Vier vas wat glo skape steel

(Foto: Verskaf)

Vier mans is Woensdag by Zamdela in die Vrystaat in hegtenis geneem nadat ʼn troppie skape saam met hulle in ʼn bakkie gevind is.

Volgens sers. Josephine Rani, polisiewoordvoerder, het die Fezile Dabi-hoofwegpatrollie inligting ontvang oor ʼn wit Nissan bakkie wat op die R57 van Heilbron in die rigting van Zamdela op pad was en vermoedelik met ʼn voorval van koperdiefstal verbind kan word.

Die polisie het die voertuig op dié pad voorgekeer en deursoek.

(Foto: Verskaf)

“Daar was vier mans in die bakkie met 16 skape agterop. Die polisie het vir bewys van eienaarskap van die skape gevra maar die verdagtes kon geen dokumente lewer nie,” sê Rani.

Hulle is in hegtenis geneem vir die besit van vermoedelik gesteelde vee.

Al vier verdagtes kom van Sebokeng in Gauteng en sal na verwagting Vrydag in die Sasolburg-landdroshof verskyn.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Danie ·

Veediefstal in die land buite beheer.Daar geen sukses deur polisie voorkoming nie.Sindikate nou in beheer van veediefstal.Raak amper n eskom nee dit is n eskom geval.

Papsak ·

Bly daai diere is lewend gevind en veilig sluit hulle ver weg vir vee diefstal

SjN ·

Hulle gaan aanvoer hul was honger, nie vleishonger nie maar wel geldhonger!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.