Vuurwapenwet: ‘Burgers moet hulself kan beskerm’  

Die wysigingswetsontwerp is Vrydag in die Staatskoerant gepubliseer. (Argieffoto ter illustrasie)

Die burgerregte-organisasie AfriForum sê dat hy die voorgestelde wysigingswetsontwerp omtrent die besit van vuurwapens sal beveg – onder meer die verwydering van selfverdediging as ’n rede om ’n vuurwapen te besit.

Maroela Media het vroeër berig dat die wysigingswetsontwerp voorstel dat die wet gewysig word sodat “die aansoeker ’n geldige rede moet verskaf vir die besit van ’n vuurwapen en sodat geen vuurwapenlisensie uitgereik sal word vir selfverdedigingsredes nie”.

Dié wysigingswetsontwerp is Vrydag in die Staatskoerant gepubliseer en die afgelope naweek oopgestel vir kommentaar.

“Die wysigings is irrasioneel en roekeloos veral aangesien dié konsep die vermoë van burgers ontneem om ’n vuurwapen vir selfverdedigingsdoeleindes te besit,” sê Marnus Kamfer, regs-en-risikobestuurder by AfriForum.

“Burgers moet oor die vermoë beskik om hulself en hul gesinne, binne die raamwerk van die wet, teen misdadigers te beskerm.”

Kamfer sê die konsep van die wetsontwerp is ’n aanval op gemeenskappe se weerbaarheid.

“Hierdie konsep, in sy huidige formaat, sal tot gevolg hê dat burgers weerloos gelaat word in ’n land waar die Suid-Afrikaanse Polisiediens reeds ruiterlik erken het dat hy nie oor die vermoë beskik om die burgers van die land teen ’n misdaadvlaag te kan beskerm nie.”

Bheki Cele, minister van polisie, het sowat twee weke gelede die misdaadstatistieke van die vierde kwartaal van die 2020-’21-boekjaar bekendgemaak, waarin hy onder meer aangedui het dat moord en poging tot moord in Suid-Afrika met onderskeidelik 8,4% en 8,7% gestyg het. Plaasaanvalle en -moorde het ook verdubbel vergeleke dieselfde tydperk verlede jaar.

Die DA sowel as die VF Plus het Saterdag hulle kommer en teenkanting vir die wysigingswetsontwerp uitgespreek.

 

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

26 Kommentare

gpsa ·

Die polisie en staat is gladnie in staat om die vuurwapen register te hanteer nie, nie eers beheer oor wapens in staats besit nie. Omdat hulle geen beheer het nie is die maklikste manier om ontslae te raak van soveel moontlik. Hulle moet die register privatiseer.

twaalfboor ·

Stem saam Grant. Stel ń “legit” privaat maatskappy aan om dit te hanteer. Deesdae is dit mos die inding om te “outsource” as jy nie jou werk kan doen in die staat nie.

Aikie ·

Ek dink nog steeds ons moet die by die Amerikaanse grondwet gaan kers op steek. Hulle grondwet gee nie soseer die regte van die burger nie, maar beperk in werklikheid die regte van die staat. Gaan lees hom maar op die internet en koekeloer wat hulle regtig sê.

Niklaas ·

So die kwessie van selfverdediging met lisensie verkryging is ‘n probleem. Sal ek dan eerder meld dat ek nie van my buurman hou nie en aaklige planne beraam om’ n geskil met hom te besleg? Dit kan dalks in die huidige SA my gou instaat stel om lisensie te bekom. Belaglik.

Wakkerslaper ·

Ek weet bitter min van die gereg en wette af, maar is daar nie ‘n klousule in die Verenigde Nasies se Artikel 51 wat stel dat enige individu (of groep individue) die reg tot selfbeskerming het teen enige vorm van ‘n gewapende aanval?

Hoe is dit van toepassing op Suid Afrika? Beteken dit nie dat elke Suid Afikaner die reg to (gewapende) selfbeskerming het nie?

Dirk Mostert ·

Ek dink die beplande wetgewing is strydig met artikels 11 (reg op lewe) en 12 (vryheid en sekerheid van persoon) van die grondwet.

koos10 ·

Is die volgende rede aanvaarbaar:

Ek wil winkels roof, en transito rooftogte doen, en het die wapen nodig om onskuldige mense te dreig of seer te maak?

Renier johannes ·

Wat moet die rede nou wees jy wil bank beroof dan kan jy n vuurwapen besit

Oranje-Blanja-Blou ·

Hierdie wet verandering is in stryd met die polisie se magte. Volgens die huidige wet is daar net een rede waarom ‘n polisieman sy eie vuurwapen mag gebruik en dit is om sy eie lewe of iemand anders se lewe te beskerm in ooreenstemming met die bedreiging = minimum geweld. Daar gaan ‘n ander wet gemaak moet word vir die polisie.
As die wet sou lees dat slegs ‘n polisieman homself mag beskerm met ‘n vuurwapen, is ons ‘n volslae polisiestaat. Kommunisme moet by daardie punt kom om absolute beheer oor burgers te kry. Vrees en intimidasie hou burgers “gehoorsaam”.

Dup ·

Die wysiging word seker aangebring om seker te maak dat slegs die weermag,polisie,kaders, en die misdadigers gewapen gaan wees.

Anoniem ·

Kom ons kyk na ‘n paar feite: 1. Cele het verlede week erken dat misdadigers die oorhand oor die Polisie gekry het. 2. Misdadigers se vuurwapens is nie gelisensieer nie. 3. Misdadigers voer hulle misdade nie alleen uit nie, hulle funksioneer in groepe. 4. Ongewapende burgers is nie in staat om hulself teen gewapende misdadigers te kan beskerm nie. 5. Nie alle mense het toegang tot telefone om die Polisie te verwittig van misdadige aanvalle nie. 6. Die Polisie kan ons nie almal 24 uur per dag beskerm nie.

Die antwoord is eenvoudig, kruip in jou peetjie Cele.

Persheks Adri ·

Het ons nie meer ‘n reg om te lewe nie en onsself te verdedig teen kriminele nie? Dis verdomp absurd en hoed wil ons ontwapen oor die meerderheid blankes. Nie eers die polisie kan ons beskerm nie gggmmmfff

Dirk Mostert ·

Wanneer mense gewelddadig sterf weens hierdie onverantwoordelike wetgewing, kan daar klas-aksie eise ingestel word teen die minister in sy persoonlike hoedanigheid vir die res van sy lewe, sy opvolgers en alle lede van die parlement wat vir hierdie wetgewing stem? Wat van strafbare manslag vir bogenoemde persone? Sal graag ‘n regsmening wil sien hieroor.

Ruan ·

Moet asb. nie jul vas staar teen die kwessie van selfverdediging nie. Hierdie veranderinge raak alle vorme van vuurwapeneienaarskap. Dit kring ook uit na al die invoerders, handellaars, sport organisasies en mense wat op die ou end hul werk gaan verloor. Geen maar geen van die voorgestelde veranderinge moet belangriker gesien word as die ander nie. As ons as wettige vuurwapen eienaars en die publiek nou gaan toegee vir enige van die veranderinge is dit maar net ‘n stap nader aan die totale ontwapening van die publiek. Nou is nie die tyd om stil te bly as die veranderinge jou nie raak nie, want jy is volgende.

Dit gaan oor die beginsel van die padda in die kookwater. Ons almal weet dit is die plan, hoekom nog toelaat dat dit gebeur.

Ondersteun jul verskeie organisasies in hierdie saak.

twaalfboor ·

Neewat…. Dan gaan ek maar ń krimineel word en ń onwettige vuurwapen en ń goeie skopgraaf aanskaf.

Persheks Adri ·

Ek ook glo my ek dink ons almal voel so! Hoed moet gaan klaar

Pieter ·

Is ‘n geldige rede jag op politieke ampsdraers, joiners en kriminele? Pro-aktiewe optrede? Wie gee my ‘n sertifikaat na die jag as bewys?

Skim ·

Dit lyk vir my of die regering plaasmoorde en ander moorde dan ondersteun. Net mense met onwettige wapens is geregtig om hulself te verdedig of ons te kom vermoor. Dit was hul doelwit van lankal af om ons te ontwapen.

Genis ·

Ongelukkig kan die staat niemand beskerm, behalwe dalk vir ou CR, en sy privaat plaas… Tweedens ek dink daar is onwettige wapnes in SA, as wettig wat beheet word, of nagespoor kan word… Dis die laaste strooi om wittes by te kom, veral die boere wat afgesonder word…

Miskruier ·

Wonder of dit waar was dat die SAP ou C se plaas oppas. Wat het van die swart klokluier geword??

Miskruier ·

Ons land is nie sover ek weet nie selfvoorsienend in die maak van kruit, nadat Denel ontplof het twee jaar gelede. Daarsonder is vuurwapens waardeloos.

JohanR ·

Gun Free South Africa suip nou seker bottel na bottel Chiva Regal uit om die geleentheid te vier! Soe iets sal nooit in die VSA geduld word nie. Is tyd vir GROOT protes in die straate. ‘n Geweer om jouself, jou gesin en jou gemeente te beskerm raak swart, bruin en wit.

Sambok ·

Hoekom dra polisie vuurwapens-om hulle self te verdedig of vir die pret? Ga

voor ek vergeet ... ·

Wanneer en hoe is private vuurwapenbesit of wettige eienaarskap van vuurwapens gedefinieer en gekwantifiseer as die probleem wat in Suid-Afrika aangespreek moet word?

Die inligting wat deur die instellings soos ‘Gun Free South Africa’ aan die regering verskaf is, is oor en oor bewys as vals en dat enige voorgestelde wetgewing gebaseer op inligting van ‘Gun Free South Africa’ gebaseer is op valse voorwendsels. Inligting aan die publiek dui aan dat ander ‘instansies’ vuurwapens verskaf of beskikbaar stel aan die skurke deur verhuring of verkoop en/of weens hul blatante nalatigheid met hul vuurwapens.

Volgens statistieke, is individuele private vuurwapens- of wettige eienaarskap van vuurwapens nooit as ‘n probleem geïdentifiseer nie en daarom moet ons die voorgestelde wysigings as diskriminerend teen ons beskou en die reg van ‘n individu om homself te beskerm. Ek weet ons almal stem saam dat onwettige vuurwapeneienaarskap en die onwettige gebruik van vuurwapens ‘n groot probleem is,

TO ·

Hoekom moet almal ly onder stupidity. Maar daar word niks gedoen aan die onwettige sjebeens, gaan en neem die hele spul ook by daai drink sessies in hegtenis, maar nou moet onskuldiges boet.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.