Vliegtuigwrak in Bultfontein gevind

Die vliegtuigwrak is in die veld gevind (Foto: Verskaf)

Die wrak van ʼn ligte vliegtuig is Vrydag vroegoggend in die Bultfontein-gebied in die Vrystaat gevind nadat dit Donderdagaand vermis geraak het. Die vliegtuig het Donderdag gewasse gespuit. Die vlieënier het in die ongeluk omgekom.

Kol. Thandi Mbambo, woordvoerder van die polisie, sê die polisie is gister omstreeks 21:00 in kennis gestel van dié ligte vliegtuig wat vermis geraak het. Die vliegtuig het in daardie stadium gewasse in die omgewing van Bultfontein en Hoopstad gespuit.

“ʼn Soektog na die vliegtuig is van stapel gestuur. Plaaslike boere het hul hommeltuie ingespan om te help soek na die vliegtuig,” vertel Mbambo.

ʼn Polisiehelikopter is Vrydag omstreeks 05:00 in die lug opgestuur om na die vliegtuig te soek.

“Binne tien minute nadat die helikopter in die betrokke gebied geaktiveer is, is die vliegtuigwrak in ʼn mielieland opgemerk.”

Die vlieënier, wat alleen in die vliegtuig was, is op die toneel dood verklaar.

Die polisie se ondersoek gaan voort om die presiese omstandighede rakende die voorval te bepaal.

Medelye vir die vlieënier se familie en vriende het op verskeie gemeenskapsgroepe op sosiale media ingestroom.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Genis ·

RIP, ons dink veral aan die familie en vriende. Veral jou dogtertjie, mag die Here jul vertroos in die hartseer tyd.

Daleen ·

Dis kommerwekkend hoeveel ligte vliegtuie en helikopters die afgelope 2 maande geval het. Innige simpatie aan al die families van die oorledenes.

Hennie ·

Baie hartseer. Na baie jare by SAA het hy ‘n nuwe loopbaan begin as oesbespuiting vlieënier. RIV Chris.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.