Vrou glo in munisipale kantore aangerand

(Argieffoto)

ʼn Munisipale werker het Maandag in die Carletonville-landdroshof in Gauteng verskyn op aanklag van aanranding. Dít nadat hy glo ʼn vrou in Carletonville se munisipale kantore aangerand het terwyl sy navraag oor haar diensterekening gedoen het.

Die saak is uitgestel tot volgende Vrydag. Lumka Mahanjana, die woordvoerder van die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) se Noord-Gautengse streek, het gesê die saak is uitgestel om die ondersoek heeltemal af te handel.

Ben van der Berg, VF-raadslid van die Merafong- plaaslike munisipaliteit, vertel die vrou het verlede Donderdagmiddag ’n munisipale amptenaar by die munisipale kantore se ontvangs genader om vas te stel wat die uitstaande bedrag op haar waterrekening is. Sy is na bewering kort daarna deur die amptenaar aangerand.

Van der Berg vertel die vrou wou eers nie ʼn saak aanhangig gemaak het nie, maar is later deur lede van die gemeenskap aangemoedig om dit te doen. Sy het toe Vrydag ʼn klag van aanranding teen die man by die polisiestasie op Carletonville gaan indien. Die polisie het die saak bevestig.

Van der Berg sê die VF Plus betreur die voorval en beskou dit in ʼn ernstige lig.

“Geweld teen vroue en kinders is buite beheer en kan nie geduld word nie. Die aanranding van ʼn vrou deur ʼn amptenaar wat haar moet help, is onaanvaarbaar. Indien die persoon skuldig bevind word, moet die vonnis dien as werklike afskrikmiddel teen dié soort misdryf,” sê Van der Berg.

Van der Berg sê klante wat die munisipale dienssentrum besoek, moet ook ten alle tye met respek behandel word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

koos10 ·

Enige kommentaar van die ANC vroue liga? Of is julle te besig om kodoek te beskerm? Okay van die burgermeester dan, of munisipale bestuurder? MRK? Ek kan deur die stilte die rasse van die persone aflei.

Nie Verbaas ·

Die vermetelheid van die arrogante (weet nie wat noem mens so iets nie)

Annelize ·

Jip, die oordonderende stilte laat mens nogal wonder…….

Fedup ·

Nope. Doesn’t work for me.
Please send him to me.
I don’t care who or what you are. Lift your hand to a woman and i will teach you manners you have forgotten.

Jr ·

Ek is n inwoner van Merapong ( nie verkeerd gespel nie SEWERAGE CITY ) . Ek weier om in daai kantoor te gaan. Van die tyd wat u ingaan word u as n wit persoon gehanteer met n rassistise HAAT. Hulle kyk nie eers op van hulle selfoon. Uiterse uittarting om jou kwaad te kry. So klein reception waar die ” eienaar van merapong sit ” en bepaal of u hulp kan kry. Dit is rerig erg. Ek weier om daar te gaan .

Blikkantien ·

Hierdie mense is veronderstel om ‘n DIENS te lewer,nie om stoele warm te hou, ‘n salaris te trek, op die foon te lê en jou ‘n guns bewys deur halfhartige en onprofessionele “diens” nie.

JM ·

Ek en my man het na twee verskillende plekke gegaan vir die hernuwing van ons motorlisensies. By albei plekke is ons behandel asof ons gemors is, omdat ons wit is.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.