Video: Rustenburg: “Daar is nie meer kos en klere nie”

Die video volg onderaan die berig.

Die video volg onderaan die berig.

Die gevolge van die voortslepende Amcu-staking in die platinummynbedryf kring al wyer uit.

Die hele Rustenburg-omgewing is onder geweldige ekonomiese druk en humanitêre organisasies gryp nou in om inwoners se honger te stil.

Die insetsel is deur eNuus vervaardig. Kyk eNuus elke aand om 19:00 op kanaal 144 en 145 op DStv.

Mense wat Staan Saam Rustenburg wil ondersteun, kan Naomi Pasino by 014 537 2960 skakel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

7 Kommentare

jongste oudste gewildste
alet

N Mense is nie snaaks nie die stakende mynwerkers het werk hoekom gaan hulle nie terug .Nou moet ander spring en die land se President. Doen niks om dinge te verbeter.Gee die kos vir arm mense wat nie werk het en nie kan kry vie.julle versterk hulle in hulle kwaad hoe meer julle gee hoe minder het hulle nodig om te gaan werk

Kwagga

Alet dalk moet dit so sleg met jou gaan dan sal jy dinge beter verstaan!

Annelize

Alet het duidelik geen benul van wat aangaan nie! KOM BY!

Wilma

Middag Alet. Die probleem wat veroorsaak is, is dat die werkers wat nie mag staak nie op geforseerde verlof gesit is al in die einde van Januarie. Die mense het net n gedeelte van hul salarisse of niks van hul salarisse ontvang. Bv. My seun het nou vir die 4 de maand geen salaris ontvang nie. Hy mag nie staak nie, hy het geteken op sy kontrak dat hy nooit sal staak nie anders kan hul hom afbetaal. Nou vra ek jou wat doen n mens vir jou gesin as jy al vir die 4de maand geen salaris ontvang het… Lees meer »

Retha

Die mense wat in Rustenburg woon wat direk deur stakings geraak word kry swaar, baie swaar. Hierdie staking kring ver en wyd uit. Dit raak nou nie net meer die myne nie, selfs diegene van ons wat vir werkgewers in die hoogste beroepe werk kom dit agter. Rustenburg bloei dood en ou gevestigde besighede maak toe. Daardie mense se werknemers sit sonder inkomste, hul moet weer hul huiswerkers ens huis toe stuur. Mense is honger en desperaat, die pandjieswinkels wil selfs nie meer goedere aankoop nie. Maar die werkers wat staak sien nie in dat hul behalwe hul eie kele… Lees meer »