Vier ná ongeluk vas oor vuurwapens in bagasie

Argieffoto (Foto: memyselfaneye, Pixabay)

Vier mense is die naweek in hegtenis geneem toe ’n polisiebeampte op ’n ongelukstoneel in die Klein-Karoo onraad vermoed het en daar later vuurwapens en ammunisie in hul bagasie by die hospitaal gevind is.

Kapt. Malcolm Pojie, woordvoerder van die polisie, sê die vier was Sondag in die vroeë oggendure in ’n Toyota onderweg na Uniondale in die Wes-Kaap toe die bestuurder van die motor op die N9 tussen Herold en Uniondale beheer oor die motor verloor en die voertuig omgeslaan het.

Al vier mense het ligte beserings in die voorval opgedoen en is per ambulans na ’n hospitaal in George vervoer vir mediese behandeling.

Die beseerdes se gedrag het agterdog gewek en die polisiebeampte het dus sy kollegas in George gevra om hul bagasie te deursoek sodra hulle by die hospitaal aankom.

Twee vuurwapens en ammunisie is gevolglik in die bagasie gevind en die beseerdes is in hegtenis geneem.

Die vier verdagtes is sedertdien in aanhouding en sal na verwagting vanoggend in die plaaslike landdroshof verskyn op aanklag van die onwettige besit van vuurwapens en ammunisie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Mariana ·

Oeps!!Vuurwapen seker ook nie gelisensieerd nie. Wonder waarheen hulle oppad was of vanwaar hulle kom, kwaad gedoen voor die ongeluk of was hulle oppad om aan te jaag……

Gato ·

Sal nou weer ‘n lang storie hê dat hulle die wapens ge-erf het en dit eintlik net vervoer het van die oorledene se huis af. Die grootkop in die weermag in Pta het mos weggekom met die LKS.

Casper ·

Sien,selfs die spook van Uniondale bring haar kant om boewe vas te trek.Welgedaan spook van Uniondale.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.