Lt.kol. Andre Traut, woordvoerder van die polisie, het gesê die 41-jarige vrou is vasgetrek nadat die polisie ʼn wenk van die publiek ontvang het. “Die vrou se huis, in Stationweg, is deursoek en polisie het ʼn handgranaat, 1188 Mandrax-tablette en ammunisie gevind,” het Traute gesê.
Die vrou is aangekla van die besit van ʼn ploftoestel, die onwettige besit van ammunisie en dwelmhandel. Sy sal Vrydag in die plaaslike landdroshof verskyn.
Ja, dis die tipe wapens wat kriminele het, maar ‘n wetsgehoorsame persoon moet ‘n maandelange proses en kostes aangaan om net ‘n pistool of jaggeweer te kry. Ek wil eendag in ‘n land leef waar die regering bietjie aan die goeie ouens se kant is.