Voormalige Vrystaatse premier op plaas aangeval

Sisi Ntombela (Foto: dumelangnews.co.za)

Die voormalige premier van die Vrystaat, Sisi Ntombela, en haar man, Mandala, is Maandag in die vroeë oggendure op hul plaas Holfontein naby Heilbron oorval, aangerand en beroof.

Die egpaar het ligte beserings tydens die aanval opgedoen.

Brig. Motantsi Makhele, Vrystaatse polisiewoordvoerder, sê die oudpremier (66) en haar man (68) het Maandag tussen 02:00 en 03:00 wakker geskrik toe ’n groep onbekende verdagtes die deur van hul slaapkamer probeer oopdwing het.

Die groep mans was in daardie stadium reeds in die plaashuis.

Die verdagtes kon eindelik die deur oopkry en het die egpaar oorval.

Vandaar het die aanvallers die plaashuis geplunder op soek na geld, voordat hulle eindelik met onder meer selfone en bankkaarte gevlug het.

Ntombela, wat sowat ’n jaar gelede as premier van die Vrystaat bedank het, het by die plaaswerkers gaan hulp soek om die polisie te ontbied.

Lt.genl. Baile Motswenyane, Vrystaatse polisiekommissaris, het intussen die polisie gelas om die hulpbronne van verskeie eenhede en belanghebbendes te mobiliseer om die aanvallers op te spoor en voor die hof te bring.

Enigiemand met inligting rakende die aanval word versoek om lt.kol. Mosiuoa Mokhethi by 082 525 2303 te kontak.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

19 Kommentare

Pierre ·

Nou sal al wat n polisie man is moet begin soek, iemand het mos n kader aangeraak.

Dirk ·

Nou gaan seker al die polisie wat nie deel het in die AKA saak nie, hieraan werk. Want al hierdie mense is mos meer belangriker as die res van die land.

Samuel ·

Die polisie sou nie so vining ontplooi word as dit wit boere was nie. Nietemin, is dit die regte ding om te doen.

Vrijburger ·

Wonder ek by myself – is hulle ook gemartel? En indien nie, waarom nie?

Misky ·

Ja Sisi, jy kan bly wees jy is nie vermoor of gemartel soos duisende ander boere nie.

Frikkels ·

Die moontlikheid is groot dat plaasaanvalle nou ewe skielik ñ prioriteits misdaad verklaar sal word. Hulle moet dit eers aan eie bas voel!

Anel ·

Wat maak hulle beter as wit boere??? En hoekom is ‘n lt.kol die ondersoekbeampte? Wens hulle wil alke plaasaanvalle dieselfde hanteer.

Miena ·

Ja dis toe nou nie so veilig sonder al die VIP protection body guards nie. Dis hoe dit voel om n gewone SA Burger te wees

Papsak ·

Nee as dit n wit boer was was daar nie die helfte so vinnig op getree nie maar dit mos nou hulle kleur daarom spring hulle nou so vinnig ?????

Boer ·

Nou gaan Bheki die hele SAPS daarheen toe stuur om die oortreders te vang.

Oom Kaspaas ·

Wie sê nie hierdie is ‘n verkiesings foefie om te sê plaasanvalle is nie ras gedrewe nie en dat die partye wat baklei om dit meer aandag te gee dit uit hulle duime suig

Oom Kaspaas ·

Want hoekom het hulle omtrent niks oorgekom invergelyking met ander plaas aanvalle nie ?

Casper ·

Oom Kaspaas,jy het ‘n punt daar beet,veral omdat hulle nie gemartel en vermoor is nie en sy was ‘n voormalige premier.Hoekom het sy bedank.

SjN ·

Hul is oorval, wonder hoekom is daar nie geweldadig opgetree en niemand beseer of gedood nie, klink amper na n inside wolhaarstorie? Die lt.kol moet sommer ook n poligraaf toets op hul doen voor hoedeman daar land.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.