Vrou, kind sterf toe muur inval

Foto: ER24

ʼn 28-jarige vrou en ʼn vyfjarige seuntjie is dood toe ʼn huis se muur ingeval het in Pietermaritzburg, KwaZulu-Natal.

Volgens Ineke van Huyssteen, woordvoerder van ER24, is paramedici deur die polisie se soek-en reddingspan na die huis in Slangspruit ontbied.

“Paramedici het kort na 8:30 op die toneel aangekom en ʼn vrou en seun aangetref waar hulle op ʼn bed gelê het. Daar was stukke van die muur wat rondom hulle gelê het.”

Van Huyssteen het gesê albei het noodlottige beserings opgedoen en is op die toneel dood verklaar.

Die presiese oorsaak van die voorval word ondersoek.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

honourable member ·

Al hierdie lendelam huise wat so gebou word begin nou n probleem te raak veral met al die reen wat nou geval het. Daar sal moet beter beheer uitgeoefen word oor waar en hoe die huise gebou word.

ida louw ·

Watse beheer?? Hier is tans geen beheer, oormore staan daar maar weer n huis.

ida louw ·

Watse beheer?? Hier is tans geen beheer, Na n week of wat staan daar maar weer n huis, Ons kan nie leer nie.

Alida ·

10/1 n afgeskeepte hop huisie en ons almal weet watter bouers het die tenders gekry. Dit is so tragies. Die ANC spog verniet met die aantal “huise” wat hulle gebou het. Meer sand as sement. Vieslik

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.