Video: Steve Hofmeyr gesels op die man af oor MSC, uitlatings

Steve Hofmeyr gesels prontuit in Maroela Media se ateljee. (Foto: Jhua-Nine Wyrley-Birch)

Die afgelope dekade was daar gereeld ʼn aanslag teen Steve Hofmeyr se loopbaan. Of dit nou die Vryfees, die Klein Karoo Nasionale Kunstefees, die Innibos-fees of die Taalmonument is, hy word maklik geweier om by die grootste verhoë in die land op te tree.

Tog was hy steeds onkant betrap deur die onlangse MSC-debakel nadat hy besluit het om nié in Februarie sy voete aan boord die MSC Sinfonia-plesierboot te sit nie.

Só vertel Steve in ʼn video-onderhoud met Maroela Media en raak ook vir die eerste keer in meer as ʼn dekade openhartig aan allerhande kwessies wat sy loopbaan raak.

“Die rede hoekom ek dit lanklaas gedoen het, is omdat ek geen hoofstroommedia vertrou nie. Hulle is nie aan jou kant nie. So, die afgelope tien, twaalf jaar sê ek net, nee dankie.”

Steve sou vanaf 20 tot 25 Februarie deel gewees het van Lefra-produksies se Kappityt-fees saam met kunstenaars soos Jan Jan Jan en Ouderdoos.

Sy besluit om nie die bootreis mee te maak nie, het gevolg ná sy kontrak gewysig is omdat Johan (Sloet) de Villiers, stigter van die organisasie African-European Indaba, glo die bestuur van die MSC van Steve se omstrede uitsprake bewus gemaak het.

Steve verskyn op 31 Julie vanjaar ook in die hof in Gqeberha (Port Elizabeth) weens beweerde omstrede uitlatings wat hy teenoor die LGBTQ+-gemeenskap op Twitter gemaak het.

De Villiers, wat in Amsterdam, Nederland, woon, het al tevore verskeie van Steve se Europese optredes gekelder.

Steve benadruk dat hy nie van die Kappityt-fees se bootreis tussen Kaapstad en Namibië “geskop” is nie.

Die kontrak het tot so ʼn mate bly verander dat hy oplaas besluit het om dit nie te onderteken nie, het hy gesê.

Steve Hofmeyr. (Foto: Jhua-Nine Wyrley-Birch)

Dit het begin met oproepe van die bestuur by MSC in Europa na Suid-Afrika, en daarna na die agent wat Steve bespreek het. “Hy doen dit al vir jare en ek maak al daai skepe al vir twee, drie dekades vol.

“Skielik het hulle begin sê dat ek nie op die boot kan sing nie, maar ek kon as passasier saam met die boot reis en in Walvisbaai afklim en sing. Op die einde van die dag het die voorwaardes te veel verander.

“Ek het nie ʼn lang brief teruggeskryf nie. My brief het kortliks, in Engels, gelui: ‘Ek sal vir julle sê as ek melaats is. Julle sal nie vir my sê as ek melaats is nie’.”

Steve bespreek in Maroela Media se ateljee ʼn paar dringende kwessies, soos onder meer sy omstrede uitlatings, kanselleerkultuur, sy gewildheid as kunstenaar ondanks teenkanting en die behoud van Afrikaans.

“Ek is ʼn bietjie teleurgesteld in die wêreld. Ek het gedink daar sal mense wees wat my op my plek kan sit met ʼn debat. Ek is gewillig om my sienswyses te wysig as daar iemand is wat my kan stil praat, maar dit het nie gebeur nie.

“Oor die algemeen praat ek namens ʼn volk wat my baie lojaal ondersteun. Hulle beskou dit as ʼn persoonlike aanval op hulle wanneer ek aangeval word.

“Dis ʼn vreemde oorlog, en ek is bevrees ons gaan so lank bestaan as wat ons ons voet neersit. Die oomblik as jy sê ‘haai, shame, miskien is julle ʼn bietjie reg’. Net daar het jy die anker gelig en jy word ingetrek in die seestroom in.”

Kyk na die volledige video-onderhoud hier:

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

75 Kommentare

Phillip ·

Ek hoop ek wens Steve lees die Kommentare ek dink dit sal n riem onder die hard wees om te sien 90% se kommentare is vir hom

Fran ·

Ten minste staan hy vir iets en val vir niks! ‘evil provail when good men stay silent’. As daar meer sulke afrikaners was, was ons land nie nou in so ‘n gemors nie! Dink maar aan die ‘wonderlike’ leiers wat gelieg het toe hulle die land oorgegee het aan die swart massa.

Phillip ·

Malema kan se wat hy wil Maar Steve word in die bek geruk en word stil gemaak . Ek staan saam met jou want ek praat Afrikaans

Elmarie ·

Ek verstaan nie die SLoet – man se issue met Steve nie. Hoekom nie die son oor ander laat skyn nie?

Sandra ·

Sloet de Villiers het oral sy smoel te rek op sosiale media oor SA . Self het hy Nederland toe gevlug en vandaar dink hy hy kan sê wat hy wil.

Christine ·

Sloet is nie meer in Nederland nie! Hy is sak en pak terug in die Noordkaap waar hy sy huisie kom bou het en die mense met sy liberale idees vergiftig.

Treurwilger ·

“ … ons gaan so lank bestaan as wat ons ons voet neersit …”
Steve Hofmeyr is uniek, enig in sy soort.

Ronel ·

Ek stem 120% saam met Steve – almal wil deesdae aanspraak daarop maak dat jy jou mening kan lug – hoekom nie hy ook nie. Almal wil gerespekteer word vir hulle mening oor enige moontlike onderwerp, hoekom nie hy ook nie. Ons is niemand diselfde nie – dankie tog daarvoor!!! Steve, ek dink jy is awesome!

Maritza ·

Wat het geword van vryheid van spraak? Ja nee Steve, se jou se, ek staan bank vas agter jou

Nommer 7 ·

‘n President le^ nie op sy rusbank en “tweet” nie. Hy kry ‘n mandaat en verteenwoordig sy kiesers.

Jacobus ·

Hoe magtig voel die mense tog as hulle een kunstenaar se loopbaan kan skaad. Ou Sloot jy moet maar voortgaan met jou haat veldtog. Wees tog net bedag daarop dat karma soms kom soos net weerlig straal!

jou gewete ·

was al baie soos hy, self n mislukking daarom wil hy suksesvolle mense aftrek na sy vlak

Pretorianooi75 ·

Ek sal altyd respek hê vir Steve want hy sê nie net “ja en amen” of “ag kom loop maar oor my nie” Nee hy is mans genoeg om te sê “hierdie is nonsens en ek sal dit nie duld nie.”

Jacobus ·

As daar nou ooit ‘n sielkundige benodig word dan is dit die spul akademici van die VSA Weskus. Alexander staan ‘n week af en volg die uitsprake oor kinders, en ander walgonderwerpe en luister weer na Steve!

TruthDealer ·

As jy n publieke figuur is, welbekend aan n hele land vir dekades, dan is jy maar onder n vergrootglas. Elkeen het die reg om sy/haar sê te sê. Maar daar is gevolge, veral in hierdie ultra-Woke waansinnige Monty Python episode waarin ons deesdae lewe. There’s a select few who can say whatever they jolly well please, with Zero consequences. Including straigh up incitement to murder. With murders actually occurring after the incitement thereof. Some animals are more equal…on the Animal Farm called South Africa. Sterkte, Steve. Jou antwoord aan die boot mense was briljant.

Heinrich ·

Steve praat die naakte waarheid, maar in vandag se tye moet die waarheid mos die knie buig vir liberalistiese en kommunistiese boelies.

Blits ·

Ek was nog nooit ‘n Steve fan nie. Dit beteken nie dat ek hom ongelukkig wil sien nie. Ek jammer mense boikot hom. Maar vandag het hy iets gese wat vir my sin maak. “Sien my as ‘n kunstenaar..” So ek vat nou alles wat jy se met ‘n knippie sout.

Gaitsigubib ·

Steve is en was nog altyd eerste ‘n kunstenaar. Dis omdat hy die enigte ou is wat bietjie standpunt neem dat mense hom beskou as hierdie hengse aktivis. Ek moet hom erkenning gee dat hy wel soms sy mond oop maak. Regte Boere helde het egter so skaars geword dat lede van die publiek nie meer weet hoe dit lyk nie. Vra ‘n definisie en kyk gerus hoe almal met ‘n mond vol tande staan. Ek sou myself graag verder wou verduidelik, maar MM is te lief daarvoor om te sensor.

Keelvol ·

Blits, om te loop kruip by “our people “ gaan jou nie in die hemel alleen bring nie.

Amelia ·

Steve het elke jaar die skooltasie projek gedoen maar nou is daar mense wat klipe gooi steve ons is nog baie wat agter jou staan Jy is een van min bekendis wat so oor afrikaanssprekendes en die minderheid voel Laat die wat gif spoeg so voort doen is bloot jalosie Jys puik ( wat het van suzette bridges geword) wat ook vir ons opgestan het mis jou ook suzette

wiesalweet ·

Sunette Bridges bly al ‘n hele paar jaar in Amerika en veg nog al die pad van daai kant af vir ons mense.

Christine ·

So ook Annelien Kriel. Ek het die wêreld se respek vir mense wat op hul eie dinge vir ons aanpak deur integriteit, nie soos Sloet wat kort-kort in Nederland gaan hulp soek en agter sy maaitjies wegkruip en onderduimshede doen om die wêreld vir ander te versuur nie.

Merlin ·

Ek is alles 110% agter Steve…..ek het egter net een probleem…..
Die bloubul rugby span wat hy ondersteun….lol!!

Catherina ·

Steve….don’t change. You have my respect because you are not a coward. You speak the truth.

Witwax ·

Steve ek stem saam jou, daar is teveel veraaiers en slapgate onder ons mense.

Gaitsigubib ·

Nou kom jy by die wortel van die probleem Mr Wax. Mens hoef nie Rambo te wees om op jou beginsels te staan nie. Enige persoon kan ‘n held wees, jou geloof moet net reg wees dan oorwin jy jou vrees. Dan kan jy die regte pad neem wanneer jy by die kruispad staan.

Martie Smartie ·

Ja almal is mos gelyk. En party is meer gelyk as ander (african national corruption clowns). Ek stem saam Steve, skroef die lot

Papsak ·

Steve vir president Steve se jou se staan op jou reg jy mag ek staan agter jou wys hulle almal het n reg so staan op joune bravo

Elizabeth ·

Steve ons staan bankvas agter jou. Ons praat ons taal en is trots daarop. Niemand gaan dit van ons wegvat nie. Ons sal jou ondersteun tot ons die dag ons koppe neerlê

miraclealigner ·

Boikot julle dit maar, dan gee dit ons wat weer op ‘n MSC skippie wil gaan vakansie hou meer kans om in vrede vakansie te hou. Net soos Spur en DSTV ook al vantevore ‘ge-boikot’ is gaan MSC in elk geval nie omgee as daar net ‘n paar mense is wat hulle ‘boikot’ nie…

Gaitsigubib ·

MM verbied regstellings lyk dit my. Hul wou (of het) Spur n ruk terug likwideer. Volg jy nie die media nie? Spur het ‘n hengse knock gevat.

Nommer 7 ·

Met 675 kantore, 730 skepe wat aandoen by 520 hawens op 260 see roetes, gaan 44 afrikaanssprekendes wat MSC boikot, nie ‘n duit verskil maak nie. O,ja, amper vergeet ek, 45 saam met Katy Perry.

Mnr De Beer ·

Nogsteeds 45 minder wat nie gebruik gaan maak van MSC. Geen baas hou daarvan om kliente te verloor nie. Ek is amper seker Dis-Chem sal saamstem.

Sean ·

MSC trippie WAS op my bucket list !!!! Soos Spur en DSTV moet hulle maar voel

kragaap ·

Die woke gemors kan sê en doen wat hul wil. Enige iets of iemand teen hul idees moet gekanselleer word. Dis die veldtog teen Steve.

Blomkind ·

Ai jai jai, wat n Yster Man…Jy sê n ding soos hy is!!!

Nommer 7 ·

Die probleem is dat Steve uitsprake maak op verhoe” wat die organiseerders en borge in die verleentheid stel. Ek was vir 12 jaar gemoeid met afrikaanse musiek feeste, so ek weet. Een so ‘n borg is ‘n moslem besigheids man.

Leana ·

Hoekom sal dit ‘n verleentheid wees as iemand op n verhoog staan en namens ‘n klomp mense praat en sê hoe hulle voel? Is dit dan verkeerd om vir jou volk en taal op te staan wat onder druk word? Hoekom moet almal polities korrek wees?

Nommer 7 ·

Leana, die verhoog behoort aan die organiseerders en die borge, wat nie noodwendig afrikaans of blank is nie. Indien ‘n kunstenaar sy/ haar eie verhoog reel, is dit ‘n ander storie. Tot dan weeg goeie maniere swaarder as persoonlike uitsprake.

Harley Davidson ·

Steve is ‘n regte afrikaner en ek sal hom ondersteun al moet ons dieselfde CD van hom oor en oor koop,een van die min met ruggraat.

Gerhard ·

Die eier wat ek wil le is as volg: Steve praat die waarheid, geskoei op sy waardes en ek respekteer dit. Ek staan 100% agter Steve en sal altyd ‘n groot aanhanger bly. Die mense kan/wil nie met die waarheid deal nie, daarop val hulle Steve aan, so, Steve, moenie ophou die waarheid praat nie, dit seevier altyd, al vat dit tyd, op die einde van die dag gebeur dit. Net soos De Ruyter wat die waarheid begin praat het, toe kry hy woes teenkanting. Mense het ‘n vrees vir die waarheid.
Steve ons is Afrikaners, sal altyd wees en staan ten volle agter jou. Trek Kaap toe, ons sal jou shows almal vol pak hier, want hier is ons nog in beheer en sal ons nie deur ‘n klomp “huffers & puffers” laat afsit nie. Ons sal dan sommer van jou ‘n WP/Stormer ook maak. Strongs Steve, ons back jou!!!

Robert ·

Die wat die waarheid praat sal altyd vervolging beleef… Steve jou yster.

bolletjie blom ·

Dankie Steve dat jy nog vir die blanke Suid Afrikaner opkom. Maak nie saak hoeveel plekke verbied jou nie. Ons sal altyd jou getroue ondersteuners wees.

Nettie ·

Hoe meer mense soos hierdie Johan de Villiers vir Steve aanval, hoe suksesvoller raak Steve en hoe meer volgelinge sluit agter hom aan. Dis dieselfde geval as in die Bybel met Balak. Wat God geseën het, KAN JY NIE VERVLOEK NIE, mnr de Villiers. Jy kan probeer soveel jy wil, jy bereik net die teenoorgestelde. Hoeveel keer wil jy nog op jou neus kyk voor jy dit agterkom? Jy leer maar stadig jong.

Steve. Baie, baie, baie, baie, baie dankie dat jy opstaan vir ons wat stilgemaak word. Ons wat vertel word ons is melaats. Dat jy jou seëninge van God af vir die goed van jou volk gebruik. DIS hoekom jy net al meer en meer geseën word. Ons waardeer dit so baie. Sterkte en mag jy net nog meer van krag tot krag gaan. Geniet jou pragtige vrou en dogtertjie!

ronel ·

Steve is ‘n “self made man” love him or hate him, hy staan op wat hy glo, hy sien wat op grondvlak met sy volk gebeur en hy is nie bang om daarvoor te staan. Enige instansie wat hom boikot, boikot ons as afrikaner, soos hy tereg se. Ek weet my geld en Piet en Sannie se geld maak seker nie die instansies wat hom boikot ryker of armer nie, maar uit beginsel sal ek enige persoon of instansie wat die Afrikaner stem van Steve wil stil maak pront uit boikot. Steve maak foute,.. nes die res van ons, Steve is dalk soms aweregs, soos die res van ons, maar hy is ‘n baken in afrikaanse musiek en kuns kultuur, en sal dit bly, en tot die dag wat die Malema’s en die Sloet De Villier’es van die wereld met soveel integriteit en openlikheid in hul tekkies kan staan, moet hulle liewer wat ons sn is uitlos!!! NS en op n MSC reis sit ek dus nie weer my voete, as Steve nie goed genoeg is om daar te sing, is ek nie goed genoeg om daar te reis.

JD ·

Goed dat hy juis hierdie onderhoud met Maroela gevoer het…
Vat bietjie tips…

annie ·

Kyk net wat het Zelensky, die akteur, reggekry. Die wêreld staan in rye vir sy aandag en groot leiers lê besoek af en stuur alles en nog wat na Ukraïne: Sê net wat jy begeer. Hy toor met hulle, maar hy is nie ‘n leier nie, net ‘n slim aandagsoeker. Wat begeer Steve?

Mrs H ·

Dis eenvoudig… regverdigheid teenoor die Afrikaner volk. Wat verstaan jy nie?

annie ·

Steve is van Joodse afkoms soos sy van aandui. Sy huistaal is Engels, maar hy sing in Afrikaans want sy aanhang in Engelse geledere is maar power.

Gaitsigubib ·

Die eerste aangetekende Hofmeyr is van Switserland af. Die spelling kom van die tipe werk wat die persoon gehad het en beteken basies “bestuurder van ‘n landgoed” of “estate manager”. Baie ander variteite van die van bestaan, wat almal hul wortels van Pruise (Duitsland) af gekry het. Ek vra maar liewer nie waar jy jou feite vandaan kry nie….

Gaitsigubib ·

Ek dink jou aanname van Steve se van is totaal verkeerd maar MM wil nie he ek moet n regstelling maak nie.

Lillian ·

Moet ek ‘n draai by De Villiers maak wanneer ek Nederland toe gaan? Hom op sy plek sit?

Christine ·

Hy bly in die Noordkaap, jy hoef nie al die pad Nederland toe te gaan nie!

kommentaar ·

Steve, ek hou van van jou goed, maar jy moes gekies het.jy is nie bevoeg om sing en politiek te doen nie

Santjie van Soendal ·

Steve, ons salueer jou. Die wêreld hou nie van die waarheid of regvedigheid nie. Bly getrou aan jou gewete. Die Here weet van jou. Die wêreld het nog nooit van die waarheid gehou nie.

pieter ·

Waarom ondersteun die ander afrikaanse kunstenaars hom nie ?.

Phillip ·

Vrae dit of ons is nie bewus dat hulle dit wel doen en ondersteun agter die skerms nie

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.