Vrou se liggaam naby plaas in Trichardt gevind

plaas-polisie-veld argief

(Argieffoto)

ʼn Boer van Trichardt in Mpumalanga het Sondag op die liggaam van ʼn vrou naby sy plaas afgekom. Sy is vermoedelik al ʼn geruime tyd dood.

Brig. Selvy Mohlala, polisiewoordvoerder, sê die boer het Sondag om 08:00 die polisie in kennis gestel dat hy op ʼn onbekende vrou se liggaam naby sy plaas afgekom het.

“Polisiebeamptes en nooddienspersoneel is na die toneel toe waar hulle die lewelose liggaam van die vrou ondersoek het,” sê hy.

“Die slagoffer het verskeie kopbeserings opgedoen, asook beserings aan haar maag en hande.

“Die bloed om die liggaam was reeds droog, wat daarop dui dat die liggaam ʼn rukkie terug langs die plaas gestort is.”

Mohlala sê die vrou is “lig van gelaat”, tussen 20 en 35 jaar oud, 1,4 m lank en het blou jeans en ʼn bloes met ʼn blompatroon gedra.

“ʼn Paar meter ver van die slagoffer het die beamptes op skoene, koeldrank en bloed afgekom. Dié items sal noukeurig ondersoek word.”

Die vrou is op die toneel dood verklaar en ʼn saak van moord is by die Trichardt-polisiestasie aanhangig gemaak.

Nog niemand is in verband met die moord in hegtenis geneem nie.

Die provinsiale bestuur van die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) het die voorval as “sinneloos” beskryf en onderneem om alles moontlik te doen om die oorledene se geliefdes op te spoor, asook diegene verantwoordelik vir haar dood.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Sê maar net ·

Stem 100% saam. Hulle ruk nou die dam onder die eend uit. Raak regtig onaanvaarbaar..

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.