Video: Tent uitmekaargeruk by Zuma-toespraak

'n Skermskoot uit die video.

‘n Skermskoot uit die video.

ʼn Donderstorm Vrydagmiddag het tot gevolg gehad dat die geleentheid waar pres. Jacob Zuma sy Versoeningsdagtoespraak gelewer het, gekanselleer is.

Zuma was op Gopane naby Zeerust in Noordwes met sy toespraak besig toe die donderstorm, wat met sterk winde gepaardgegaan het, tot gevolg gehad het dat die markiestent waarin hy sy toespraak gelewer het uitmekaargeruk is.

Zuma, die premier van Noordwes en ander lede van sy kabinet is onmiddellik deur lyfwagte na veiligheid gehaas. Daar was geen onmiddellike berigte van beserings nie. Die geleentheid is hierna gekanselleer.

Zuma was sowat halfpad deur sy toespraak. Hy het vroeër gesê 16 Desember het ʼn pynlike verdeeldheid tussen wit en swart verteenwoordig tot en met 1995. Zuma het gesê versoening is ʼn proses wat na albei kante gaan.

“Terwyl swart mense versoek word om die pyn van die verlede te begrawe en aan te beweeg, moet wit mense ook gereed wees om die noodsaaklikheid van transformasie en regstelling te aanvaar.” Zuma het gesê die land het ʼn lang pad gekom in 22 jaar.

ʼn Skare van sowat 2 000 mense het Zuma vroeër luid toegejuig by sy aankoms terwyl polisiebeamptes ʼn menslike ketting tussen hom en die skare moes maak.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

48 Kommentare

pieter ·

Die voorvaders het seker geweet hy gaan nie die waarheid praat nie.

Elize ·

Daar sal seker nou ondersoek gedoen word om vas te stel wie verantwoordelik was daarvoor.

eenvoudigste antwoord ·

Skuldiges is apartheid, of jan van riebeeck

gert ·

Volwaardige ondersoek gaan gedoen word oor waar die wind vandaan gekom het!!

Quintus EKsteen ·

Johann, … daar is alreeds ‘n taal wat harder en duideliker is, dit moet nog net aangehoor en beleef word, … as mense eers die boodskap gaan aanhoor wat die Almagtige HERE God na Suid-Afrika gestuur het in 2007 via modern elektronika (ja, jy het reg gelees, via ‘n laptop op ‘n bo-natuurlike wyse), dan sal jy sien hoe die ware kleur van mense na vore kom, dan sal ons die regte gelowiges uit alle andere beleef, … maar moet net nie verbaas wees om diegene wat jy dink ware geloof het, daarsonder bevind sal word nie, …

As mense dink daar is ‘n boodskap versteek in hierdie winde wat die tent so opgelig het, dan sal jy maar moet wag en sien wat God alles in ‘n 4min 12sek klank boodskap kan versteek om dinge onder ons aandag te bring wat menige so maklik vandag net in die gemak daarvan, vergeet het, …
God is Almagtig, … vir Hom om iets soos ‘n elektroniese klank boodskap aarde toe te stuur, is versekerlik nie buite Sy vermoeens nie, … net jammer so ‘n gedagte skrik mense meer af as wat hulle belangstelling sou toon in die inhoud van so ‘n boodskap juis weens die gesamentlike geloof wat ons koester in God, …

Eleventy ·

‘n Taakspan is reeds op die been gebring om die voorval te ondersoek.

trucker ·

Lance dit is ‘n teken sy tyd loop uit.
Dit het baie mooi gelyk op tv nuus.??

GES ·

Daar was ʼn tyd gelede ʼn minister of iemand van die anc wat wou gehad het dat ʼn ondersoek gedoen moes word waarom die weer mense in KZN doodgeslaan het. Die kanse is goed dat dit dalk weer gevra gaan word. Selfs die natuur is moeg vir sy stories.

Dedré ·

GOD laat nie van SY gelofte dag ñ ander dag maak nie!!! Hou dit of dra die nagevolge!

Jan maak n plan ·

Die wind het hehelp dat hy nie verder nonsens praat nie.

wilmae ·

So sien ons dat God nie met Hom laat spotdryf nie. N Gelofte aan Hom sal deur geen politieke party kan vernietig word ni. Zuma sal steeds ni verstaan wat hier gebeur het ni. Sy voorvadergeeste tel absoluut nix

vingerwysing ·

Zuma moet nou wydkyk. hy moet gaan lees wat het met die egiptenare gebeur toe hulle God se mense verdruk en vervolg het.

annette duvenhage ·

Dis die teken van die tye waarin ons leef. God laat Hom nie voorskryf nie. Versoening wat hulle pas deur hulle die reg te gee aan vergryping teen die wit mense.Haatspraak en die gruwelike moorde wat volg en niks word daaraan gedoen nie want dis hulle reg. Hou aan bid boerenasie en glo dat ons saak deur ons Aalmagtige God hanteer sal word. Geen sangoma sal staan voor God se Toorn nie.

Paul ·

Voorwaar ‘n blye gebeurtenis. Ou zuma moet maar by menseregtekommissie gaan kla oor die natuur nie meer na sy bedrog en vernietiging wou luister nie.

miv ·

Zuma moet besef God Drie-Enig is in beheer. Lees maar in die Woord van God, Hy praat met die mens ook deur die natuur.

Kobus ·

Jammer hy is nie die see in gewaai…maar die kanse is goed dat hy n seerowersskip sal kaap en soos die kat weer kom

KAROOLS ·

Spieeltjie spieeltjie in my hand….en daar vlug Zuma,die glibberige ou kalant….toe die reen en wind opsteek…wyl die grote besig is met n onsinnige preek….dis net swart vuurwaens op n streep…met nat bande wat gly en grou sonder greep….Spieeltjie,ons is nou moeg gewag..wanneer kry die ou nou sy dag?

Katoolsie ·

En so begin ou Karools toe weer dig….en n paar ander lesers sien toe ook die lig. Ou Zumpie se tent die het weggewaai, want wat hy saai sal hy mos maai. En daar trek ou stortkop dat die stof so staan, want n hoër hand het die slag geslaan. Nou kan Karools weer begin dig en die res van die lesers kan veg of vlug. So as jy dalk in die lug staan en staar…en jy dalk daai ou tent gewaar, dan sal jy onthou van die donderstorm so grou, wat nr.1 se toespraak onderbreek, dalk die noodlot wat hom wreek. Nou ja ou Karools laat ek gaan slaap, ek sit hier en gaap n groot gaap. Ek is nou moeg om oom te dig oor n man en toespraak: een groot klug. En ou Zumpie as jy hier lees…wil ek net se, ek lag myself hees!

KAROOLS ·

Katoolsie…skerp mater…op n manier sal ons die humor in die gespook moet raaksien

Gerard ·

Hy is besig om met vuur te speel. God laat hom nie bespot nie

My tweesent bydrae ·

Ek het so lekker gelag dat ek gesukkel het om my koffie ag te sluk .

GES ·

Die gevoel wat ek kry, is dat as ons huis in orde is, die dag van afrekening nie meer ver is nie.

Chris ·

Die Ingelsman, Macmillan het moes ongeveer 60 jaar terug iets gesê van “winds of change will blow through Africa”. Hy was reg. Dit is hier aan die kom en in sy eie landjie ook. Wat jy saai sal jy maai.

Violet ·

Ek stem saam ons moet sorg dat ons huis in orde is, God laat nie met Hom mors nie!

A.Willemse ·

Uit al hulle toesprake blyk dit dat versoening nie eintlik is wat hulle met recociliation bedoel nie, maar eerder iets in die lyn van verrekening; en dan verekening volgens die afrikaan se begrip van wat hul onouditeerbare boekhouding eintlik behels. Opgetekende geskiedenis moet ondergeskik gestel word aan ‘n geskiedenis beskryf vanuit ‘n teenoorgestelde opgemaakte perspektief wat vir die massas geld en die britte nogal te pas kom.

snoefie ·

voorvader geeste is kwaad dat n lot snuiters die voorvaders beledig deur te se die voorvaders het hulle grond deur die Boers laat afneem. daardie selfde voorvaders weet mos hulle het die grond aan die Boers, Engels, franse, VERKOOP. hulle het hulle pryse gekry vir grond wat hulle van die San afgeneem het.

RK ·

Dankie Vader dat U ingegryp het deer ñ klein bietjie van U Almag ten toon te stel. Mag dit meer en meer gebeur tot elke knie buig en elke mond getuig van U grootheid.

bella ·

Heilige Vader ons dank U. Niemand kan U in die tronk stop nie. Ons het U so nodig om vir ons te veg. Nogmaals dankie. Amen.

buks ·

Wel die kerke verkondig van God. So die wit kerke gaan diekeer die suld kry en moet dan skade vergoeding doen. Weer terug by apartheid.

Hester ·

Alle eer aan ons Hemelse Vader. God het gepraat deur die natuur en die wat nie luister ni laat hulle voel ons dien n lewende God.

Leon ·

Net soos met die Titanic laat God nie toe dat hy getart word nie

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.