Vier mense is dood en 19 beseer in ʼn botsing Sondagoggend op die R57 tussen Reitz en Kestell in die Vrystaat.
Volgens die provinsiale gesondheidsdepartement het die botsing ongeveer 06:00 naby die Afrikaskop-afrit buite Kestell plaasgevind.
ʼn Minibustaxi het teen ʼn broodafleweringsvoertuig gebots waarna ʼn bakkie in die ongelukstoneel ingeploeg het. Die nooddienste en provinsiale verkeersdienste is na die toneel ontbied.
Vier mense is op die toneel dood verklaar terwyl 19 beseer is. Twee mense is kritiek beseer, nege het ligte beserings en agt het matige beserings opgedoen.
Een van die kritiek beseerdes is per helikopter na die Busamed-hospitaal in Harrismith vervoer terwyl die ander pasiënte na die Manapo-hospitaal in Qwaqwa geneem is.
Montseng Tsiu, LUR vir gesondheid in die Vrystaat, het haar medelye betuig met die families van die oorledenes en die beseerdes ʼn spoedige herstel toegewens.
O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.
16 Kommentare
Hoe op dees aarde ‘ploeg ‘n mens in ‘n ongelukstoneel in?’
n Mens noem dit spoed en nat paaie.
Bakkie was seker meters naby toe ongeluk gebeur het. Du?!
Nat pad,te kort volg afstand en te hoe spoed vir die pad- en weers toestand. Dan ploeg jy in ander voertuie in wat stil staan of spoed verminder. Maar wie gaan na ‘n waarskuwing luister in ons land?Net mooi niemand.So almal ry op die voertuig voor hom se “bumper” teen baie vinniger as die spoed grens , en veral as die pad nat is en dit reen word daar nog vinniger gery en die motoris wat versigtig en stadiger ry word amper van die pad af geforseer. As dit reen bly ek by die huis.As ek ry en reen langs… Lees meer »
En die ander voertuig is in 95% n Afrika taxi.Ek weet nie of dit goed of sleg is nie.
WEER ‘n oorlaaide minibus-taxi!
Wanneer o wanneer gaan die Metro Polisie, die SAPD en die minister van vervoer wakker skrik?!
Skut die taxis, bêre die minibus-taxi bestuurder baie diep (en vir baie lank), konfiskeer sy lisensie en swartlys hom vir 10 jaar. Moenie vir my vertel dis nie in die minister (wat sy sout werd is) se vermoë nie.