Vier mans aangekla van 1985-moord op aktivis

hof-hamer

(Foto: Joe Gratz/Flickr)

Gerhardus Stephanus Schoon (82), Paul Jacobus van Dyk (76), Frederick Johannes Pienaar (77) en Douw Gerbrandt Willemse (63) word byna 40 jaar ná die dood van ʼn MK-aktivis nou van sy moord aangekla.

Volgens die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) het die vier mans verlede week in die landdroshof in Pongola, KwaZulu-Natal, verskyn in verband met die moord op Jameson Ngoloyi Mngomezulu (71), ʼn politieke aktivis en lid van die ANC se militêre vleuel uMkhonto weSizwe.

Mngomezulu is glo in Junie 1985 ontvoer en vermoor. “Hy is weens sy politieke aktivisme deur lede van die veiligheidsmagte geteister en is tydens een van hierdie klopjagte uit sy woning in Swaziland ontvoer, gemartel en met geweld na Suid-Afrika teruggebring,” sê Natasha Ramkisson-Kara, NVG-woordvoerder.

“Hy is gevange gehou, aangerand, gemartel, en uiteindelik vermoor waarna sy liggaam met plofstof in Sodwanabaai opgeblaas is.”

Schoon was destyds die bevelvoerder van die Jozini-veiligheidstak terwyl Van Dyk en Willemse lede was van die veiligheidstak wat by Vlakplaas gevestig was. Pienaar was ʼn lid van die Piet Retief-veiligheidstak.

Die akte van beskuldiging is verlede week in die hof aan Schoon en Van Dyk se regsverteenwoordigers beteken. Pienaar en Willemse was nie in die hof nie. Pienaar se regsverteenwoordiger het ʼn mediese sertifikaat by die hof ingehandig as rede vir sy afwesigheid terwyl geen rede vir Willemse se afwesigheid gegee is nie. Lasbriewe vir die inhegtenisneming van Pienaar en Willemse is uitgereik, met die lasbrief vir Pienaar wat eers opgeskort is.

Die saak is tot 18 April uitgestel om kwessies oor regsverteenwoordiging af te handel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

28 Kommentare

Steyn ·

Die hekse jag gaan net nie einde kry nie? Elke 4/5 jaar is dit die verkiesings foefie

Danie ·

Waar is die lasbriewe vir Zuma, Ramaphosa, Mc Bride en al hul makkers wat die lewens gevat het van bom plantings en aanvalle .

Oosieoos ·

Die klomp weet hoe om foefies uit te dink voor a verkiesing net soos hoe hulle weet hoe om a pragtige suksesvollle land tot niet te maak

BELINDA ·

‘n Absolute vermorsing van hulpbronne, daar word daagliks moorde en ander misdade om ons gepleeg – vir wat word daar tyd gemors aan goed wat ongeveer 40 jaar gelede plaasgevind het?

Barney ·

Hulle sou nie sonder bewyse gearresteer wees nie. Wat hulle gedoen het was baie wreed

Boer ·

Teen die tyd dat die ou Oom’s vervolg is, is daar dalk net een wat nog lewe. Gaan die SAPD ook die uMkhonto weSizwe ANC militêre veterane vervolg wat die bomme geplant het in daardie jare waar vroue en kinders gesterf het?

Casper ·

Barney,ek stem met jou saam maar jy moet ook ingedagte hou dat die veiligheidspolisie opdragte van bo gekry het en nie uit hulle eie uit opgetreë het nie.Ek ken vir Freek Pienaar baie goed.Hy is 77 en baie sieklik.Hy is van suurstof afhanklik en die kanse tot suksesvolle vervolging is baie skraal.Hy is eintlik ‘n baie saggeaarde man.

Jan ·

Dit was oorlog. Ons mense is met bomme uitgewis. Dit was wreed, maar wat van die wrede moorde wat tans gebeur en niks kom daarvan nie?

Anel ·

En terroris is 100 jaar gelede dood. Hy was in elke geval reeds op geleende tyd. Vandag word vroue en kinders vermoor, elke dag. Hoeveel aandag word daaraan gegee? En hulle is onskuldige mense!!! Hoe lank wil die a en c voort gaan met hul hekse jag??? Hulle is die moordenaars van miljoene kinders wat doodgaan van honger. Wat doen hulle daaromtrent?

Keelvol ·

@ Barney. Onskuldigde mense get ook met die terroris se bomme om gekom en seer gekry. Waar’s hulle geregtigheid? Hoekom word Malema nie vir haatspraak gearresteer nie.

Pieterbusa ·

Dis lagwekkend. Maar dis omdat ons land regeer word deur oud terroriste.

Wakkerslaper ·

Wanneer gaan ons ophou om hierdie mense “aktiviste” te noem – die MK and ANC was en is steeds terroriste, soos daar nou weereens bewys word met hulle openlike steun aan HAMAS.

Pannies ·

Dit sal meer sinvol wees as hul aandag gee aan die 80 nuwe moorde wat elke dag hier gepleeg word, as aan iets wat dalk 40 jaar gelede gebeur het.

SwartBees ·

Die veiligheids magte moes die aktiviste saam met hul volgelinge op en weg geblaas het.

Jacques Dawie ·

Die ou lyn uit die boek van Verkiesings foefies. Pandor het in Iran gaan kuier einde laas jaar, kom terug, skielik is daar geld om die R100m+ ANC verkiesings skuld te delg? Wie het die geld gegee vir die ANC skuld? In Desember 2023 was Hamas leiers in SA? Het Iran geld vir die ANC gegee om teen Israel te politiseer.?

LIEZL ·

En wat het Mngomezulu gedoen, was hy nie ‘n terroris nie. Sou nie sonder rede net gemartel word nie. Ek stem saam SwartBees

Anon ·

Tussen 1948 en 1990 is 7000 mense gedurende Apartheid dood. Tussen 1989 1994 is 14000 dood waarvan 92% agv swart op swart geweld gedood is. Word daardie verstommende 12880 mense ook vervolg? Waar is die 100 000de duisende mense wat ons afgemaai het. Waarom word die blankes uitgesonder in hierdie belaglike nimmereindigende Apartheid strafposes.

Anon ·

Regstelling, word die 12880 mense se moordenaars ook vervolg. So wie het wie nou eintlik gedood?

Jaco ·

Die laaste wit te regering het in Februarie 1990 die ANC gewettig/ontban en vir Mandela uit die tronk vrygelaat. Eers VIER JAAR later was daar ‘n verkiesing wat, soos sedert 1990 deur ALMAL voorspel, deur die ANC gewen is. Nou wonder ek maar net: waarom is ALLE bewyse van sogenaamde apartheidsmisdade nie in daardie 4 jaar tussen 1990 en 1994 nie vernietig nie?

Prikkie ·

Om landmyne op paaie te plaas, bomme in winkelsentrums te laat ontplof, mense in ‘n kerk te skiet (St James Gemeente in Claremont), lugmag personeel wat oppad is huis toe voor hulle werkplek met ‘n motorbom op te blaas/vermink/beseer, neem ek aan is nie “baie wreed nie” of hoe praat ek nou Barney?

Tersia ·

En wat van die MK’s wat bomme geplant het in die 1980’s. Wanneer word hulle vervolg?

Perdeby ·

Hulle het ook net n opdrag uit gevoer. Wstse se bewyse was daar gewees?

Andre ·

…die A en C is sowaar desperaat om propaganda te maak voor die verkiesing!
Die ware vuilspel kom nog; “watch this space!”

Gaitsigubib ·

Barney, Casper, Liezl, Jan en ander het jou baie beter geantwoord as wat ek kan, maar ek wil net ook graag uitwys dat hulle jou beslis sal arresteer sonder bewyse. Ek kan detail van so geval verskaf, maar jy weet tog reeds dat dit waar is….

Casper ·

Barney,jy staar jou blind teen realitteit;
1 Wat van die Middelburg wat lang vonnisse opgelê is en onskuldig bevind is nadat hulle aanvanklik borg geweier is.
2 Die 2 Coligny boere wat op grond van een ooggetuie skuldig bevind is aan moord wat deur die appélhof onskuldig bevind is omdat die staatsgetuie gelieg het.
3 Hoeveel vals klagtes van rassisme is al teen blankes gelê en onskuldig bevind is.
4 So Barney hulle moet eers skuldig bevind word en forensiese toetse,ballistiese ontledings en welke hulle op die toneel geplaas kan word moet voorsien word. Was daar ooggetuies en watter plofstof is gebruik.Weet jy dalk Barney aangesien jy hulle reeds skuldig bevind het.

Casper ·

Barney nog so laaste ietsie om aan te kou
Dertig lede van die valke gaan om 2 dames te arresteer wat skaapdiewe gevang het.As jy weet wat in die land aangaan sal jy weet van die geval.

Danie ·

Die kommuniste voel vere of hulle ou mense is of nie.Hulle is ons mense wat gehandel het in staatsveiligheid.Moenie nou kom se hulle was verkeerd nie.Dis nou n politieke messtekery.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.