Vier blitsig vas ná huisroof in Oos-Vrystaat

Gemaskerde rowers het Donderdag in die vroeë oggendure ʼn gesin van Harrismith met ʼn speelgoedvuurwapen beroof.

Rowers het ʼn gesin met ‘n speelgoedwapen geroof. (Pixabay)

Die polisie het blitsigvinnig gereageer en al vier rowers in hegtenis geneem.

Sers. Mahlomola Kareli, Vrystaatse polisiewoordvoerder, sê ʼn 53-jarige man het Donderdag om 04:16 geluide buite sy huis gehoor. Hy is na buite, maar het niks verdag opgemerk nie. Hy was pas terug in die huis toe hy iemand van die hoofslaapkamer af met ʼn vuurwapen op hom gerig, aangestap sien kom.

Die man is na die slaapkamer gedwing waar sy vrou en seun reeds aangehou is, sê Kareli.

ʼn Verdagte wat ʼn polisiepet gedra het, het die twee ander rowers ontbied, waarna die driestuks die huis geplunder het. Hulle het met ʼn platskerm-TV, selfone en ander elektroniese ware gevlug.

Die Harrismith-polisie is na die huis ontbied en polisiebeamptes het ná ʼn soektog die verdagtes kort daarna in hegtenis geneem. Die gesteelde goedere, asook die speelgoedwapen en ʼn polisiekeps, is by hulle gevind.

Die mans, tussen18 en 32 jaar oud, sal binnekort in die landdroshof op Harrismith verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Lila ·

En wat gaan gebeur in die hof? Niks!!! Net soos met enige ander misdaad in die land wat voor die hof verskyn… word op borgtog vrygelaat van R500 en loop dan vry daar buite rond en pleeg maar net nog ‘n ander misdaad!!!!!!!! SA se regstelsel is ‘n SKANDE!!!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.