Volgens die Nasionale Seereddingsinstituut (NSRI) is hy Vrydagmiddag ontbied ná berigte dat ʼn vrou van ʼn seiljag afgeval het naby die Tugelamond tussen Durban en Richardsbaai in KwaZulu-Natal.
Peter Hill (65), Carly se man, het alarm gemaak nadat hy besef het sy vrou is nie meer op die seiljag, genaamd Oryx, nie. Hill het glo geslaap terwyl dit sy vrou se beurt was om wag te hou. Die Hills het Donderdag van Durban na Madagaskar vertrek.
Ondanks uitgebreide soektogte deur die NSRI en ander reddingsgroepe is daar nog geen teken van Carly gevind nie.
Dylan du Preez, Carly se seun, het intussen op Facebook gesê die NSRI se soektog is afgelas. Hy het gesê sy ma het nie ʼn reddingsbaadjie aangehad nie. “Die kans is dus skraal dat sy dit gemaak het.” Du Preez het tydens ʼn vorige inskrywing mense gevra om sy ma in hul gedagtes en gebede te hou. “Kom ons hoop hulle vind haar.”
Deja Vu? – 1981, Natalie Wood, Robert Wagner
Baie goed
Vreemd.
Ek ruik ‘n muishond! Die mans moet in hulle spoor trap. Een van die dae gaan ons vrouens die bordjies verhang en dan gaan dit HULLE beurt wees (hahaha)!!!
Lekker maklik, daar is geen getuienis nie. Ek sien n ‘Oscar”….
skaam julle was julle daar gewees hou op om vinnger te wys
Nee maar deesdae is dit die trend hier!
Ek ruik n groot rot hier!!!
Klink vir my na ‘n perfekte alibi! Geen getuie, geen bewyse!
Jy hoof nie daar te gewees het nie, ons bly in ‘n land waar dit niks vreems is om te verkrag, en te moor nie. Jy het nie eens nodig om op die see te wees in ‘n boot nie, net ‘n burger in ons mooi land.