Vise-kanseliers se peperduur salarisse ‘moet gereguleer word’

Die parlement in Kaapstad. (Foto: ANA)

Die parlementêre portefeuljekomitee oor hoër onderwys, wetenskap en tegnologie sê hy het met groot kommer kennis geneem van die salarisse wat senior hoofde – maar veral vise-kanseliers – by universiteite verdien.

Die instellings bepaal self hul salarisse, maar die komitee is bekommerd dat die hoë vergoedingsvlakke wat aan senior bestuurders by sommige universiteite betaal word, nie met die prestasies van hul universiteite, navorsingsuitsette of slaagsyfers versoen kan word nie.

Sunday Times het vroeër berig ernstige vrae word gevra oor waarom senior hoofde van universiteite wat swak presteer, of universiteite wat in omstredenheid gehul is, meer verdien as instellings wat as van die beste ter wêreld beskou word.

Volgens die koerant het vise-kanseliers in 2018 die volgende salarisse verdien: Mandla Makhanya (Unisa) R5,2 miljoen; Tshilidzi Marwala (Universiteit van Johannesburg) R4,9 miljoen; Wim de Villiers (Universiteit Stellenbosch) R4,8 miljoen; Adam Habib (Wits) R4,4 miljoen; Xoliswa Mtose (Universiteit van Zoeloeland) R4,4 miljoen; Francis Petersen (Universiteit van die Vrystaat) R4,2 miljoen; Cheryl de la Rey (Universiteit van Pretoria) R4 miljoen; Lourens van Staden (Tshwane-Universiteit van Tegnologie) R3,9 miljoen; Mahlo Mokgalong (Universiteit van Limpopo) R3,8 miljoen en Thandwa Mthembu (Durban-Universiteit van Tegnologie) R3,6 miljoen.

“Die komitee gaan die minister van hoër onderwys, wetenskap en tegnologie vra om ʼn ondersoek deur die Raad op Hoër Onderwys te laat doen na die vergoeding van universiteite se vise-kanseliers, asook hul senior uitvoerende hoofde. Daar moet dan aan die parlement verslag gedoen word,” het Philly Mapulane, komiteevoorsitter, gesê.

“Universiteite is openbare instellings en moet deur hul verkose verteenwoordigers verantwoordbaar wees aan Suid-Afrikaners oor die bestuur van hul finansies. As daar nie aandag aan die vergoeding van senior bestuurders geskenk word nie, kan dit in ʼn wegholtrein verander. Om dié rede vra ons dat dit gereguleer word.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Johann cb ·

Liewe genade, ek kon na ‘n leeftyd van werk nie spaar wat hierdie persone in ‘n jaar verdien nie! En die Universiteite maak ook géén positiewe vooruitgang nie!

Jaques ·

Grootmond oor universiteite se VC’s se salarisse, begin dan sommer ook kyk wat ons bankkrot SOE se bestuur verdien.

Ettienne ·

as belasting klaar sy gedeelte gevat het.. is dit maklik om daai geld uit te lewe

Donderstorm ·

Dit gaan oorals so die man op die vloer wat die geld in bring kry peanuts en die bestuur n hengse klomp geld dan kry hul nog voordele soos n petrol toelaag behuising sel fone motor toelae dan by verhoging tyd met hul salarise kry hul baie baie meer as die werker op die vloer so raak die gaping net groter en groter as mense minder gemaak moet word moet die werker op die vloer loop nie die in die mushroom kop nie.

Tinus Coetzee ·

Dit is ‘n bietjie grof, maar waarom moet hulle inkomste gemeet word aan hulle arrestasie. Wat maak julle anders as die Eskom base of enige minister, waarom word hulle nie ook dan vergoed op grond van prestasie nie.
My opinie is dat sommiges dan sal moet betaal vir sy stoel wat hy warm sit in die parlement.

Mog-het-troffe ·

Universiteitspersoneel se salarisse behoort net soos by Kolleges in lyn te wees met salarisskale in die staatsdiens (bv. assistent-direkteure, adjunkdirekteure, direkteure, hoofdirekteure, ens).

Ohmyword ·

Daai soustrein het lankal “gecrash”. Die salarisse wat kader aanstellings in ons land darem verdien reverdig nie die patetiese werk wat hulle doen nie en dit in derde wêreld land waar werkloosheid seevier. Dis net met verkiesing tyd wat ons mense saak maak en babetjies gesoen word vir stemme. Die res van die tyd betaal die betaal ons vir die hemelhoë salarisse en voordele wat buitensporig is

Landie ·

Net te wonderlik hoe die parlementariers so vinger wys na die Universiteite. Terwyl hulle tog so lekker die gravy train ry met hulle allemintige salarisse. En bo-op dit elke perk in die boek vir sit en NIKS doen. Vee maar eers voor julle eie deur en dan kan julle die vinger na ander wys.

Ane ·

Om n Vise-kanselier te kan wees moes jy baie hard studeer het, ten minste n Prof voor jou naam te kan skryf. Party parlements lede het nie eens matriek nie en verdien meer as die
Vise-kanseliers wat jare gestudeer het, se maar net.

Gert Retire@Midstream ·

Ons kla oor die salarisse van die VC,s. Ons kla oor die gehalte van onderwys. Ons kla oor subsidies in alle vertakkinge van die onderwys. Ons bekommer ons oor die uitsette. Die hele “projek” benodig dringend aandag.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.