ʼn Vrou is Woensdag in KwaZulu-Natal dood nadat haar bakkie op ʼn grondpad gerol het.
Russel Meiring, woordvoerder van ER24, het gesê die ongeluk het op die Vulintaba-pad by Newcastle plaasgevind.
“Die vrou, vermoedelik in haar 40’s, het op die grondpad gery toe sy beheer oor die bakkie verloor en dit gerol het. Die bakkie het op sy dak aan die kant van die pad tot stilstand gekom,” het Meiring gesê.
Hy het gesê die vrou se liggaam is in die wrak aangetref. “Daar kon ongelukkig niks vir haar gedoen word nie en sy is op die toneel dood verklaar.”
Die polisie ondersoek die voorval.
Jammer om van die ongeluk en lewens verlies te hoor.
Ma God die gesin ruklik vertroos.