Vier vas ná boendoegeweld  

(Foto: SAPD)

Vier verdagtes is in hegtenis geneem in verband met verlede week se voorval van boendoegeweld buite Phalaborwa in Limpopo waartydens vier mense wreed vermoor is.

Die vier verdagtes, tussen 18 en 38 jaar oud, is Saterdag in die vroeë oggendure in hegtenis geneem, het brig. Motlafela Mojapelo, polisiewoordvoerder, gesê.

Die voorval het Donderdag in Majeje in die Namakgale-polisiëringsgebied plaasgevind. Die vier mense wat tydens die voorval vermoor is, is deur lede van die gemeenskap daarvan beskuldig dat hulle ’n sakeroof gepleeg het waartydens ’n 25-jarige buitelander doodgeskiet en beroof is.

“Nog inhegtenisnemings word verwag. Die verdagtes sal Maandag in die Namakgale-landdroshof verskyn op vier aanklagte van moord.”

Drie verdagtes het glo die Easy Tuck-winkel binnegegaan en vuurwapens op die eienaar gerig en geld geëis. Een van die verdagtes het hom toe doodgeskiet en al drie het van die toneel gevlug nadat hulle die geld gevat het. Lede van die gemeenskap het die verdagtes agternagesit, hulle voorgekeer en met klippe bestook. Hulle het daarna hul liggame aan die brand gesteek. ’n Vierde slagoffer is ook gestenig en aan die brand gesteek nadat hy glo ’n vuurwapen op die woedende skare gerig het.

Lt.genl. Thembi Hadebe, provinsiale polisiekommissaris, het die inhegtenisnemings verwelkom.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Andries ·

Maar word plaasmoorde word met dieselfde dringendheid hanteer?

SjN ·

Ek praat die optrede nie goed nie, maar die polisie kan dit nie meer hanteer nie en gemeenskap raak keelvol.

Anel ·

Wel, as hulle wel gevang sou word, sou hulle borg gekry het en tien teen een verdwyn het. Die polisie het die greep op misdaad verloir. Gemeenskaspe het genoeg gehad. Sekeres wys dit net beter as ander.

Vanessa ·

Die gemeenskap moet dit meer gereeld doen. Moordenaars loop vry rond. Wet en orde moet geskied. Die gemeenskap hanteer die saak en handel dit sommer af. Met alle respek gesê mag dit ‘n les wees v die ander misdadigers!!!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.