Dave Forbes, ʼn musiekpromotor, sal na verwagting Vrydag weer in die Kaapstadse landdroshof verskyn op aanklag van moord.
Forbes, die stigter van Boksburg se H2O-partytjies en ʼn konsultant vir die Ultra Music Festival SA, staan tereg op aanklag van die moord van Toufiq Joseph in Januarie by die Engen-vulstasie in Oranjestraat, Kaapstad. Forbes het die 23-jarige Joseph na bewering op 24 Januarie voor ʼn groep ooggetuies doodgeskiet.
Hy is vrygelaat op borgtog van R20 000.
Die saak sal na verwagting na ʼn streekshof oorgeplaas word en ʼn hofdatum sal bepaal word.
Lees alle vorige berigte oor Dave Forbes op Maroela Media.