Vier vas ná moord op Carolina-paartjie

(Argieffoto)

Vier mense is reeds aangekeer in verband met die moord op ʼn paartjie van Carolina wie se liggame Dinsdagoggend in hul huis op die dorp aangetref is.

Bure het die polisie gisteroggend na die huis ontbied nadat hulle onraad vermoed het omdat hulle die paartjie lanklaas gesien het. Beamptes het aan die deur geklop, maar daar was geen reaksie nie en hulle is die huis binne deur ʼn deur wat nie gesluit was nie.

Daar het hulle op die liggame van ʼn 83-jarige man en ʼn 64-jarige vrou afgekom. Paramedici het hulle dood verklaar.

Nadat inligting oor die vermeende betrokkenes van lede van die gemeenskap opgevolg is, is die verdagtes in Carolina opgespoor en aangekeer. Die slagoffers se Toyota Corolla is verlate naby die huis opgespoor en die polisie het beslag gelê op ʼn vuurwapen wat vermoedelik by die slagoffers gesteel is, sê kol. Donald Mdhluli, polisiewoordvoerder in Mpumalanga.

“Die mans staan tereg op twee aanklagte van moord en roof, asook die besit van vermoedelik gesteelde eiendom. Hulle sal na verwagting binnekort in die hof verskyn.”

Lt.genl. Semakaleng Daphney Manamela, provinsiale polisiehoof, het die inhegtenisneming van die verdagtes, tussen 18 en 30 jaar oud, verwelkom.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

18 Kommentare

Jr ·

Nou moet ons hof toe gaan met ons eie “kill” liedtjie wat nie eintlik bedoel wat die woorde sê maar in “context” gevat moet word. Dis mos n struggle liedtjie nê

krodedil ·

Stem daar is baie ou boere liedjies met die regte woorde in.

Misky ·

Ja, iets soos: 1 Boer wat val, 1 Taxi gaan dan sneuwel en ook ‘n rooi beret vir die pret daarvan

Jannie van Niekerk ·

Dan is daar nog mense wat sê die doodstraf moenie terug gebring word nie want dit skrik nie misdadigers af nie. Enige iemand wat teen die doodstraf gekant is, is misdaad soos hierdie goedgesind.
Waarom moet ‘n moordenaar “die reg op lewe” hê? Het die slagoffer dan nie ook ‘n reg op lewe nie?
Ek het onlangs weer met een wat gekant is teen die doodstraf ‘n gesprek gehad en toe ek hom hierop wys dat die slagoffer ook ‘n reg op lewe het was die persoon se antwoord:” Ongelukkige gebeur sulke dinge maar…” . Bid jou aan. So wat die persoon eintlik sê is “Moordenaar, moor maar lustig voort.”

Elize ·

Ja Jannie stem saam met jou. Tot een van sy eie mense vermoor word dan sing hy / sy ‘n ander liedjie

ES ·

Ongelukkig is die reg op lewe (afgesien van wie jy is of wat jy gedoen het) in ons Konstitusie ingebou. So die kanse dat die doodstraf teruggebring gaan word, is minder as niks. Ons kan dit op ons magies skryf en afvee.

Aan die ander kant – as die doodstraf wel teruggebring kon word, dink jy ons falende regstelsel sal doodstraf-sake regverdig hanteer? Onskuldige mense sal die doodstraf toegedien word. Kyk na boere wat hulself verdedig teen boosdoeners op hulle eie plase wat dan aangekla word van moord. Die hof swyg onder die druk van die betogers wat buite saamdrom.

Alida ·

In Suid-Afrika? Met die ANC aan bewind? Kan jy jouself indink hoe hulle dit sal misbruik teen onskuldige mense ook? Alhoewel ek nie gekant is teen die dood straf nie, sidder ek om te dink wat die ANC met so iets kan uitrig.

Misky ·

Ek stem 100% saam met jou, maar ongelukkig met die ANC aan bewind en die howe in hul sakke, sal hulle ons uitmoor soos vlieë. Ons boere wat in selfverdediging optree, kry dan nie eens parool nie.

Andre ·

Be careful what you wish for…
Jannie, het jy al gedink wat dit vir sekere rasse groepe sal beteken as die doodstraf onder ons huidige regering toegelaat word?
Kort voor lank sal n man die doodstraf kry as jy die verkeerde woord gebruik of die doodstraf kry omdat hy nie sy grond wil opgee nie.

SlinkseKoljander ·

Kan ons raai watse ras die jong moordenaar was? Ek glo Cele sal weet.

Alfred E Neuman ·

Ek kan aan n beter beskrywing dink, maar glo nie dit sal gepubliseer word nie.

Herman ·

Ek stem saam. Die is mos sensor deluxe stasie. As jy die waarheid skryf, verwyder hulle dit.

ES ·

So bitter hartseer. Sterkte aan die families van die slagoffers van hierdie terroriste.

Swerwer ·

Die misdadigers moet dieselfde straf toegedien word wat hul aan hul slagoffers gedoen het, dit is al hoe misdaad en moord in die land dalk minder sal word.

Papsak ·

BRING DIE DOODSTRAF TERUG ASB DAN SAL HIERDIE TIPE DINGE STOP WAT SE GROOT BEK MALEMMA NOU HY SE MOS DIT IS NIE MOORD NIE DIT IS KOELBLOEDIGE MOORD DEUR SY MENSE OUR PEOPLE GEDOEN HY KRY MOS LEKKER NOU MOET ONS OOK MAAR N LIEDTJIE KRY OM TE SING LAAT ONS SIEN WAT GAAN HULLE DOEN EN SE DAN

Skappie ·

Baie sterkte aan hierdie oom en tannie, se familie. Mag onse Liewe Heer julle almal styf in Sy arms vashou in hierdie moeilike tyd wat vir julle voorle. Mag hierdie mense wat dit aan hulle gedoen het, swaar gestraf word.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.