Vrou in Midrand doodgeskiet toe sy bakleiery wou stop

Skietery in New Road (28 Oktober 2016) Foto: Nokuthula Sonile, Midrand Reporter)

Skietery in New Road (28 Oktober 2016) Foto: Nokuthula Sonile, Midrand Reporter)

ʼn Vrou is Vrydagaand in New Roadweg in Midrand, net voor die N1-afrit, doodgeskiet.

Sers. Matome Tlamela, woordvoerder van die polisie, het Saterdag aan Maroela Media gesê die voorval het omstreeks 20:00 plaasgevind. “Volgens ooggetuies wou ʼn wit Chevrolet-bakkie van ʼn voertuigspoormaatskappy ʼn wit BMW aftrek, weens roekelose bestuur,” het sy gesê.

Volgens Tlamela het albei bestuurders stilgehou en die bestuurder van die BMW het uitgeklim en het met die bestuurder van die bakkie begin baklei. “Een van die BMW-passasiers het na hulle toe gehardloop om die situasie te ontlont. ʼn Skoot het afgegaan en die vrou is noodlottig gewond.”

Tlamela het gesê die bestuurder van die bakkie is in hegtenis geneem.

Die persone wat in die BMW gery het, was op pad huis toe van ʼn Kersfeespartytjie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.

15 Kommentare

jongste oudste gewildste
Zoro

Voertuigopspooringmaatskappy het geen magte om voertuie van die pad te trek nie – die voorval is traggies , laat daai maatskappy verantwoordelikheid staan hier is gans teveel Rambos in die Land

Hendrik

ai die mense war so maklik skiet.

tom

Lekker in die nuwwe suid afrika

Jan

Laat alle motoriste maar ‘n les hieruit leer : As jy bestuur, moenie ander motoriste probeer aanvat oor hulle swak padmaniere of gedrag nie. Moet veral nie stop en uit jou kar klim nie; jy weet nooit of die ander persoon gewapen is, en in watter gemoedstoestand hy is, of watse tipe persoonlikheid hy het nie. Bly liewer kalm, neem sy registrasie nommer, en as jy by die huis of kantoor kom, rapporteer hom op die polisie se anonieme klagtelyn. Daar sal heelwaarskynlik niks van kom nie, maar ten minste sal jy ongeskonde uit die situasie kom.

Miemie

Van n kerspartytjie afgekom en roekeloos bestuur wonder hoekom het die drywer van die BMW roekeloos bestuur en hoekom dan nou nog wou baklei, ek vra maar net (op partytjie – drank) ek se nie die ander bestuurder wat in hegtenis geneem is was reg om te skiet nie, maar het hy nie dalk op daardie oomblik ook gedink aan die ander mense in die BMW wat dalk in n ongeluk kon wees waar ander onskuldige mense ook kon sterf. Ek voel vir die dame se familie dalk nog kinders en n man wat nou sonder n mamma en n… Lees meer »