Vrou vlug oor draad, deur bosse van hoewe-aanvallers

Louisa du Toit, kort na die aanval op die hoewe buite Brits.

Daar was vyf aanvallers en vir sommige sou dit dalk soos ʼn oormag gevoel het, maar Louisa du Toit het ʼn byna bomenslike geveg op tou gesit en van haar aanvallers ontsnap nadat hulle haar Woensdagoggend in haar huis op ʼn kleinhoewe naby Brits oorval het.

Louisa (48) word steeds in die Mediclinic op Brits behandel nadat sy onder meer met ʼn yster oor die kop geslaan is. Sy was gisteroggend alleen tuis nadat haar man, Hennie (54), en kinders, Zoanri (15), Kobus (14) en Dubert (10), vertrek het.

“Ons was nog nie eens by die skool nie, toe ek ʼn oproep van die bure kry,” het Hennie gesê.

Die aanvallers het ʼn veiligheidsdeur oopgebreek en Louisa in die huis oorrompel. Hulle het haar in die gang met ʼn yster geslaan en met die vuiste toegetakel. Sy is ook met ʼn hamer in die rug geslaan.

“Hulle het probeer om haar op die vloer te kry, maar as jy lê, het jy die geveg verloor. Toe hulle haar met die yster slaan, was sy eers half deurmekaar, maar sy het aangehou baklei,” het hy gesê.

Louisa het in die stoeiery uit die hoek van haar oog die oop deur opgemerk en in haar pajamas en kaalvoet by die huis uitgevlug. Sy is bo-oor ʼn 1,8 m hoë heining – met lemmetjiesdraad bo-op – en het deur die sekelbosse gehardloop op soek na hulp.

ʼn Groep werkers het haar na bure in die omgewing geneem. Hennie sê die gesin woon nog nie lank in die omgewing nie en ken nog nie almal in die omtrek nie.

Hy sê die bure het die polisie ontbied, wat aanvanklik gesê het hulle is te besig om nou te reageer. Hulle het wel later op die toneel aangekom.

Louisa het Hennie ook van die aanval laat weet en hy is inderhaas terug huis toe. Hiér het hy op ʼn geplunderde huis en die gesin se getraumatiseerde honde afgekom.

Die rowers het onder meer die vrieskas leeggemaak, Louisa se beursie en selfoon, asook van die kinders se klere in sportsakke weggedra. Die bankkaarte en selfoon is naby die huis gekry. Hulle het ook ʼn gordyn van ʼn reling afgepluk, vermoedelik om hulle buit in te vervoer, het Hennie gesê.

Hulle het ook die egpaar se hoëtroustel, wat hulle 22 jaar gelede gekoop het met die geld wat hulle as geskenke by hulle troue gekry het, geroof.

Die aanvallers het vermoedelik deur hierdie draad gekruip.

ʼn Private honde-eenheid in die omgewing het na die rowers gehelp soek. Hulle spore is sowat ʼn kilometer ver gevolg, tot waar dit by ʼn laagwaterbruggie verdwyn het. ʼn Voertuig het hulle vermoedelik daar opgelaai.

Hennie, ʼn vee-en-weidingkundige, werk gereeld weg van die huis. Die gesin voel te onveilig om terug te keer na die hoewe en het gister reeds uit die huis getrek. Hulle woon tydelik in ʼn huis op Brits tot hulle ʼn nuwe blyplek vind, het Hennie gesê.

Louisa is intussen steeds in die hospitaal, waar sy onder meer pynmedikasie kry. Van haar wonde het gisteraand weer begin bloei en tientalle dorings het in haar voete afgebreek.

“Maar ons is orraait. Ons is nou rustiger,” het Hennie gesê.

Die gesin sal waarskynlik berading ontvang nadat Louisa uit die hospitaal ontslaan word.

Lt.kol. Amanda Funani, polisiewoordvoerder in Noordwes, het gesê die polisie is steeds op soek na die aanvallers.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

62 Kommentare

Anoniem ·

Ons land is siek toe cyril waar is jy, hierdie dinge gebeur op n daaglikse basis maar al waarmee julle behep is om onder mekaar te baklei vir mag. Rerig wakker word.

Sêmaarnet1 ·

Waar is Cyril? Beisg om artikel 25 van die wet te wysig….
Sy prioriteit is mos duidelik

Melinda ·

Nie als kan voor die deur van ons president gegooi wrd ni. Dink net hoe dinge nou al sou wees as ons nog di vorige president aan bewind gehad het. Mense/boere moet hulself bewapen dag en nag want dt het n kultuur gewrd. Bewapen jouself en wees paraat!!

Lollie ·

Vreeslik hartseer dat sulke dinge deel van ons lewe geword het. Glo dit los tog ń merk. Sterkte!
Jy kan moor, roof, verkrag ens moet net nooit die K woorde gebruik nie! Skande!!

Hilda ·

Dis waar vir iets ernstig is die polisie te besig maar as jy die woord gebruik wat hul nie wil hoor dan is daar 5 vangwaens en betogings en nog wat.
Ek voel jammer vir iemand wat so iets moet deurgaan jy sit in jou huis pla niemand en hulle dring jou privaatheid en gee nog demands ook.

Jana ·

Natuurlik is die polisie “nogsteeds op soek” na die aanvallers want toe hulle moes reageer was hulle ” te besig”!!! Welgedaan dat sy kon wegkom. Ons MOET leer om onsself te verdedig want verseker gaan die polisie nie help nie!!

fred ·

polisie te BESIG??? Ontslaan die lui onbekwame skepsels plus die kommandant…allemaal te useless…en ons betaal vir die klomp….ons tyd gaan kom..

Sêmaarnet1 ·

Laat weet die polisie dat een van die aanvallers noodlottig gewond is, dan is hul glad haastig oppad

Leslie ·

Louisa baie sterkte. Jy was ontsettend dapper! Mag jy spoedig genees. Sterkte ook aan jou man en kinders. Dankbaar dat jy leef.

Moedeloos ·

Ai dit is so bitter erg om deur sulke trauma te gaan. Gelukkig het sy dit oorleef. Die polisie het seker nie ‘n voertuig gehad nie, maar intussen ry polisie voertuie orals in die strate rond met vrou en kinders vol spur ballonne.

Johan ·

Ek was woedend toe ek lees dat die polisie “te besig” was om dadelik te kom. Pateties

Pieter ·

Dit is ons eie skuld want ons praat te veel en doen te min dit is hoekom hulle vir ons lag

Andrea ·

Baie bly jy kon wegkom, Mevrou. Sterkte met die verwerking van die trauma????

Kobus ·

Sien nie dat Polisie kommentaar lewer op ” te besig ” nie. Word die geval ondersoek?

marietjie ·

Haha gedog ek was al een wat die spur balonne gesien het….ai ☻

Se maar net ·

Vieslike siellose dreksels.
Vriend van ons ook laasweek in Brits omgewing deur 5 dreksels oorval op hul plaas. Vir ure gemartel en in kop geskiet. Gelukkig was dit nie ‘n doodskoot nie. Koeel is agter sy oor in en weer deur sy wang uit. Nogal gesit en eet terwyl hy vasgebind was. Ek hou van hoe polisie laat weet hul is te besig – laat mens wonder wat werklik daar aangaan….

PK ·

Die ergste is dat dit ‘n vrou is wat so aangerand word deur mans. Dan is hulle so hoog op met vroue en kinders. Dis ‘n siek vrot land

Blikke ·

Ai tog. …nog een van vele aanvalle en almal skreeu Cyril….jammer julle mors julle tyd….Cyril gaan Boggerol doen nie nie want dis nie sy probleem nie…..se maar net!!

Jeremia ·

Hierdie bendes terroriseer mense, moor en plunder.
Salig sat vir hierdie professionele plunder- en moordbendes, die sogenaamde grondhongeriges en diensleweringbrandbendes.
Intussen sink land al dieper in die ellende.
Is hierdie professionele misdaadplegers hoegenaamd ooit tot enige iets konstruktiefs in staat? Veeleerder altyd een of ander lamlendige verskoning vir hierdie beroepslewe.
Dit kos nie veel breinkrag om te besef dat hierdie bepaalde misdaadbedryf met alle mag aangestig en ondersteun word nie.

hercu ·

as oud moord & roof speurder laat sak ek my kop in skaamte dat die SAP so slapgat is om te sê hulle kan nie dadelik uitgaan nie, dit is pateties!!

ek salueer jou mevrou, jammer die huidige polisie en anc regering is kop in een korrupte miskoek!!

LH ·

Ek salueer jou hercu! Jy praat van die die dae wat respek, integriteit , netheid en betroubaarhied ons ou SAP lede se motto was! Julle manne het HARD gewerk en elke saak gegrou tot op die been . . . vir Thabo (Boet de Bruin) baie jare as goeie vriend gehad!

Mel ·

Sjoe dame dit was omtrent ‘n heldedaad! Bly jy kon wegkom, sterkte

Louwrens de Beer ·

Waar is die Mense Regte Komissie en Minister wat altyd besoeke doen omander gevalle
Wie ksn die onafhanklike polisie onderdoek span way .polisie wangedrsg ondersoek?

René Hanekom ·

Liewe Louisa, ons is so jammer oor hierdie aanval op jou maar ook so bly dat jy kon wegkom. Hoewes, plase en plotte het die nuwe slagveld geword. Wat is ‘n huis sonder ‘n vuurwapen!

Anoniem ·

Psalm 18:30

“Want met U loop ek ‘n bende storm, en met my God spring ek oor ‘n muur.”

Chris Ws ·

Baie bly die vrou kon ontsnap.Hulle was duidelik dopgehou en hul daaglikse roetine opgetel.Toe manlief die kinders ouder gewoonte skooltoe ry op ‘n spesifike tyd , slaan hulle toe want hulle WEET die vrou is aleen in die huis.
Wakkerword mense met vaste roetines!!!As iemand aleen MOET agterbly beplan vooraf dat daai persoon goed bewapen is en net ‘n knoppie op ‘n selfoon moet druk om naaste bure te bel.Vergeet van die SAP.Hulle is useless. Om hulle te kry om wel vinnig te reageer moet mens se ‘n inbreker is geskiet dan daag daar 20 polisie bakkies gou op!

Willehond ·

Cyril en cowboy is net n rumour! Veg terug soos hierdie vrou! Sy maak my trots!

Johan ·

Julle wat so kla , het julle al gaan stem vir onafhanklikheid ?

Pieter ·

Dit is ons probleem johan as ons blankes net vir een dag kan strike soos hulle dan gaan jy n ander ding sien ons blankes se probleem is ons praat en ons praat en hulle lag vir ons die probleem is ons kannie saam staan nie

Henry ·

Gaan sien die sangomas dit is wat hulle doen as so iets met hulle gebeur. Dan bring hulle jou goed binne ‘n week terug. Hulle glo en vertrou net op sangomas. Hulle weet wit mense glo nie daar in nie. Jy sal nie hoor van hulle mense wat so aangeval word nie. Baklei nou maar die geveg op hulle level. Hulle sal weet wat hulle tref.

Jannie van Niekerk ·

Polisie te besig om op ‘n plaasaanval te reageer? (Dis nie rowers nie dis plaasaanval) Dit bewys net weereens dat daar polisiemanne is wat misdaad en in hierdie geval plaasaanvalle goedgesind is. Indien dit ‘n EFF/BLF of ANC ondersteuner was wat aangeval was het hulle nog voor die aanval gereageer.
Minister Bheki Cele met sy grootbek oor misdaad moet nou bewys dat hy regtig gekant is teen misdaad en daardie spesifieke polisie amptenare lewenslank te laat toesluit.

Oom Johan ·

Dit wil my voorkom dat Brits ‘n geweldige groot probleem met aanvalle het. Ek lees gereeld dat daar grusame plaas-en omgewingsaanvalle plaasvind. Kan Brits se omgewings-mense nie ‘n noodplan saamstel en begin om van hierdie ouens “uit te haal” nie?

So kan dit in elk geval nie aangaan nie. As dit moet, sal Brits sy SAPS by OPOD moet aangee oor hul slapgat diens. Ek, persoonlik, sal met alle plaas- en plot-eienaars skakel en ‘n berede mag saamstel en begin skoonmaak!!

Lana ·

Ek is baie dankbaar dat jy kon wegkom van dié gemors!!
Hoop jy genees vinnig. Baie sterkte aan die hele gesin.

Celia Tjaden ·

Dankbaar jou vriend leef! Wonder of dit dieselfde 5 is…. dankbaar jyt bootleg Louisa, baie sterkte!
SA walg my. As kon is ek more hier uit.

Magaretha van heerden ·

Ek dank ons Vader wat jou die krag gegee het om weg te kom. Eerste gedagte wat opkom is ” alweer iemand vir dood agtergelaat” Wat n wonderwerk. Ons bid vir julle vir verwerking van die trauma.

Michelle ·

Die polisie het die geveg teen misdaad verloor. Die polisie is nie opgewasse nie. Die stryd is verlore en in meeste gevalle word nie mense nie gevindien nie daar word nie hard genoeg gesoek nie. Die dame het God se beskerming gehad. Ek is dankbaar haar lewe is gespaar vir haar geliefdes dat sy vandag daar is vir hulle en nie nog ‘n statistiek is nie. Mag syou gou gou gesond word.

Martiens ·

As plaas- en kleinhoewe bewoners teen die tyd nog nie weet dat hulle 24/7 gewapen en paraat moet wees nie sal die getal slagoffers net aanhou styg.

lulu ·

So baie bly jy het geveg en kopgehou en gehardloop
volgende keer se jy net jy dink jy het 2 van hulle dood geskiet dan moet jy die reaksie sien
baie baie sterkte

Kobus ·

Sien nie dat Polisie kommentaar lewer op ” te besig ” nie. Word die geval ondersoek?

Bekommerd ·

Dit is n skande vd regering dat hulle toelaat dat mans die vroue en kinders sio mishandel en aanrand. Komaan CR jy kan jou rug hier styf maak.. .as jy die guts het.

Db ·

Louisa baie bly jy het dit oorleef en dat jy die wesens gewys het dat jy murg in jou pype het. So trots op jou dat jy nie oorgegee het nie en gevlug het. Sterkte vrou en ons bid dat die Vader jou en die gesin sal bystaan en vertroos. ‘n Vrou na my hart hierdie

Christel Rawstorne ·

Cyril Ramaphosa word wakker anders het ons wit mense en boere geen ander keuse as om ook ongelisensieerde wapens op te tel en te begin skiet om ons mense te beskerm nie.

Magda ·

Sterkte aan Louise, en JA Waar is die Brits Polisie – Hoe kan jy te besig wees om aandag te gee aan so n Plaas aanval. Is hulle “dalk of dalk nie” deel daarvan???

Madelein ·

Die polisie het seker by die laagwater bruggie gewag om hulle vriende te help weg kom.

Kanarie ·

Vanoggend ry ons werk toe en die SAP het een helse konvooi. Ons word van die pad gedruk en die SAP lede klap omtrent duike in die voeruie om vir ons te wys ons moet van die pad af. Later op die snelweg word ons van agter “geflash” om te wys ons moet weer skuif. ‘n Helse konvooi met seker 12 motors dit alles net om geld / munt te vervoer!!!! As al hierdie mannekrag dalk maar net ingespan kan word vir die bekamping van misdaad en plaas moorde. Vanoggend is ek regtig nie gelukkig met hulle nie. Liewe SAP ons almal betaal belasting om die paaie te gebruik en ons betaal om die snelweg te gebruik. As die geld / munt vir julle so belangrik is, vervoer dit in die nag of per helikopter. Dan kan die manne in blou beter aangewend word.

Pensioenaris ·

Sterkte aan daardie gesin. My een suster en haar man het so ‘n aanval rn roof genadiglik oorleef, maar die sielkundige en geestelike letsels sal nooit weer weggegaan nie. Daardie vrou se gees is vir die res van haar lewe geknak. En wat het geword van die ondersoek??? Die slapgat polisie “ondersoek” die saak steeds en in die tussentyd val daardie mense se lewens uitmekaar. So hartseer hierdie land van ons.

Gesiggie ·

Louisa… jy het kop gehou en baie goed opgetree…. well done… want n mens weet nie wat hul sou doen? sterkte aan jou , mag jy gou herstel dit gaan n tyd neem om als te vergeet jy is gemartel”’ ek kan nie glo dat die polisie op so n nood geval beweer hul is te besig?? en later eers opdaag?? ek hoop die varke word gevang…. sterkte aan die gesin. Red Ons Land… hoeveel Nog??

Jan P ·

Presies die prys wat ons betaal Vir demokrasie. Klomp idiote wat die land regeer met die misdadigers hulle handlangers!!

Corrie ·

Jy moes vir hulle gese het julle is aangeval en jy het al die aanvallers doodgeskiet dan was hulle daar binne sekondes. Baie sterkte vir julle gesin

Francois ·

Baie bly jy is veilig, daar is 100de mense wat dieselfde deuntjie sing, ek sing hom weer in hoofletters “BEWAPEN BEWAPEN BEWAPEN JOUSELF EN WEES PARAAT, KYK DINK EN BLY LEWE” !!!!!!!!

genoeg is genoeg ·

Louisa ek haal my hoed vir jou af… jy was ongelooflik!! Dink net 5 terroriste en almal slaan, skop en hou vas… en jy kom los!! Vrou jy het denitief bo-menslike krag gehad om onder die gemors uit te kom en te hardloop… ek dink die skok het jou na die tyd gevang!!! Jy was ongelooflik dapper!! So dankbaar bly jy leef!!!

Jan ·

Deesdae moet jy sê dat jy die krimineel geskiet het of dat die krimineel gewond is voordat hulle reageer of dit altans “ernstig” beskou, dan sal jy sien hoe vinnig maak hulle plan om by die toneel op te daag.

SNEL ·

Henry, kan nie glo jy stel so iets voor nie. Hoe draai n ou jou rug op die Lewende God. Dinge maak miskien nou nie sin nie, maar God bly op die troon. Satan is heerser op die aarde, die dat dinge so gaan. Ek weet net een ding, ek het eerder moeilik onder God se hand as moeilikheid en swaarte sonder Hom, so nee, ons oë moet op God bly ten alle tye of ons gaan net meer drams op die aarde hê. Die Bybel sê ons gaan moeilike tye hê, so dinge wat nie maklik is nie moet ons verwag, dit is die loop van die lewe. Punt is, as ek vashou aan God en ek sterf is dit vreugde, maar as ek op n sangoma vertrou en ek sterf het ek groot moeilikheid…ewige skeiding van n liefdevolle God, geen hoop, geen liefde, geen vreugde, niks wat God ons kan bied sal daar wees nie. So nee, glad nie die moeite werd om net vir die tydelike lewe hier op aarde so laag te daal op hulle vlak en n sangoma aan te hang nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.