Vrou sterf tien jaar ná taxisleep-voorval  

Kim McCusker.

Kim McCusker, die Johannesburgse vrou wat amper tien jaar gelede deur ʼn taxi omgery en vir meer as 700 m ver gesleep is, is die week dood.

Julia Frantzeskou het bevestig haar suster is Donderdag dood. “Ons is hartseer en vind dit moeilik om te glo, want dit is moeilik om jou ʼn wêreld voor te stel sonder ons kosbare Kimmy. Sy was ʼn liefdevolle dogter vir Doug en Pat, ʼn toegewyde lewensmaat vir Anthony en ʼn ongelooflike suster vir Gareth, Ian en vir my.”

Dit is nie onmiddellik bekend gemaak wat tot McCusker se dood gelei het nie.

“Ek weet dat sy soveel harte aangeraak het en dat almal, insluitend haar familie, vriende, personeel en kliënte, die betekenis van hierdie verlies sal voel.”

Frantzeskou het versoek dat die familie ruimte gegee word om in hierdie moeilike tyd te treur. Begrafnisrelings sal later bekend gemaak word.

Die gebeure van 13 September 2011 en McCusker, toe 25 jaar oud, se pad na herstel het jare lank hoofopskrifte gehaal. McCusker en haar eksman Lourens Grobler, destyds haar verloofde, was die oggend in Lonehill, Johannesburg, op pad na ʼn gimnasium.

Matome Thamage se taxi het teen McCusker en Grobler se bakkie gebots. Hulle het uitgeklim om die taxibestuurder se besonderhede te kry toe hy wegjaag en McCusker etlike honderde meter ver meegesleep het.

McCusker het ernstige beserings opgedoen en moes jare lank talle operasies en veloorplantings ondergaan. Thamage, wat later in hegtenis geneem is, het beweer dat hy van die toneel probeer vlug het nadat Grobler hom glo aangerand het. Thamage het einde 2015 verdwyn en is volgens berigte nog nie weer opgespoor nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

Tiptol ·

Het in 2015 verdwyn en is nooit weer opgespoor nie. Lekker hier in Afrika.

Nie Verbaas ·

In 2015 verdwyn en nooit weer opgespoor nie. Wonder hoe sou sake verloop het as dit wit was wat swart 700 meter ver gesleep het.

Melli ·

Dis ongelooflik hartseer! Baie sterkte aan haar naasbestaandes

Juffrou ·

Ja slange spoor jy nie maklik op in die bosse nie. Soek om nie te vind.

Willem ·

Wat van as ons die media inspan om Thamage te soek, plaas orals fotos, iemand moet hom ken of sien

Michele ·

Ek het die pratige Kim ontmoet n paar jaar terug en al het sy seer gehad en letsels van die ongeluk gehad was sy n borrelende mens. My innige simpatie aan die familie en vriende.

Elize ·

Nou as sy gesterf het van komplikasies rakende die ongeluk of asprisgeit kan hy mos aangekla word maar hy is seker terug na een van die buurstate. Dis ongelooflik hoeveel van hulle bestuur hier sonder behoorlike lisensies!!

Anoniem ·

Ek eer Kim Mckusker se nagedagtenis. My eie Suster se seun is ook etlike jare deur ‘n motor omgery en ver op die teer gesleep. Na ‘n lang tyd en baie geld vir die hospitaal is hy ook oorlede en daar het niks van die hofsaak gekom nie???

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.