Video: Vuiste klap amper oor kennisgewingbord in Upington

’n AfriForum-werknemer en kantoorbestuurder van die Dawid Kruiper-munisipaliteit het in ʼn hewige stryery oor ’n kennisgewingbord betrokke geraak. (Foto: Facebook)

Dit was so hittete of ʼn vuisgeveg het Maandagoggend in Upington uitgebreek toe ʼn kantoorbestuurder van die Dawid Kruiper-munisipaliteit in ʼn hewige woordewisseling met ʼn DA-raadslid en dié se man, ʼn AfriForum-werknemer, betrokke geraak het.

En dít alles oor AfriForum ʼn kennisgewingbord wou oprig om motoriste teen ʼn lae treinbrug te waarsku.

Werkers was besig om dié bord op ʼn oorhoofse staalraam aan te bring toe Vernon Mfusi, die kantoorbestuurder, Erica Strauss en haar man, Werner, gekonfronteer het. Mfusi het egter geweier dat die “onwettige” bord opgerig word, hoewel AfriForum aanvoer dat Eric Ntoba, die munisipale bestuurder, mondelings toestemming daarvoor gegee het. Dit sou voor die duikweg in Schröderstraat aangebring word.

Die munisipaliteit sê in ʼn verklaring dat Ntoba vir Mfusi na die toneel gestuur het om ondersoek in te stel nadat sy kantoor gehoor het dat “onwettighede plaasvind”. Met Mfusi se aankoms was verskeie mense, onder wie AfriForum, die DA en werknemers van die plaaslike koerant, reeds daar.

Die voorval is op video vasgevang en het sedertdien soos ʼn veldbrand op sosiale media versprei.

Op die video kan gesien word hoe Mfusi die egpaar konfronteer en Erica onder meer sê “moenie jou vinger na my wys nie”. Werner, wat aanvanklik tussen Mfusi en Erica gestaan het, het self warm onder die kraag geraak nadat Mfusi sy vrou ʼn “bastard” genoem het.

Werner pluk dan sy hoed en bril af waarna hy en Mfusi breëbors in ʼn spanningsvolle skreeugeveg betrokke raak. Daar kan in ʼn stadium ook gesien word hoe Mfusi aan Werner stamp. Mfusi het ook aan AfriForum en die DA gesê hulle is besig met politieke speletjies.

Werner het Woensdag aan Maroela Media gesê dat Mfusi egter nie net sy vrou gevloek het nie, maar ook sy vinger teen haar gesig gedruk en haar aan die skouers gestamp het. Dít is egter nie op die video sigbaar nie.

Volgens Werner het vragmotors al verskeie kere onder die brug vasgesit, en het die organisasie om dié rede hande met ander rolspelers gevat om die bord op te rig. Die staalraamstruktuur is al ʼn paar jaar gelede aangebring, juis om motoriste en vragmotorbestuurders te waarsku, hoewel geen kennisgewingborde al op dié struktuur aangebring is nie.

Luidens die munisipaliteit se verklaring was die kennisgewingbord met kentekens van AfriForum gemerk, en het hulle nie toestemming gehad om die bord aan te bring soos Werner beweer nie.

Die munisipaliteit voer ook aan Erica behoort van beter te geweet het, aangesien “sy reeds ʼn raadslid is en dié soort gedrag nie deur die raad geduld sal word nie”.

“Ná verdere ondersoek deur die stadsbeplanning- en boubeheertegnikus, asook die munisipale bestuurder, is dit wel bevind dat daar geen toestemmingsbrief was nie en dat oorweging gegee sal word deur middel van ʼn formele aansoek,” sê die munisipaliteit.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

64 Kommentare

Watsenaam ·

Ek verstaan nie Cherokee, scroll net af die video is omtrent heel onder aan die berig

Brakanjan ·

Video is net ‘n grys blok as facebook op jou server geblok is.

Mariana ·

Dit lyk soos iets uit ‘n swak rolprent. Mens redeneer nie met so persoon nie en natuurlik is daar geen bewyse van die toestemming nie. Ek sou dink dit sal die munisipaliteit geld spaar en tyd as die bord opgesit sou word. Dit is darem ter waarskuwing of hoe?

Delia ·

Mens redeneer nie met enige van die 3 nie. Kon hulle regtig nie die saak beter hanteer het nie. Een dreig met n hofsaak, maar wys self die vinger, een gooi sy bril ens op die grond om beter te baklei en een noem die ander n bastard ens ens…En wat wen die gemeenskap wat gedien word deur die 3 persone..niks nie.

Christine ·

Die groot probleem is omdat Afriforum se kentekens op die bord is! Hahaha, die ANC se egos is mos groter as hul brein, kan niks reg doen nie en as ander hul werk wil doen, dan swel hul egos en breinloosheid. Hoe pateties.

Delia ·

Nee, hier is almal verkeerd. Geen Afriforum lid, lid van die munisipaliteit of raadslid moet so optree nie. Kom julle regtig nie die saak op n beter manier hanteer. Watter voorbeeld is julle vir julle gemeenskap? Ek skaam my vir almal van julle.
Al 3 van julle behoort beter kommunikasie vaardighede te hê. Al 3 van julle se egos is te groot.
Met julle gedrag….wie verloor? Die gemeenskap wat julle behoort te dien. Nee regtig!!!!

Vonny ·

Eric mthoba het mondelings die GO ahead gegee. Ons wag vir hom om kommentaar te lewer.

Gaitsigubib ·

O nee laas toe ek gekyk het was dit nog teen die wet om iemand te vloek en aan iemand te stamp. Die ou wat duidelik die ding op die foon wou uitklaar, moes omdraai en loop toe sy vrou gevloek word, korrek…….? Dalk kon die man anders optree, maar hy het tenmiste vir sy vrou ingetree teen iemand wat haar wou intimideer, ek hoop jy het so iemand naby jou, al is hy meer van n papbroek, jammer ek meen gentle man.

Delia ·

Gaitsigubib…al 3 persone in daardie posisies moes die saak beter hanteer het. Wil ons hê ons kinders moet probleme uitsorteer soos die 3. …en my man is ongelukkig oorlede aan breinkanker 2 jaar terug.

Oros Soros ·

Van waar kom jy vandaan? Jy het net soveel magte as die wet en die grondwet jou toelaat. Punt. Niks meer en niks minder nie. Jammer dat Afriforum jou soveel frustreer

Delia ·

Afriforum frustreer my nie. Ek het groot respek vir hulle. Behoort ook aan hulle. Al 3 se gedrag was regtig onaanvaarbaar

Surfer ·

Delia, jou koffie raak koud. Probreer wakker raak as jy in die oggend opstaan.

Delia ·

Surfer, dalk moet jy n logiese redenasie gee vir jou standpunt. En nie net mense bloot aanval nie.

Wildemien ·

Jitte, as Afriforum vir die bord betaal het MAG hulle kentekens darem seker daarop verskyn!

George ·

Nie op publieke borde nie, dit word gesien asb advertensie, dan kan die ANC redeneer hul sit die hoofweg borde op, so die teken kan daar verskyn. Ek stem saam jou, maar dis maar hoe dit werk.

Swerwer ·

Die spreekwoord lui as niks iets probeer wees en dit is presies wat hier plaasgevind het. Die Kaders dink die land behoort aan hul en kan absoluut niks op ‘n ordenlike menslike manier hanteer nie. Hul moes liewer dankie gesê het vir die bord want dit sou tot groot hulp vir die publiek gewees het. Daardie brug is al so beskadig deur Vragmotorbestuurders wat nie gehoor gee aan die Padwaarskuwings bord wat langs die pad opgerig is/was nie. Jammer Werner het nie ‘n paar vuishoue in gekry nie, dalk sal die kader dan bietjie menslikheid kon toon. Maar die ……………………… is vinnig om die “Gemeentskap” en Sakesektor vir hulp te vra as daar ‘n ramp plaasvind. Idiote

Delia ·

Almal wat op hierdie vlak werk, weet skriftelike toestemming is nodig vir privaat organisasies om borde op te sit. Volg die prosedures. Al 3 hier is verkeerd

Delia ·

Dis vir my vreemd dat as munisipaliteite prosedures nie volg, is hulle verkeerd en as hulle dit wel volg, is hulle ook verkeerd. Nee mense, hier was prosedures wat gevolg moes word. Skriftelik. Ons weet almal mondelings beteken niks.

Oros Soros ·

Nie heeltemal korrek nie, ek dink jy behoort te kwalifiseer.

Elma ·

En kyk hoe lekker staan die blou “wetstoepassers” daar armpies gevou. SLEG verby.

George ·

Dis twee kaboutertjies wat baklei, met woorde, wat stel jy voor doen hulle?

Althes ·

As die bord aan die veiligheidstandaarde voldoen om die motoriste te waarsku, dink ek dat die munisipaliteit eerder moes bly wees dat Afriforum dit gratis oprig.
Die inwoners is keelvol vir swak dienslewering deur die munisipaliteit.

Delia ·

Verseker Althes…maar Afriforum (waarvan ek n lid is) moet die korrekte prosedures volg.

Bart-Man ·

Die spanning in Suid-Afrika is baie hoog. Dit gaan nie baie vat voordat iemand knak nie.

Christo ·

Net omdat daar ‘n ander party se logo op die kenisgewing is sal ons mense se lewens in gevaar stel

George ·

Glo my, as die ANC n bord onwettig oprig met hul teken op, sou Afriforum presies dieselfde opgetree het.

Vonkprop ·

Lyk my die hitte in Upington laat die breine bietjie kook. Swak van almal af.

Danny ·

Dankie AFRIFORUM vir julle werk – dit is nie maklik nie!!!! Weereens bewys, Afriforum veg vir ons minderhede – mense, ondersteun hulle en raak lid!!

Delia ·

Ek stem Danny. Ek hoop meeste van ons mense behoort aan Afriforum as hulle dit finansieel kan bybring

Watsenaam ·

Dit sal seker niks beteken as ons se dat ons nie saamstem hoe daarin die saak opgetree is nie. Daar heers n innerlike woede in almal. Die skuldiges is natuurlik die regering, Hoekom moet ander partye betrokke raak om dinge te maak werk en reg te maak? Dis mos n saak tussen die minusipaliteit en die regering dan nie? Los die mense tot die land ISM is.

Marelize ·

Ai tog die mag stryd en nog steeds geen waarskuwings bord vir die arme trokke nie. Pot word weer mis gesit.

Vonny ·

Ek is SO trots op die man dat hy opstaan vir sy vrou.
Waar is die ‘ gender based violence ‘ nou?
Mfusi noem die arme vrou n bastard????

En die SAP doen NIKS aan die hanse Mfusi????????

AFRIFORUM WENS ONS KON VIR JUL STEM AS N POLITIEKE PARTY!!!

Gert ·

Ek bewonder sy selfbeheersing want as hy dit vir my vrou gesê het het ek hom gepiets. Kyk die geskree in die openbaar werk nie maar dit gee niemand die reg om sy vrou name te noem nie

Surfer ·

Hy mag, want hy is nie blank nie, hy mag doen wat hy wil. Maar as die blank geslaan het, was hy tjoekie toe.

Nie Verbaas ·

Soos ek van kleins af geleer is, “never argue with an idiot. He will drag you down to his level an beat you with experience.”

AndrewL ·

Daar is baie duidelike wetgewing rondom advertensie.

As Afriforum die waarskuwingsbord wil aanbring, moet dit binne die wet geskied.

Rocco ·

Dit was nou onnodig. Geen skriftelike toestemming nie. Afriforum en DA moes die saak beter hanteer het. Jy daal nie tot die ander se vlak nie.

Oros Soros ·

Dai “bestuurder” het geen wettige magte om te doen wat hy gedoen het nie. Volgens watter mandaat het die nar opgetree? Skoenmaker hou jou by jou lees en kom die wet na. Mooi vir die misdaad van aanranding ook. Roer sy tee

Delia ·

Al 3 was verkeerd. En ja, maak n saak van aanranding en naamskending teen die munisipale persoon. Ek stem saam. Maar so n straat bakleiery rig niks uit nie.

KB ·

Eerste dinge eerste: Kry skriftelike toestemming.
Tweedens: Jy, mnr. Mfusi vloek nie ʼn man se vrou nie!
Derdens stamp jy nie aan mense nie.
En laastens twyfel ek in jou as gesprekvoerder…jy is net gestuur omdat jy ʼn groot postuur het…jy’s nie juis skerp nie.

Kerrie ·

Kry vir jou n “Automatic Call Recorder” op jou foon…as dit n belangrike oproep was, dan kan jy dit deel met ander…baie maklik.

Nico ·

AfriForum, julle moes van beter geweet het om so’n mondelingse toestemming te aanvaar, hierdie ou het dit gedoen net julle stil kry, hierdie ou weet nie wat om te doen nie. Die Polisie/verkeersbeamptes staan net en kyk, weet ook hoe om die saak te hanteer nie of is te bang om iets te doen.

Wendy ·

En die Polisie staan en toekyk ??? Liewe hemel SA word wakker man hoe lank gaan ons nog die gemors sluk!!!!!!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.