VSA skop vier Afrika-lande uit Agoa

Die VSA gaan die Sentraal-Afrikaanse Republiek, Gaboen, Niger en Uganda uit die Agoa-handelsooreenkoms skop te midde van kommer oor staatsgrepe, demokrasie en menseregtevergrype.

Pres. Joe Biden het in ʼn brief aan die Amerikaanse kongres gesê die vier lande word van Januarie volgende jaar uit die ooreenkoms volgens die Wet op Groei en Geleenthede in Afrika – beter bekend as die Agoa-ooreenkoms – verwyder.

Die ooreenkoms bied aksynsvrye toegang tot die wêreld se grootste ekonomie vir lande suid van die Sahara wat aan bepaalde demokratiese kriteria voldoen. Die ooreenkoms word jaarliks hersien.

Suid-Afrika se voortgesette deelname aan Agoa is in ʼn stadium bevraagteken, veral in die lig van die land se knus verhouding met Rusland. Luidens berigte is Suid-Afrika vanjaar nog veilig, maar kan die prentjie volgende jaar dalk veel anders daar uitsien.

Die Agoa-beraad het Donderdag in Johannesburg begin waar die VSA en tientalle Afrika-lande sal vergader om belegging- en handelsbande te versterk.

Biden sê in sy brief dat die regerings van die Sentraal-Afrikaanse Republiek en Uganda albei “growwe skendings van internasionaal erkende menseregte” gepleeg het.

Die Sentraal-Afrikaanse Republiek is al jare lank in ʼn burgeroorlog gewikkel, terwyl Uganda skerp gekritiseer word vir wetgewing teen homoseksualiteit.

In Niger en Gaboen was daar die afgelope jaar staatsgrepe en die lande versuim om “politieke pluralisme en die oppergesag van die reg” te beskerm, sê die Amerikaanse president.

Gaboen en Niger se deelname aan die ooreenkoms sal opgeskort word weens “ongrondwetlike regeringsveranderings in die twee lande” het Katherine Tai, Amerikaanse handelsverteenwoordiger, in ʼn afsonderlike verklaring gesê.

Die VSA het ʼn beroep op al vier lande gedoen om “die nodige stappe te doen om aan die kriteria te voldoen sodat ons die waardevolle handelsvennootskappe kan hervat”, het Tai gesê.

Mauritanië sal intussen weer by die ooreenkoms ingesluit word. Die land se deelname aan Agoa is in 2019 opgeskort weens kommer oor werkers se regte.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

16 Kommentare

Magda ·

Ni nodig om te diep te dink ni, SUuid Afrika is volgende. Jammer dit is ni Al 2024 ni.

Fluisterwind ·

“terwyl Uganda skerp gekritiseer word vir wetgewing teen homoseksualiteit.” So jy word nou ook uitgerangeer as jy doen wat reg is in God se oë. Dan kan die VSA ook maar gaan, want ek kan nie aan dieselfde juk trek as die want nie God se Woord wil gehoorsaam. Sterkte Uganda!

Jan Jacobs ·

Wow mense regte skendings hoor Wie praat Biden julle hande is vol bloed

Republikein in die Wes Kaap ·

Die Wes-Kaap moet afsonderlik met Amerika onderhandel. Agoa is krities vir ons landbou. Die Uniegebou is onbevoeg om namens ons te onderhandel.

hpven ·

En wat van die menseregte skendings in Suid Afrika onder die ANC regime? Maar nee hulle wag dat hier eers ‘n Rwanda plaasvind om later te sê dit moes nooit gebeur het nie.

voor ek vergeet ... ·

Die enigste rede hoekom SA nie geskors sal word nie is omdat Amerika ons ook nodig het. Die AGOA-ooreenkoms is die laaste strategiese hefboom wat hulle oor SA kan uitoefen. Waarom anders anderkant toe kyk, toe die ANC en die EFF openlike hulle steun aan Hamas (en Iran wat hulle gehelp het) gegee het.

Luckykat ·

Dis net nog n manier hoe die VSA Afrika in toom hou. Hoe gouer ons nie deel van die club is nie hoe minder kan hul vir ons se hoe om ons land te bestuur. Die in beheel van ons land is natuurlik n heel ander saak.

Hendrik ·

Ek hoop SA word wakker hiervan – dit was so hitte-te of ons is ook uitgeskop. Die feit dat ons nog deel is, is te danke aan Afriforum en die DA wat die saak van gewone SA burgers gaan bepleit het.

Johan ·

Jy is nogal reg Lucky, maar ons kan nie van hul ontslae raak nie. Daar is so baie geld by die weste geleen die DA-EFF-ANC behoort aan Washington en so ook ons.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.