
Nadat hy daai eerste vraestel van die tafel af gegooi het, moes hy bloedneus gekry het

Mariana ·

Dit lyk of hy op ‘n missie is. Waar kom sy opdragte vandaan, al die hoekoms en waaroms sal seker met tyd beantwoord word of dalk ook net verdwyn. Patetiese spul.

Swerwer ·

Tipies almal staan en kyk hoe die ANC Kader alles omvergooi en niemand is bereid om ‘n vinger te lig om die gespuis daar uit te kry nie. As die Sekuriteitswagte en studente teen daardie kolomp opgestaan het sou jul sien hoe vinnig vlug hul. Kom altyd in hordes, baie braaf maar sodra daar teen hul opgetree word vat hul die hasepad.

Eden ·

Gewoonlik is daar betogings en breekskade in eksamen tyd. Dis mos maar realiteit in die “nuwe” Suid-Afrika want die mense hou nie van eksamen skryf nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.