Toename in geweldsmisdaad, plaasmoorde ‘kommerwekkend’

Minister Bheki Cele tydens die bekendmaking van die kwartaalikse misdaadstatistieke. (Foto: GCIS)

Die getal mense wat tussen Januarie en Maart vanjaar op plase in Suid-Afrika vermoor is, het amper verdubbel van ses moorde tussen Januarie en Maart verlede jaar, na 11 moorde vanjaar. Uit die slagoffers was vier boere of plaaseienaars, vier was bewoners van plase, twee plaaswerkers en een ʼn veiligheidswag.

Dit volgens misdaadstatistieke van die vierde kwartaal van die 2020-’21-boekjaar wat Vrydag bekendgemaak is.

Die meeste van dié moorde, vier, het in KwaZulu-Natal plaasgevind. Verlede jaar is geen plaasmoorde in die gerapporteerde tydperk in dié provinsie aangemeld nie.

In Gauteng, Mpumalanga en die Wes-Kaap was daar twee plaasmoorde in elk van dié provinsies in die gemelde tydperk. Die Vrystaat, Noordwes en die Noord-Kaap het vir die tweede jaar agtereenvolgend geen plaasmoorde in die genoemde tydperk aangeteken nie.

Plaasaanvalle het ook verdubbel, van 66 in die eerste drie maande van 2020, tot 130 in dieselfde tydperk vanjaar. Hiervan het die meeste in Limpopo (24), die Oos-Kaap (21) en KwaZulu-Natal (20) plaasgevind. Die grootste toename was in KwaZulu-Natal (19), Mpumalanga (15) en die Oos-Kaap en Limpopo (albei met tien).

Daar was ook 20 klagte van boere of plaasbestuurders wat plaaswerkers aangeval het, in drie gevalle is sake van poging tot moord by die polisie aanhangig gemaak.

’n Boer van Beestekraal naby Brits is tydens ’n plaasaanval in die bors en rug geskiet. (Argieffoto: Maroela Media)

Bobby Stevenson, ʼn DA- lid van die provinsiale wetgewer in die Oos-Kaap, het sy kommer uitgespreek oor die toename in geweldsmisdaad en veral plaasaanvalle in dié provinsie.

Luidens statistieke het plaasaanvalle in dié provinsie amper verdubbel, van 11 aanvalle tussen Januarie tot Maart verlede jaar tot 21 aanvalle in dieselfde tydperk vanjaar. “Die rooi ligte flikker nou al geruime tyd. Die jongste syfers dui net weer op die weerloosheid van die boerderygemeenskap,” sê Stevenson.

Stevenson sê om dié probleme die hoof te bied moet spesialiseenhede aangestel word wat spesifiek op misdaad in landelike gebiede te fokus. “Plaasmoorde behoort ook as prioriteitsmisdaad geklassifiseer te word.”

Die Oos-Kaap se algemene moordsyfers is ook kommerwekkend, met ʼn toename van 21%, van 938 mense wat aan die begin van die jaar hier vermoor is teenoor 772 mense verlede jaar. Dit is die grootste toename landwyd. KwaZulu-Natal het ʼn toename van 16,9% beleef in vergelyking met verlede jaar (van 1096 moorde tot 1281 moorde). Dié provinsie het ook die meeste moorde vir die eerste drie maande van die jaar aangeteken. Die Vrystaat het vyf moorde minder (200) aangeteken as verlede jaar.

“Die ongehoorde skerp styging in moord in die Oos-Kaap en KwaZulu-Natal, is veral kommerwekkend en vereis spesiale aandag,” het dr. Pieter Groenewald, leier van die VF Plus Vrydag gesê.

“Ewe kommerwekkend is die feit dat 1 327 van die 4 976 moorde vanjaar in die slagoffers se eie woning plaasgevind het. Misdade in hierdie verband is die mees gevreesde van alle misdade, aangesien dit nie eens meer veilig is in mense se eie woonplek nie.”

Die DA het gesê dat die toename in aantal moord- en poging tot moordklagtes net weer bewys hoe dringend dit is dat die polisie sy agterstand in DNS-toetse moet oplos. Tot op hede is 208 000 toetse agterstallig.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

21 Kommentare

Jaco ·

Cele en die ANC is seker bly oor die toename in plaasmoorde, wat volgens hulle eintlik nie bestaan nie. Dis mos eintlik maar “ethnic cleansing” en dit bespoedig die koms van onteiening sonder vergoeding.

Strandloper ·

@Thom. Moet sekerlik jou ondervinding wees wat duidelik geen goeie vrugte af gewerp het nie

Werner ·

Thom jy is seker een van die wat bakhand gaan staan as onteiening deurkom.Jy gaan iets kry maar nie wat jy in gedagte het nie.

Dirk Mostert ·

Die minister behoort uit sy pos te bedank! Die wette word net toegepas op die wetsgehoorsames.

David ·

Die “mad hatter” is meer besorg oor families op die strande..

Eienaardig dat hy uiteindelik die toename in regte misdaad opgemerk het..

KB ·

Hierdie mens is nie in beheer van sy departement nie. Hoe hy ooit ‘n minister geword het is die 13de wonder van die wêreld. Regtig?!

daniel ·

Kan die Boerne nie opgelei word in selfverdediging nie ? , hulle het tog sekerlik vuurwapens.

Margaret ·

Baie boere is vermoor met hulle wapen in hulle hande. Dit is grootliks te danke aan Cele se makkers wat n boer wat homself verdedig, van moord aankla ivp geregtelike doodsondersoek.

Nie Verbaas ·

‘Kommerwekkend’ se Cele. Dit is al vir jare kommerwekkend maar daar word niks aan gedoen nie want die dryfkrag, logiese denke en regstellende stappe ontbreek gereeld.

David ·

Die terroriste regering en hul trawante die polisie moet net hulle werk doen maar hulle is te sleg om enige iets reg te doen.

Anoniem ·

Dit help nie CELE praat oor die moorde nie……………………..en hy doen niks daaraan nie. Hy is pateties!!!

Andre ·

Hierdie is ‘n duidelike aanduiding dat wedstoepassing nou besig is om heeltemal in een te stort. Ek sê weer sonder om net negatief te wees, die enigste uitweg is om af te skei want dit gaan nie beter word in die land nie

Excalibur ·

Eers was dit Engelse Kaapse Verdrukking – Toe volg Verskroeide Aarde (Volksmoord) – Daarna Oorspeelde Segrugasie – Nou Marteldans van die sogenaamde Verdruktes (Plaasmoorde = Volksmoord) – Wat volg: Kanaan se Hongersnood … Politiek in die hande van die onbekwaamde is soos Russiese Rolette met ‘n oorgehaalde PISTOOL; daar kan niks goed van kom nie. Ons land benodig meer as ooit om hierdie bloedlus tjunami te stuit met Goddelike wysheid & bestendigheid deur eers wetteloosheid in alle opsigte met die swaarste straf afskrikmiddele te beveg al sluit dit die ou testamentiese en gevreesde “doodstraf” vir moord in; armlastigheid te beveg en Kanaan met hart & siel te bewerk & te bevrug deur aan dieselfde ploeg te trek …

Persheks Adri ·

Voetsek hoed voetsek! Jou pateet jy’s lus useless verby!!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.