Vlak 4 geld nog dae lank

Vlak 4-beurtkrag sal nou tot Sondag vroegoggend geld.

Eskom het ’n kort ruk gelede aangekondig dat ’n opwekkingseenheid elk by die Kriel-, Majuba- en Tutukakragstasie die afgelope 24 uur onklaar geraak het. Dié verwikkeling noodsaak hom nou om vlak 4-beurtkrag tot Sondag 05:00 in te stel.

Fase 3-beurtkrag sal dan tot Maandag 05:00 geld.

Eskom sal ook Sondag ’n vooruitsig op die komende week verskaf.

Die kragvoorsiener sê hoewel sommige opwekkingseenhede teen volgende week na verwagting in diens gestel sal word, is dit steeds nodig om beurtkrag voort te sit in ’n poging om die noodreserwes aan te vul wat die afgelope twee weke uitgeput is.

Altesaam 7 210 MW is tans nie beskikbaar nie weens beplande instandhoudingswerk, terwyl nog 15 319 MW aan kapasiteit weens onbeplande kragonderbrekings nie beskikbaar is nie.

“Eskom sal enige verdere veranderinge dadelik kommunikeer,” het die kragvoorsiener vanmiddag belowe.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

30 Kommentare

Elma ·

Eskom julle hoef regtig nie vir ons Sondag n vooruitsig vir volgende week te laat weet nie. Ons weet reeds hoe dit sal wees.
Julle het nie n benul wat julle doen nie en DIT gaan nie Sondag sommer net so verander nie!

Oros Soros ·

Ek sal verbaas wees as volgende week beter sal wees as die afgelope week. Ek twyfel.

Seef ·

Ag man. Selfde ou storie oor en oor. Al sooooo moeg vir dit.

Duck ·

Almal blameer altyd vir die slegte Eskom technicians en min of geen ondervinding, dit het niks daarmee te doen nie, die stasies is oud en dit was nooit vervang nie, nou doen hul tydelike reperasies om die units aan die gang te hou. Kyk na Koeberg, dit is al oor sy “sell by date” maar steeds word daar gepatch en geplak. Jare gelede moes daar al iemand besluit het om nuwe stasies te bou of om ten minste die ou opwekkers te vervang met meer huidige tegnologie, dit was nie gedoen nie, nou haal dit ons met die spoed van lig in. Daar is geen tydelike oplossing nie, als neem tyd en geld om te vervang, al is dit wind of son plase.

CJS ·

“nooit vervang nie” – hoekom nie…nou sit ons met die gevolg wat jy skynbaar probeer regverdig.

Henri ·

Ek stem saam met jou dat iemand jare gelede al moes beplan en bou het. Maar dit is ‘n simptoom van die cANCer regering. Geen beplanning en bou nie. Dit is ook nie net die geval met Eskom nie, maar Prasa, Denel, al ons skole, hospitale en algemene infrastruktuur. Dis geroof en geplunder. Die cANCer het geen trots en geen skaamte.

Suzette ·

Shame julle, hulle het nie enige handleiding saam die land ontvang nie.

Leon ·

Hoekom is ons nie verbaas nie. Elke keer net so voor dit moet ophou breek nog n opwekkings eenheid.

Lida ·

Koppies maar dof….die bietjie wat hulle spaar binne enkele minute weer daarmee heen met allies wat aanskankel om weer te begin werk.

Kenny ·

Eskom jy sien nooit dat eenhede terugkom by die verskillende stasies nie jy sien net hulle val uit
Onthou net die eenhede kan nie met n draad en n tang reggemaak word nie.
Oor volgende week moenie worry nie ons het 3 weke terug se verskonings gestoor onder Eskom verskonings

CJS ·

Ramaphosa en Biden is besig om wêreldkwessies takel, hou goeie moed – Hahaha!

LANA is ELANè ·

ESKOM ons verwag niks meer as net dit van julle af nie! Julle is pateties en jul sg kundigheid om die entiteit aan die gang te hou is rerigwaar netso onbetroubaar soos julle ANC regering. Ek wonder waarvoor betaal mense belasting, o ja, nou onthou ek, om korrupte amptenare en rampokkers se buitensporige leefstyl aan die gang te hou.

Sarel ·

Ek vra weer hoe is dit moontlik dat Eenhede by verskillende Kragstasies op dieselfde tyd afskop?

Mariana ·

Ja Eskom ja, genoeg nou met die verskonings, maak nie saak watter fase dit is nie, tye bly dieselfde. Ons weet ook dat die regering moet pa staan vir wat nou gebeur. Ons is al vir soveel jare bewus maar steeds is daar zero vordering vir hernubare krag nie, want dis hulle wat voete sleep. Seker bang hul en hul kaders se geldkraantjies word toegedraai. Doen wat julle moet, maar kry oplossings vir die probleem. Ons kan ook net soveel geduld hê en ons geld op hierdie gemors spandeer. Ons word stukkie vir stukkie, rand vir rand verarm elke dag.

Jack ·

My vraag mense is dit…hoe voel dit om SO pateties te wees ? As my werk van so aard was dat dit elke 10 dae moet oorgedoen word was ek lankal in die pad gesteek.As die wat die werk doen dit nie goed kan doen nie KRY DAN BEVOEDE EN KUNDIGES om die werk te doen.Die geploeter van Eskom is seker die laagste vorm van swak werksbeheer en bestuur.Begin by ‘n punt en VERVANG werknemers met kundiges en bevoegdes.

CHRISTINE ·

DIT SAL NET BETER WEES AS HUL LAAT WEET WANNEER DIE KRAG AAN IS.

Suzette ·

Of as hulle die onkundiges vervang het met mense wat WEET wat hulle doen. Goeie gom hoe moeilik is dit om spanne te kry wat weet wat hulle doen. Daar is lyste van mense wat KAN EN WIL. Hulle wil net nie die kans gegee word nie want almal is so bang vir BEE.. PLOETER DAN AAN SOLANK AS JULLE WIL. Moet net nie kom tjank as selfs julle high en mighty’s se liggies in julle MANSIONS verdoof nie. Dan sal ons dit gewoond wees en julle wat nie WOU luister nie gaan begin suffer. Kry privaat sekuriteit mense in om sabotasie te beveg met werklike amunisie en nie soos tans met spons battons , knopkieries en clap guns nie

Johann ·

Hoe de MMMMMMMMM raak als gelyk “onklaar”? Dis ooglopende sabotasie! Vra bv van wie word die massas diesel gekoop? Kyk mooi hoe ons land in sy janter in afgebreek word.

Francois ·

So 22 529MW van hul totale 45 000MW kapasiteit, dus 50%, is tans onbeskikbaar. Lyk my Fase 4 is ons voorland vir die volgende week.

Di ·

Mens sal moet ‘n dagboek aanskaf met al hierdie wisseling van vlakke op ‘n daaglikse basis. Geen mens kan meer tred hou nie.

Carel ·

Swak. Hierdie selfde eenhede breek keer op keer. Dank die mense wat hulle werk nie reg doen nie, af

Arend ·

Duck Tape kan nie vir altyd die stukkende onderdele aanmekaar hou en seël nie! Daarom dat eenhede gereeld “uitskop”! Noodreserwes is seker nou opgebruik en tyd is nodig om weer genoeg Duck Tape bymekaar te maar vir die onbeplande instandhouding.

Jaco ·

Ek wil net graag Maandag na koningin Elizabeth II se begrafnis kyk. Synde dat ‘n vorige Britse eerste minister gesê het dat onteiening sonder vergoeding reg is, is geen beurtkrag Maandag seker nie te veel gevra nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.