Vier gou vas ná moord op Grootvlei-boer

Argieffoto. (Foto: Maroela Media)

Vier tieners tussen 16 en 19 jaar oud is in hegtenis geneem nadat hulle glo ʼn 79-jarige boer van Grootvlei in Mpumalanga beroof en vermoor en sy vrou erg aangerand het.

Die inhegtenisnemings is skaars twee uur ná die voorval gedoen.

Brig. Selvy Mohlala, polisiewoordvoerder, sê Theo Bekker en sy vrou [Marlinda] is Sondagoggend op hul plaas in die Grootvlei-omgewing aangeval. Die vier verdagtes het Bekker glo buite die huis voorgekeer en hom terug na binne gedwing. Hulle het na bewering op geld en vuurwapens aangedring.

“Die verdagtes het die man en vrou aangerand,” sê Mohlala.

“Die man [Bekker] is met ʼn onbekende voorwerp op sy gesig geslaan en het aan sy beserings beswyk.”

Die huis is geplunder en die verdagtes het met ʼn bedrag geld gevlug, asook drie vuurwapens en die egpaar se Renault Kwid.

Nadat die verdagtes op die vlug geslaan het, is die polisie ontbied. Paramedici het Bekker met hul aankoms op die plaas dood verklaar en sy vrou is vir behandeling na ʼn hospitaal geneem.

Die polisie het in daardie stadium inligting ontvang dat die egpaar se gesteelde motor naby Villiers in die Vrystaat in ʼn ongeluk betrokke was.

“Al die insittendes het uit die motor gespring en glo van die toneel af gevlug,” sê Mohlala.

“ʼn Inwoner wat die ongeluk sien gebeur het, het egter die plaaslike polisie ingelig en ʼn grootskaalse soektog is na die mans van stapel gestuur.”

Die polisie het kort daarna al vier verdagtes vasgetrek en op twee van die vuurwapens wat uit Bekker se huis gebuit is, beslag gelê. Die ander vuurwapen is op die ongelukstoneel gevind.

Mohlala sê aanklagte van moord, roof en aanranding met die doel om ernstig te beseer staar die vier jong beskuldigdes in die gesig. Hulle sal na verwagting Dinsdag in die Balfour-landdroshof verskyn.

Lt.genl. Semakaleng Daphney Manamela, provinsiale polisiekommissaris, het die plaasaanval ten sterkste veroordeel, asook diegene wat gehelp het om die verdagtes vinnig vas te trek vir hul optrede bedank.

“Die positiewe bydrae van die gemeenskapslid, asook die Villiers- en Grootvlei-polisie sal nie ongesiens verbygaan nie.”

Vriende van Bekker en inwoners van die omliggende dorpe het intussen hul skok en hartseer oor die voorval op sosiale media te kenne gegee.

Die VF Plus in die Balfour-, Grootvlei- en Greylingstad-omgewing het Sondag nuus oor die aanval gedeel en hul medelye met Bekker se geliefdes betuig.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

Daniel ·

Moor al op so ‘n jong ouderdom? As hulle nou tronk toe gaan sal hulle uit wees voor hulle 50 is

George ·

Die moordenaars word jonger en jonger. Hoe gaan n 80jarige oom, homself teen tieners verdedig?!

Magda G ·

Hulle is harteloos. As hulle in die tronk land moet ons belastingbetalers vir hulle verblyf betaal

Marius ·

Alles goed en wel dat hulle gevang is , maar hoe lank gaan dit neem voor hulle gevonnis word ???(In jare)
Almal het al vergeet daarvan dan begin die saak eers voor die hof.
Baie sterkte aan die familie en vriende van die twee engele.

Martie ·

Ag red ons van die polisie in hierdie land. Speurders is oorwerk, sit met 300 sake elk waarmee niks vorder nie.

Hendrik ·

Baie jammer. Elke moord is n uiters tragedie hartseer gebeure,maar wat maak n tagtig jarige nog met soveel vuurwapens in die huis. Dit is asof daar geen ekuriteisinstansiea bestaan wat deulopend handleiding gee rakende veiligheid

Witwax ·

As daai boer hom self kon verdedig het en daai 16 jaarige gedood , wat dink julle sal met daai boer gebeur het.

Wit Leeu ·

Ja, en môre is hulle uit op borg en moor weer…………………

tweeling ·

En die minderjarige gaan in die sorg van sy ouers vrygelaat word

Papsak ·

Dankie Malemma jy met jou haatspraak liedtjie hoop jy is tevrede dat ons wit boere so uit gemoor word jy sit daar agter

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.