Tjaart van der Walt, voormalige rektor van die destydse Potchefstroomse Universiteit vir Christelike Hoër Onderwys (PU vir CHO), is in die ouderdom van 85 oorlede.
Louis Jacobs, woordvoerder van die Noordwes-Universiteit, het gesê die NWU het met leedwese kennis geneem van Van der Walt se afsterwe Vrydagaand.
Van der Walt was van 1977 tot 1987 rektor van die PU vir CHO en was ook later kanselier van die voormalige Universiteit van Bophuthatswana.
Jacobs het Van der Walt as ʼn uitsonderlike leier en ambassadeur beskryf. “Hy was lief vir mense en was toegewyd tot God. Hy was van 1962 tot 1969 predikant van die Gereformeerde Kerk Krugersdorp.”
Volgens Jacobs het Van der Walt tydens sy termyn as rektor van die PU vir CHO studentelewe as prioriteit geag. Hy het ʼn ondersoek ingestel na studentedienste, studentelewe en universiteitsport, en strukture versterk om dié aspekte meer funksioneel te maak.”
Die raad van die universiteit het destyds danksy Van der Walt se beplanning besluit om die Fakulteit Ingenieurswese te begin.
Van der Walt is in 1992 as ambassadeur in Bophuthatswana aangestel. Ná die aanvang van die demokratiese bestel in 1994 het die premier van Noordwes hom versoek om aan te bly as voltydse adviseur.
Van der Walt het in 1951 ʼn BA-graad voltooi, gevolg deur ʼn honneursgraad en ThB. Hy het ook ʼn honneursgraad in klassiekte tale verwerf. Van der Walt was ook ʼn buitengewone professor in Nuwe Testament-studies. Hy is in 2017 deur die NWU vereer met ʼn toekenning vir sy lewenslange bydrae.
“Ons harte gaan uit na sy weduwee, kinders en ander familie. Hy het in sy tyd visie gewys en daardie visie word vandag nog nagestreef in ons strategie om die NWU te transformeer en te posisioneer as ʼn eenheidsinstelling van voortreflike akademiese uitnemendheid met ʼn verbintenis tot maatskaplike geregtigheid. Sy visie sal altyd waardeer word,” het prof. Dan Kgwadi, visekanselier van die NWU, gesê.
N begaafde prediker en n man der manne
Voorwaar ‘n merkwaardige mens gewees. Net een foutjie: hy het in 1951 begin studeer, en in 1953 sy BA behaal.
Die Prof het n baie groot bydrae gemaak om die land op te bou. Ware held.
Hy was briljante skolier en het in matriek onderskeidings in al sy vakke gehad. Sy pa was die hoof van Helpmekaar Hoër Seunskool gedurende my hoërskool dae.
Sy pa was bekend as J.J. en hy het sewe onerskeidings in matriek gehad en wass die top student in Transvaal gedurende symatriekjaar,
Daar word nie meer sulke manne gemaak nie.
Ellisras, jy’s verkeerd. Daar word nog baie sulke manne gemaak…………ek het een. Hulle’s net nie meer in hierdie godverlate hool nie…….hulle maak ‘n lewe in ander lande wat jou oë sal laat traan van jaloesie……
n Profeet in eie reg
‘n Ware PUK. Ek is seker hy het nie die transformasie beplan en gesien waarin deur ‘n web van leuens en bedenklike inligting die Puk vernietig sou word om die NWU tot stand te bring. Dat die NWU, ‘n anti-Afrikaans, anti-Christelike instansie met hom assosieer is ‘n skande.
Dis net te wonderlik dat jy net n held kan wees as jy ‘n tranformasie agent was
Prof van der Walt se pa J J van der Walt was ook hoof van Fakkel Hoerskool gelee in die suide van Johannesburg, voordat hy Helpies toe is. Die skool saal by Fakkel Hoer was/is bekend as die “J J Van Der Walt Saal” dit was ook in die tyd toe P G du Plessis Afrikaanse onnie op Fakkel was, daar sy inspirasie vir Siener in die Suburbs.