Voortrekkermonument oop vir sake ná rooftog

Foto: Verskaf

Sake gaan voort soos normaal by die Voortrekkermonument in Pretoria ná ʼn gewapende rooftog Dinsdagoggend.

ʼn Veiligheidswag wat aan diens was by die hoofhek van die monument in Eeufeesweg is Dinsdag in die vroeë oggendure deur drie mans oorval.

Volgens Geraldine Paulsen, woordvoerder van die monument, het die rowers eers ʼn motor by Fonteinedal probeer kaap, maar dit het misluk waarna hulle by die monument toegeslaan het.

“Twee van die verdagtes was gewapen en die rowers het tydens die voorval die venster van die hekkantoor gebreek en die kasregister en rekenaarskerm gesteel. Hulle kon nie die rekenaar se hardeskyf steel nie. Hulle het ook die kamera by die hoofhek verwoes.”

Geen kontant word snags in die hekkantoor of kantore op die terrein van die Voortrekkermonument gehou nie. “Die rowers het ook die hekwag se persoonlike besittings geneem. Hy is gelukkig nie ernstig beseer nie.”

Paulsen het gesê die polisie was reeds vroegoggend op die toneel. “Volgens die hekwag was die mans nie Suid-Afrikaanse burgers nie. Ten spyte van die feit dat die rowers die kamera by die hek vernietig het, kon die polisie duidelike foto’s van die drie rowers aflaai.”

Die monument gaan intussen vandag voort met normale sake-ure en besoekers kan steeds van die hoofhek gebruik maak om toegang tot die monument se terrein te kry.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

Realis ·

Die Polisie het duidelike fotos van die kriminele afgelaai. Volgens POPI mag niemand sien hoe lyk hulle nie want hulle regte sal aangetas word. So die Polisie het hulle tyd gemors om fotos af te laai. Hulle mag dit vir niemand wys sonder die krims se toestemming nie. Lekker hawe vir die kriminele hier in SA.

Kultuur ·

Die betekenis en inligting wat die Monument in terme van SA se kultuurhistoriese beeld bydra is sopas opgegradeer.

Andre ·

Wys die fotos!

Sodat ons almal kan help soek na die rowers!

Ons kén hulle dalk!

Theresa ·

Ek stem saam met julle. Maar wat – hulle voel ‘n veer want dis maar net die Monument. Plek is van GEEN belang vir hulle nie.

Suzette Geringer ·

Met al die rooftogte, moorde en korrupsie het Suid-Afrika ‘n bouval geword van die land wat dit eens was.

marous ·

Leer oor jou verlede en sien sommer die hede en die toekoms ook .

ExPat ·

My vrou en kinder was nou onlangs vir ‘n maand in SA om by familie te kuier.. ek kon nie saam nie. Hulle wou een dag na die voortrekker monument gaan kyk, maar het daarteen besluit. Dank vader. Ek was vreeslik bekommerd oor hulle die hele tyd. Dit was nou die laaste keer wat ons voet in suid afrika sit. Julle is paddas in die kookwater, jammer om te se.

Anton Smith ·

Totsiens Suid-Afrika!!So het die stadige agteruitgang van ons land begin!!Die Mooi verlede word afgebreek en vervang met n korrupte en primitiewe hede!Die nuwe bedeling het GEEN idee van kultuur of nasietrots!!!Dit help nie meer om teen hierdie gewelddadige ,opstandige en primitiewe samelewing te protesteer nie!!!Zimbabwe nr 2!!Hier kom ons!!!

Tinus Coetzee ·

Dit was seer sekerlik die werk van die berugte drie broers, Dom, Dommer en Domste!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.