VN betreur SA se ‘giftige inperkingskultuur’

Lede van die polisie en weermag op patrollie tydens die staat van algehele afsondering. (Foto: SA Weermag/Twitter)

Die Verenigde Nasies (VN) se kommissie vir menseregte het sy kommer uitgespreek oor Suid-Afrika se “giftige inperkingskultuur”.

Georgette Gagnon, die kommissie se bedryfshoof, het Maandag tydens ʼn mediakonferensie die “hoogs gemilitariseerde” operasies deur die veiligheidsmagte betreur.

“Ons het berigte ontvang oor die oneweredige gebruik van mag deur veiligheidsbeamptes, veral in arm en informele nedersettings,” het Gagnon gesê.

“Rubberkoeëls, traangas, waterkanonne en swepe is gebruik om sosiale distansiëring in rye buite winkelsentrums asook buite huise af te dwing.”

Volgens Gagnon is daar reeds teen vroeg April meer as 17 000 mense in Suid-Afrika in hegtenis geneem vir beweerde oortreding van die afsonderingsregulasies.

Sy het gesê dit is kommerwekkend dat die onafhanklike polisieondersoekdirektoraat (Opod) verskeie klagte van onder meer “moord, verkragting, aanranding, die afvuur van vuurwapens en korrupsie” teen polisiebeamptes ondersoek wat dus op ʼn “giftige inperkingskultuur” dui.

Michelle Bachelet. Foto: (AP Photo/Marco Ugarte, File)

Michelle Bachelet, die VN se hoë kommissaris vir menseregte, het gesê voorvalle van misbruik is ook in ander Afrikalande opgeteken.

“Om iemand te skiet, in aanhouding te neem of te misbruik vir die verontagsaming van regulasies omdat hulle desperaat na kos soek, is duidelik ʼn onaanvaarbare en onwettige reaksie. Dit is ook die geval wanneer dit vir ʼn vrou moeilik of gevaarlik gemaak word om by ʼn hospitaal te kom om geboorte te gee. In sommige gevalle sterf mense weens die onvanpaste toepassing van maatreëls wat vermoedelik ingestel is om hulle te red.”

Bachelet het benadruk dat respek vir mense se regte “waaronder ekonomiese, maatskaplike en kulturele, burgerlike en politieke regte”, en die beskerming daarvan, “noodsaaklik is vir die sukses van die openbare gesondheidsreaksie en herstel van die pandemie”.

Die VN se kommer oor Suid-Afrika se toepassing van die landwye afsondering is uitgespreek net enkele dae voor ʼn aandklokreël van 20:00 tot 05:00 van Vrydag af ingestel gaan word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

36 Kommentare

Werner ·

Hulle is net gepla omdat dit nou weer in die informele nedersettings is hulle het nog nie n woord geuiter oor plaasmoorde nie gemors

Maya ·

Ek is so bly dat hierdie vergrype en magsmisbruik van sommige polisie- en weermaglede opgemerk is deur ‘n internasionale organisasie. Dit behoort nie so te wees nie.

Leon ·

Sy is maar baie stil oor wat in Suid Amerika aangaan en die ander lande waar betogers hardhandig behandel word. Sy sal daarvan hou as helfte van Suid Afrika dood lê van die Covid virus. Of wil sy haar land se medise personeel en weermag instuur om oor te vat en te doen wat ons doen. Wil ons sejker kom kolonialiseer.

Marisa W ·

Hi Leon ek is nie so seker dat kolonialisasie ‘n slegte ding gaan wees nie

Anel ·

So vêr ek weet kan aandklokreel slegs toegepas word as noodtoestand afgekondig is en slegs vir ‘n vasgestelde tydperk. Dan moet dit aan nog’ n hele klomp ander reëls voldoen voor dit in gestel kan word. Wanneer is daar ‘n noodtoestand af geko dig? Of bly ons nou in ‘n polisiestaat? Die is komunisme wat toegepas word.

capie ·

Anel daar is al vroeer gepraat van dat dit soos ‘n staatsgreep voorkom.

Pooksy ·

Jammer om dit te se, maar die wat nie wil leer nie moet voel. Ons het inelkgeval n klomp balhorige mense in SA. Dis ernstig die, nie grappies nie. Mense gaan dood. Bly by jou huis.

Johan ·

So jy wil ons vertel dat jy in die lockdown nog nie een keer jou huis verlaat het nie . Ses weke se voorrad bymekaar gemaak jy is beter as n eekhoring.

capie ·

Pooksy, as daar nie meer kos in die huis is nie en daar is niks meer geld oor nie, kan nie meer elektriek koop nie (nie onwettig aangesluit nie), wat maak jy.

Burgermeester ·

Die VN is ook ‘n ander nasie, wanneer betreur hulle die ‘giftige rassekultuur’ wat die ANC kweek?

capie ·

Die VN is soos ‘n kindertuin onderwyseres. Sal nie eers hard praat nie.

Danie ·

Ai ou mensie, wil jy nou se dit het so lank vir jou geneem om afrika se kultuur raak te sien, Ons regdenkende mense probeer dit al vir dekades verduidelik. Die internasionale politisie bly naief.

Willem ·

Sal Maroela dalk n boodskap na die ministers kan deurkry. Moet asb nie dat daai vrou ndz weer praat nie. Sy sukkel duidelik en ons kan niks hoor nie.(dalk beter)

marius ·

Was en sal altyd net een vet klug wees om geld te bedel en hul meesters te verryk . Hulle val is baie nader as wat hul dink.

Astrain ·

Eerste wereldse oplossings kan nie werk vir ‘n derde wereldse probleem nie al is dit dieselle probleem…

gatgogga ·

Maar ek hoor dan Cyril verkondig hoe mooi our people saamwerk ?

Frans ·

Daar waar ek inkopies doen is daar mense wat dink hulle is ‘bullet proof’ en kan niks oorkom nie.Die regering het 26 jaar tyd gehad om die lot van mense in die ‘Townships’ te verbeter en ‘n klimaat te skep waarin die ekonomie kon groei.
Toe kies hul die pad van kaderontplooing en selfverryking en pluk nou die wrange vrugte daarvan.
Mense in die woongebiede het nou nie langer ‘n keuse nie-jy gaan dood van die honger en gaan uit
en loop die risiko om deur die virus besmet te word.

Om hul terug te jaag gaan nie die probleem op los nie.As hul net noord kyk,sal hul sien hoe ‘n soortgelyke beleid het Zimbabwe op sy knieë gebring het en worstel die land nou met hongersnood weens ‘n voedseltekort, met’n malaria uitbreek en covid-19.Jy moet werklik harteloos wees as jy niks vir die mense daar en hier voel nie.Hoe lank nog voordat die regerings besef hul slaan ‘n verkeerde koers in,wat net rampsoedig kan eindig.

ES ·

Die probleem is dat daar nie beheer toegepas kan word in die informele nedersettings nie. Die polisie en weermag reageer gewelddadig uit frustrasie omdat hulle dissipline moet toepas op mense wat nog nooit dissipline gehandhaaf het nie, en ook nie wil nie.

Frans ·

Dit is nou nie alles waar nie.Ek het jare lank in swart woongebiede gewerk.Daar is basies
3 dinge wat mense wil hê,’n werk,’n dak oor sy kop en sekuriteit.Onthou dit was nie die ouer geslag wat opstandig geraak het nie,dit was die jonges wat deur opstokers die grootste probleem was.
Hulle het selfs sover gegaan om hul ouers te dreig dat hul die ouer huise,skole en wat nog meer sal afbrand as die nie saam met hul betoog nie.Toe dit nie na hul sin werk nie
pas hul die halssnoer moorde toe en konfiskeer inkopies wat in ‘wit gebiede’ gedoen is.

Ek onthou hoe baie van die ouer werknemers gesmeek het om by die werk oor te slaap,
want hul was absoluut uitgeput en kon nie hul werk meer doen nie.Vandag is die afbrand
kultuur nog daar en sit die ANC met ‘n yslike probleem,want die kultuur wat hul help skep het,gaan nie oornag verdwyn nie.

Adam Adriaan ·

Die regering praat met ‘n gespleete tong. Aan die eenkant verkondig hulle dat die armoede gebreek moet word, as skyn , maar hulle sosioalitiese kultuur en beleid se hoof doelwit is om die mense arm te hou.

Anel ·

Komunisme! Hou hulle ongeskool en afhanklik van die staat. Zombies!

Jaco ·

Ek wens weer hierdie hardhandige optrede is hier om te bly. Dit sal misdaad permanent laat afneem

Phumba ·

Tot jy die slagoffer word (alreeds berigte dat mense in hulle huise aangerand word deur veiligheids magte personeel), dan sal ons n ander duuntjie van jou kant af hoor

Johan ·

Jaco jy leef in n droomwereld onthou enige persoon kan net tot n sekere punt opvreet en dan ontplof hy/sy . Die gevolg is dan dat onskuldige persone of artikels daar onder ly. Onthou net geweld word na n ruk met geweld beantwoord.

Danie ·

Hulle is die blikskottels wat so gekla en gekerm het oor wat voor 1994 in SA aangegaan het. Nou maak hulle witbroodjies self lekker droog. Dis nie lekker om met eier op jou gesig te sit nie, né “antie”!

Rodger17 ·

Lyk vir my die regering beplan iets met die aandklokreël en ontplooiing van SANW(Suid afrikaanse nar weermag).Ek ia seker baie dom,maar aandklokreël word in oorlogstye en miskien onluste ingestel.Ek dink die regering verwag massa bugerlike ongehoorsaamheid en optrede weens die hongersnood wat kom met die drakoniese inperking.Dis maar my siening

Schalk N ·

Absolute snert. As “HULLE” soek vir moeilikheid, dan moet dit so gebeur. Kyk maar wat het laas week gebeur, toe n persoon vir die Polisie weg hardloop. Daar is verskeie kere vir die persoon gewaarsku om nie weg te hardloop nie. NOU WORD DIE POLISIE LID AAN GEKLA OMDAT HY DIE PERSOON IN DIE BEEN GESKIET HET. Gaan kyk langs die N2 Snelweg by Kayalitsha hoeveel kinders speel sokker, skaars n Kilometer van daar is n HELSE GROOT pad blokkade waar die voertuie vir etlike honderde meters op gedam is. Nou vra ek myself wat is REG en wat is VERKEERD…

Petrus Johannes ·

Weereens geen woord oor blankes wat sleg behandel word nie.Die vn het nog nooit omgegee vir ons nie

Dr Pieter ·

Die regulasies is uitgevaardig om menselewens te beskerm. Ek wil nou graag weet hoe dit toegepas moet word as mense dit blatant ignoreer en hulle nie aan die polisie se versoeke steur nie?
Daar is etlike videos versprei hoe mense die polisie uitskel en selfs met klippe gooi. Daar is talle gevalle van inbrake en stroping. Hoe nou gemaak? Vir hulle sê, “as jy dit weer doen, mag jy dit nooit weer doen nie hoor?”

Natuurlik is magsmisbruik nooit regverdigbaar nie, maar as die polisie (en/of weermag) bystaan en niks doen om die reëls toe te pas nie gaan ons hulle weer beskuldig dat hulle nie hul werk doen nie.

Die VN het geen idee dat ons nie in ‘n wetsgehoorsame samelewing soos 1e wêreld lande woon nie. Massa ongehoorsaamheid was deel van die struggle, dit gaan nie sommer net weer weg nie.

Fedup ·

Yes you heard about it. You are saddened about it. Now what exactly will you do about it? Human rights in the world is your department. Do your job.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.